<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
27 November is die 331ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (332ste in skrikkeljare). Daar volg nog 34 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 399 – Pous Anastasius I volg Pous Siricius op.
- 1237 – Slag van Cortenuova: Keiser Frederik II verslaan die Lombardiese Liga.
- 1444 – Tommaso Parentucelli (later Pous Nicolaas V) word aangestel as biskop van Bologna.
- 1923 – Die Centovalli-spoorlyn in Switserland skakel oor van stoom na elektrisiteit.
- 1988 – In Harare maak die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Desmond Tutu, bekend dat kerkverteenwoordigers die “kategoriese uitspraak” van die ANC aanvaar dat hy voortaan geen sagte teikens sal aanval nie.
- 1996 – Pres. Nelson Mandela kondig aan dat Suid-Afrika sy diplomatieke bande met die Republiek China (Taiwan) verbreek ten gunste van betrekkinge met die Volksrepubliek China (Rooi China).
- 2001 – 'n Planeet met 'n waterstofatmosfeer word deur die Hubble-ruimteteleskoop op die eksoplaneet Osiris ontdek.
Geboortes
- 1701 – Anders Celsius, Sweedse sterrekundige († 1744).
- 1754 – Georg Forster, Duits-Poolse etnoloog en joernalis († 1794).
- 1798 – Andries Pretorius, 'n Voortrekkerleier († 1853).
- 1820 – John Thomas Baines, was 'n Engelse kunstenaar en ontdekkingsreisiger van die Britse kolonies van Suider-Afrika en Australië († 1875).
- 1831 – Richard Wocke, die eerste argitek in die Oranje-Vrystaat († 1890).
- 1858 – Jens Friis, bevelvoerder van die Skandinawiese Korps in die Tweede Vryheidsoorlog († 1930).
- 1867 – Charles Koechlin, Franse komponis († 1950).
- 1887 – Dr. Colin Steyn, Suid-Afrikaanse regsgeleerde, kabinetsminister en laaste Vrystaatse Volksraadslid van die Verenigde Party († 1959).
- 1887 – Masaharu Homma, Japannese luitenant-generaal en oorlogsmisdadiger († 1946).
- 1915 – Hendrik van Blerk, Afrikaanse skrywer en digter († 2010).
- 1916 – F.A. Venter, Afrikaanse skrywer († 1997).
- 1921 – Alexander Dubček, Slowaakse politikus († 1992).
- 1940 – Bruce Lee, Chinese vegkunstenaar, vegkunsinstrukteur en vegkunsakteur († 1973).
- 1942 – Jimi Hendrix, popster († 1970)
- 1953 – Steve Bannon, Amerikaanse mediasakeman.
- 1973 – Sharlto Copley, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1976 – Gerhard Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
Sterftes
- 602 – Mauricius, keiser van Bisantium (* 539)
- 1722 – Stefan Jaworski, ’n kerklike en staatsman in die Russiese Keiserryk en die eerste president van die Heiligste Regerende Sinode (* 1658).
- 1852 – Ada Lovelace, Britse wiskundige en skryfster (* 1815)
- 1899 – Frans Lion Cachet, stigter van die dorp Ermelo (* 1835).
- 1955 – Arthur Honegger, Switserse komponis (* 1892).
- 1958 – Artur Rodziński, Poolse opera en simfoniedirigent (* 1892).
- 2015 – Mark Behr, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1963).
- 2019 – Godfrey Gao, 'n Kanadese akteur (* 1984).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 November. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar