<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
15 November is die 319de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (320ste in skrikkeljare). Daar volg nog 46 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1215 – Pous Innocentius III open die vierde Lateraanse konsilie.
- 1483 – Pous Sixtus IV stel nog vyf nuwe kardinale aan waaronder Giovanni Battista Orsini, lid van een van die belangrike families in Rome.
- 1566 – Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V) word biskop van Santa Agata dei Goti.
- 1621 – Pous Gregorius XV publiseer sy bul Aeterni Patris oor pouslike verkiesings.
- 1660 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-priester van S. Marco.
- 1899 – Winston Churchill word tydens die Tweede Vryheidsoorlog by Chieveley in Natal deur boeremagte gevange geneem.
- 1906 – Lord Selbourne lê die hoeksteen van 'n dok in Simonstad.
- 1920 – Die eerste algemene vergadering van die Volkebond word in Genève, Switserland, gehou.
- 1966 – Die Oseaniese Sokkerkonfederasie word in Auckland, Nieu-Seeland, deur vier lande gestig.
- 1971 – Intel reik die wêreld se eerste mikroverwerker, die 4004, uit.
- 1983 – Die Turkse Republiek van Noord-Siprus verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Siprus.
- 1988 – Die PLO verklaar in Algiers die onafhanklikheid van die Staat van Palestina met Jerusalem as hoofstad.
- 2002 – Hu Jintao word algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van China.
- 2022 – 'n Reeks betogings teen Covid-19-inperkings het in die Volksrepubliek van China begin.
Geboortes
- 1397 – Tommaso Parentucelli, later Pous Nicolaas V, 208ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1455).
- 1738 – William Herschel, Britse sterrekundige († 1822).
- 1912 – Albert Baez, Mexikaans-Amerikaanse fisikus en die vader van die sangeresse Joan Baez en Mimi Fariña († 2007).
- 1927 – George Bizos, Grieks-Suid-Afrikaanse menseregte- en anti-apartheidsadvokaat († 2020).
- 1929 – Ed Asner, Amerikaanse akteur († 2021).
- 1931 – Pascal Lissouba, politikus en president van die Republiek die Kongo († 2020).
- 1931 – Jan Terlouw, afgetrede Nederlandse politikus en diplomaat van die Demokrate 66, fisikus en skrywer van Koning van Katoren.
- 1938 – Ronnie Kasrils, afgetrede Suid-Afrikaanse ANC-kabinetsminister.
- 1939 – Yaphet Kotto, Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur.
- 1941 – Syd Nomis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 2018).
- 1955 – Buck Adams, Amerikaanse pornografiese akteur († 2008).
- 1991 – Shailene Woodley, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
Sterftes
- 1280 – Albertus Magnus, Duitse teoloog en wetenskaplike (* 1200).
- 1630 – Johannes Kepler, wiskundige en sterrekundige (* 1571).
- 1658 – Jacobus Revius, Nederlandse digter, Calvinis teoloog en kerkhistorikus (* 1586).
- 1670 – Johann Amos Comenius, bekend as die vader van moderne onderwys (* 1592).
- 1787 – Christofh Willibald Gluck, hervormer van die opera (* 1714).
- 1866 – Albert Zinn, NG-predikant (* 1838).
- 1908 – Keiserin-weduwee en regentes Cixi, Qing-dinastie regentes van 1861 tot haar dood. (* 1835).
- 1916 – Henryk Sienkiewicz, Poolse outeur, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde 1905 (* 1846).
- 1954 – Lionel Barrymore, Amerikaanse akteur (* 1878).
- 1961 – Elsie Ferguson, Amerikaanse aktrise (* 1883).
- 1998 – Stokely Carmichael, Amerikaanse menseregte-aktivis, in Port of Spain, Trinidad (* 1941).
- 2001 – Jan Rabie, Afrikaanse skrywer (* 1920).
- 2016 – Sixto Durán Ballén, Ecuadoriaanse politikus en voormalige president (1992–1996) (* 1921).
- 2020 – Anne Rasa, Suid-Afrikaanse natuurkundige en etoloog van veral die graatjiemeerkat (* 1940).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 15 November. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar