<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
14 Februarie is die 45ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 320 dae in die res van die jaar (321 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1014 – Pous Benedictus VIII kroon Hendrik II en sy vrou Kunigunde tot keiser en keiserin van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1130 – Pous Innocentius II volg Pous Honorius II op.
- 1130 – Pietro Pierleoni word as Teenpous Anacletus II gekies teen Pous Innocentius II.
- 1515 – Giulio di Giuliano de' Medici (later Pous Clemens VII) word aartsbiskop van Narbonne.
- 1621 – Pous Gregorius XV word gekroon deur kardinaal Andrea Baroni Peretti Montalto.
- 1785 – Pous Pius VI stel 14 nuwe kardinale aan waaronder Gregorio Barnaba Chiaramonti, O.S.B.Cas., biskop van Imola, later Pous Pius VII.
- 1859 – Oregon word die 33ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1876 – Elisha Gray en Alexander Graham Bell doen elkeen aansoek om 'n patent vir die telefoon.
- 1879 – Chileense magte beset die Boliviese hawe Antofagasta, en bring die Stille Oseaan Oorlog teweeg.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Pietershoogte begin.
- 1901 – Koning Edward VII open die Britse Parlement vir die eerste keer.
- 1912 – Arizona word die 48ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1945 – Die RAF Bomkommandoment begin die strategiese bombardering van Dresden in Sakse, Duitsland, wat lei tot 'n noodlottige vuurstorm waarin 25,000 burgerlikes sterf.
- 1989 – 'n Fatwa word uitgevaardig vir die teregstelling van Salman Rushdie, die outeur van The Satanic Verses, 'n roman wat as "lasterlik teenoor Islam" beskou is.
- 1989 – Die eerste satelliet in die satellietkonstellasie van die GPS-stelsel word in 'n wentelbaan om die aarde geplaas.
- 1996 – Die sesde Krieketwêreldbeker begin in Indië, Pakistan en Sri Lanka.
- 2015 – Die elfde Krieketwêreldbeker begin in Australië en Nieu-Seeland.
- 2018 – Jacob Zuma bedank as President van Suid-Afrika.
Geboortes
- 1817 – Frederick Douglass, Amerikaanse sosiale hervormer, slawernyafskaffingsaktivis, redenaar, skrywer en staatsman († 1895).
- 1836 – Alexander Daneel, eerste predikant van die NG gemeente Heidelberg, Kaap († 1899).
- 1879 – Dr. Willem Petrus Steenkamp, Suid-Afrikaanse predikant, dokter en politikus († 1956).
- 1895 – Max Horkheimer, Duitse filosoof en sosioloog († 1973).
- 1895 – Alexander Alexandrowitsch Mikulin, Russiese ingenieur († 1985).
- 1896 – Werner Richard Heymann, Duitse komponis en dirigent († 1961).
- 1897 – Jørgen Bentzon, Deense komponis († 1951).
- 1948 – Ingrid Winterbach, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1952 – Anton Lesser, Engelse akteur.
- 1958 – André Swiegers, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 1959 – Renée Fleming, Amerikaanse operasopraan.
- 1965 – Zinzan Brooke, voormalige Nieu-Seelandse rugbyspeler (agsteman).
- 1970 – Simon Pegg, Britse akteur.
- 1977 – Jim Jefferies, Australiese komediant, akteur en skrywer.
- 1992 – Freddie Highmore, Engelse akteur en skrywer.
Sterftes
- 1400 – Richard II, koning van Engeland (* 1367)
- 1779 – James Cook, Britse ontdekkingsreisiger (* 1728)
- 1933 – Paul Louw, Afrikaanse predikant en digter (* 1890).
- 2013 – Reeva Steenkamp, Suid-Afrikaanse model (* 1983).
- 2018 – Ruud Lubbers, politikus en Eerste Minister van Nederland (* 1939).
- 2018 – Morgan Tsvangirai, Zimbabwiese politikus (* 1952).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Valentynsdag – oral
Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 February. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar