<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
22 Februarie is die 53ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 312 dae in die res van die jaar (313 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1198 – Pous Innocentius III word gekroon.
- 1265 – Pous Clemens IV word gekroon.
- 1266 – Slag van Benevento: Karel van Anjou verslaan en maak Manfred dood.
- 1281 – Pous Martinus IV volg Pous Nicolaas III op.
- 1386 – Moordnag van Weesen. In die nag dring die Oostenrykers die stad Weesen by die Walensee binne en vermoor die slapende Switsers.
- 1494 – 6000 Switserse huursoldate verower die Koninkryk van Napels vir Koning Karl VIII van Frankryk.
- 1531 – Pous Clemens VII stel twee Spaanse kardinale aan.
- 1550 – Pous Julius III word gekroon deur kardinaal Innocenzo Cibo.
- 1664 – Pous Alexander VII en die Franse koning Lodewyk XIV sluit die verdrag van Pisa.
- 1672 – Pous Clemens X stel twee nuwe kardinale aan waaronder Vincenzo Maria Orsini (later Pous Benedictus XIII).
- 1775 – Pous Pius VI word gekroon deur kardinaal Alessandro Albani.
- 1819 – Tydens die Adams-Onís verdrag, verkoop Spanje Florida aan die VSA vir vyf miljoen VSA dollar.
- 1886 – Die eerste goud (61 onse) word van Kromdraai aan die Witwatersrand na die Standard Bank in Pretoria gestuur.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Lede van die White Rose Society word skuldig bevind aan hoogverraad en word per guillotine deur die Nazi regering in Duitsland tereggestel.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Nijmegen word per ongeluk gebombardeer deur die geallieerde magte. Byna 800 mense sterf en groot dele van die ou binnestad is verwoes.
- 1956 – Elvis Presley bereik met Heartbreak Hotel die Top 40.
- 1979 – St. Lucia word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1980 – Die VSA verslaan die Sowjetunie in Olimpiese yshokkie in 'n onwaarskynlike oorwinning wat die Miracle on Ice gedoop is.
- 1992 – Die vyfde Krieketwêreldbeker begin in Australië en Nieu-Seeland.
- 1994 – Die Merriespruit slikdam ramp vind plaas te Virginia.
- 1997 – Wetenskaplikes by die Roslin Instituut in Skotland kondig die geboorte van 'n gekloonde skaap genaamd Dolly aan.
Geboortes
- 1161 – Lotario di Segni (later Pous Innocentius III) († 1216).
- 1732 – George Washington, eerste President van die Verenigde State] († 1799).
- 1788 – Arthur Schopenhauer, Duitse filosoof († 1860).
- 1821 – Jan van Beers, Vlaamse digter († 1888).
- 1857 – Heinrich Hertz, Duitse fisikus († 1894).
- 1858 – Sir Thomas Smartt, leier van die Unionisteparty en kabinetsminister († 1929).
- 1871 – John Langalibalele Dube, Suid-Afrikaanse essayis, filosoof, opvoedkundige, politikus, uitgewer, redakteur, skrywer en digter († 1946).
- 1895 – Ethel Remey, Amerikaanse aktrise. († 1979).
- 1896 – Paul van Ostaijen, Vlaamse digter († 1928).
- 1897 – Joeri Kondratjoek Russiese pionier van ruimtevaartkunde en ruimtevlug († 1942).
- 1921 – Jean-Bédel Bokassa, president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek († 1996).
- 1921 – Daan Retief, Suid-Afrikaanse akteur, radio-omroeper, rolprentregisseur. Bekend as Staal Burger in sy vervolgreekse († 1990).
- 1929 – Dolf van Niekerk, Afrikaanse skrywer († 2022).
- 1936 – Jans Rautenbach, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, film-vervaardiger en regisseur († 2016).
- 1938 – Karin Dor, Duitse aktrise († 2017).
- 1949 – Niki Lauda, Oostenrykse Formule Een-renjaer, driemalige wêreldkampioen († 2019)
- 1950 – Julie Walters, Britse aktrise en skrywer.
- 1956 – Philip Kerr, Britse skrywer († 2018).
- 1962 – Steve Irwin, Australiese wildkenner, TV-persoonlikheid en omgewingsbewaarder († 2006).
- 1975 – Drew Barrymore, Amerikaanse aktrise.
- 1979 – Débora Falabella, Brasiliaanse aktrise.
- 1980 – Jaco Jacobs, Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer.
- 1987 – Dewald Potgieter, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes
- 606 – Pous Sabinianus, 65ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1512 – Amerigo Vespucci, Italiaanse ontdekkingsreisiger (* 1454).
- 1830 – Dawid Stuurman, 'n Khoi-opperhoof en politieke aktivis wat teen die Nederlandse en Britse koloniale regering in opstand gekom het (* 1773).
- 1943 – Sophie Scholl, weerstandsvegter van die Wit Roos in Nazi Duitsland (* 1921).
- 1957 – Jochem van Bruggen, Afrikaanse skrywer (* 1881).
- 1984 – David Vetter, Amerikaanse Bubble Boy (* 1971).
- 1987 – Andy Warhol, Amerikaanse kunstenaar (* 1928).
- 1990 – Thomas Ochse Honiball, Suid-Afrikaanse spot- en strokiesprentkunstenaar (* 1905).
- 2000 – Paula Styger, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1913).
- 2002 – Jonas Savimbi, leier van UNITA in Angola (* 1934).
- 2002 – Tilana Hanekom, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1921).
- 2016 – Dr. Annique Theron, Suid-Afrikaanse sakevrou en stigter van Annique (* 1929).
- 2016 – Kupido, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1953).
- 2019 – Tjaart van der Walt, oud-rektor van die Potchefstroomse Universiteit (* 1934).
- 2021 – Aleksander Doba, Poolse kajakvaarder wat veral bekend was vir sy lang reise wat oseane oorsteek (* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Avilius van Alexandrië derde patriarg van die Kerk in Alexandrië volgens die Oosterse-Ortodokse Kerke.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar