<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
18 Desember is die 352ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (353ste in skrikkeljare). Daar volg nog 13 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1303 – Pous Benedictus XI bevorder Niccolò Alberti OP tot kardinaal.
- 1327 – Pous Johannes XXII bevorder Jacques Fournier (later Pous Benedictus XII) tot kardinaal van Sint Prisque.
- 1352 – Pous Innocentius VI volg Pous Clemens VI op.
- 1389 – Pous Bonifatius IX bevorder Cosimo de' Migliorati (later Pous Innocentius VII) tot kardinaal-priester van Santa Croce in Gerusalemme.
- 1431 – Pous Eugenius IV skort die konsilie van Basel op. Die deelnemers is nie tevrede nie.
- 1456 – Pous Callixtus III bevorder Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) tot kardinaal. Ander bronne gee 17 Desember.
- 1461 – Pous Pius II stel ses nuwe kardinale aan, waaronder sy aangenome seun Giacomo Ammannati Piccolomini.
- 1506 – Pous Julius II stel drie nuwe kardinale aan, al drie uit Frankryk.
- 1534 – Pous Paulus III stel sy kleinseuns Alessandro Farnese (14) en Guido Ascano Sforza (16) aan as kardinale.
- 1585 – Pous Sixtus V stel agt nuwe kardinale aan waaronder Ippolito Aldobrandini (later Pous Clemens VIII).
- 1587 – Pous Sixtus V stel nog agt kardinale aan waaronder Scipione Gonzaga, patriarg van Jerusalem.
- 1591 – Pous Innocentius IX stel twee nuwe kardinale aan, waaronder sy kleinneef Giovanni Antonio Facchinetti, junior.
- 1596 – Pous Clemens VIII stel Philipp Wilhelm von Bayern aan as kardinaal.
- 1754 – Pous Benedictus XIV stel Luis Antonio Fernández de Córdoba Portocarrero, deken van die metropolitaanse katedraal van Toledo, Spanje aan as kardinaal.
- 1786 – Pous Pius VI stel sy neef Romoaldo Braschi-Onesti, prefek van die Apostoliese Paleis, aan as kardinaal.
- 1787 – New Jersey word die 3de deelstaat van die Verenigde State.
- 1818 – Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX) word georden as subdiaken.
- 1865 – Slawerny in die Verenigde State word afgeskaf met die aanvaarding van die dertiende wysiging van die Amerikaanse grondwet.
- 1892 – Die eerste opvoering van die Russiese komponis Pjotr Tsjaikofski se ballet, Die Neutekraker, word in Sint Petersburg gehou.
- 1923 – Suid-Afrika se eerste radiouitsending vind plaas.
- 1929 – Die FAK word in Bloemfontein gestig.
- 1934 – Die NG gemeente Bellville, moedergemeente van al die NG gemeentes in dié stadsdeel, stig af van die NG gemeente Durbanville.
- 1972 – Die Verenigde State begin die swaarste bombardering van Noord-Viëtnam tydens die Viëtnamoorlog. Die bombardering kom 12 dae later tot ’n einde.
- 1987 – Die programmeertaal Perl word deur Larry Wall vrygestel.
Geboortes
- 1392 – Johannes VIII Palaiologos, die tweede laaste keiser van die Bisantynse Ryk († 1448).
- 1878 – Josef Stalin, sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee en 4de premier van die Sowjetunie († 1953).
- 1879 – Paul Klee, Switserse kunstenaar († 1940).
- 1884 – Emil Starkenstein, Tsjeggiese farmakoloog, medestigter van kliniese farmakologie († 1942).
- 1888 – Gladys Cooper, Engelse aktrise en sanger († 1971)
- 1899 – Peter Zapffe, Noorse metafisikus, skrywer, kunstenaar, prokureur en bergklimmer († 1990).
- 1904 – George Stevens, Amerikaanse regisseur, vervaardiger en kinematograaf († 1975).
- 1908 – Celia Johnson, Engelse aktrise († 1982).
- 1913 – Willy Brandt, Duitse politikus, 4de kansellier van Duitsland, Nobelpryswenner († 1992).
- 1916 – Betty Grable, Amerikaanse aktrise, sanger en danseres († 1973).
- 1917 – Ossie Davis, Amerikaanse aktivis († 2005).
- 1932 – Japie Human, Suid-Afrikaanse orrelis en pianis († 2015).
- 1939 – Stoffel van der Merwe, Suid-Afrikaanse professor en politikus.
- 1942 – Samuel Sitta, Tanzaniese politikus († 2016).
- 1946 – Steve Biko, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis († 1977).
- 1946 – Steven Spielberg, Amerikaanse rolprentvervaardiger.
- 1949 – Dawie Malan, Suid-Afrikaanse akteur en toneelregisseur († 1988).
- 1954 – Ray Liotta, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1963 – Brad Pitt, Amerikaanse akteur.
- 1963 – Pierre Nkurunziza, Burundese soldaat en politikus, president van Burundi († 2020).
- 1966 – Debbie Schäfer, Suid-Afrikaanse politikus, gewese Wes-Kaapse minister van onderwys.
- 1968 – Casper Van Dien, Amerikaanse akteur.
- 1978 – Katie Holmes, Amerikaanse aktrise.
- 1989 – Hlanganani Gumbi, Suid-Afrikaanse politikus, Nasionale Vergadering-lid vir die DA.
- 2001 – Billie Eilish, Amerikaanse sangeres.
Sterftes
- 1645 – Nur Jahan, keiserin van die Mogolryk van Indië (* 1577).
- 1737 – Antonio Stradivari, bekende Italiaanse vervaardiger van strykinstrumente soos viole, tjellos, kitare, altviole en harpe (* 1644).
- 1831 – Willem Bilderdijk, Nederlandse geskiedkundige, digter en advokaat. (* 1756).
- 1971 – Diana Lynn, Amerikaanse aktrise (* 1926).
- 1982 – Hans-Ulrich Rudel, Duitse kolonel en meesgedekoreerde bobaasvlieënier (* 1916).
- 1940 – Louise Willy, Franse kabaretkunstenaar, teater- en rolprentaktrise (* 1875).
- 1990 – Anne Revere, Amerikaanse aktrise (* 1903).
- 1990 – Paul Tortelier, Franse tjellis en komponis (* 1914).
- 1993 – Sam Wanamaker, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1919).
- 1994 – Lilia Skala, Oostenryks-Amerikaanse aktrise (* 1896).
- 1997 – Chris Farley, Amerikaanse komediant en akteur (* 1964).
- 2001 – Gilbert Bécaud, Franse sanger-liedjieskrywer, pianis en akteur (* 1927).
- 2006 – Bertie Reed, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder (* 1943).
- 2008 – Majel Barrett, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1932).
- 2011 – Václav Havel, Tsjeggiese digter, dramaturg en politikus, 1ste President van die Tsjeggiese Republiek (* 1936)
- 2016 – Zsa Zsa Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise en sosiale vlinder (* 1917).
- 2019 – Claudine Auger, Franse aktrise (* 1941).
Verwysings
- Findly, Ellison Banks (25 Maart 1993). Nur Jahan: Empress of Mughal India (in Engels). Oxford University Press. p. 291. ISBN 978-0-19-536060-8.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 Desember. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar