<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
22 Desember is die 356ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (357ste in skrikkeljare). Daar volg nog 9 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1216 – Pous Honorius III keur die Orde van die Dominikane goed in die bul "Relegiosam vitam".
- 1285 – Pous Honorius IV maak sy nefie Giovanni Bocamazza, aartsbiskop van Monreale, 'n kardinaal.
- 1536 – Pous Paulus III stel 11 nuwe kardinale aan waaronder Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) en Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III).
- 1553 – Pous Julius III stel nog vier nuwe kardinale aan.
- 1670 – Pous Clemens X stel drie nuwe kardinale aan waaronder Federico Borromeo.
- 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer "Immensa Pastorum principis" teen die verslawing van die Amerikaanse volke.
- 1808 – Ludwig van Beethoven gee vir die eerste keer 'n opvoering van sy Vyfde Simfonie in Wene.
- 1853 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word kardinaal-priester van San Crisogono.
- 1907 – Giacomo della Chiesa (later Pous Benedictus XV) word aartsbiskop van Bologna.
- 1938 – Die eerste selakant word gevind deur Marjorie Courtenay-Latimer in Oos-Londen.
- 1951 – Die eerste Dusi-kanowedvaart vind plaas.
- 1987 – Robert Mugabe word President van Zimbabwe, nadat hy sedert 1980 die Eerste Minister van Zimbabwe was.
- 1990 – Ontstaan van die outonome republiek Mari El in die Russiese Federasie.
- 2001 – Burhanuddin Rabbani van die Noordelike Alliansie handig mag in Afghanistan oor aan die tussentydse regering gelei deur Hamid Karzai.
Geboortes
- 244 – Diocletianus, die 51ste Romeinse Keiser († 311).
- 1723 – Karl Friedrich Abel, Duitse komponis van die klassieke era († 1787)
- 1858 – Giacomo Puccini, 'n Italiaanse komponis van hoofsaaklik operamusiek († 1924).
- 1942 – Barrie Biermann, Suid-Afrikaanse argitek († 1991).
- 1959 – Johann de Lange, Afrikaanse digter.
- 1960 – Jean-Michel Basquiat, Amerikaanse kunstenaar († 1984).
- 1970 – Ted Cruz, Amerikaanse Republikeinse senator vir Texas.
Sterftes
- 69 – Vitellius, was vir kort keiser van die Romeinse Ryk in die jaar van vier keisers (* 15).
- 1880 – George Eliot (pennaam van Mary Anne Evans), Engelse skrywer, joernalis en vertaler (* 1819).
- 1939 – Sarie Maré, die vrou oor wie die eerste versie van die volksliedjie “Sarie Marais” handel (* 1869).
- 1941 – Leopoldo Mugnone, Italiaanse dirigent van veral operamusiek (* 1858).
- 1942 – Harro Schulze-Boysen, Duitse anti-Nazi weerstandaktivis (* 1909).
- 1989 – Samuel Beckett, Ierse skrywer (* 1906).
- 2014 – Joe Cocker, Engelse sanger (* 1944)
- 2017 – Carl Walter Meyer, Suid-Afrikaanse skilder (* 1965).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 December. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar