<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
22 Oktober is die 295ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (296ste in skrikkeljare). Daar volg nog 70 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1303 – Pous Benedictus XI volg Pous Bonifatius VIII op.
- 1383 – Die 1383-1385-krisis in Portugal, ’n tydperk van burgeroorlog en anargie, begin toe Koning Fernando sonder ’n manlike opvolger sterf.
- 1685 – Koning Lodewyk XIV van Frankryk herroep die Edik van Nantes deur middel van die Edik van Fontainebleau.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Leyte Golf begin.
- 1953 – Laos word van Frankryk onafhanklik.
- 1962 – Kubaanse missielkrisis: Die Amerikaanse president John F. Kennedy kondig op televisie aan dat Sowjetse kernwapens in Kuba ontdek is en dat hy ’n vlootkwarantyn van dié eilandnasie beveel het.
- 1962 – Nelson Mandela pleit onskuldig op aanklagte van aanhitsing en die onwettige verlaat van die land tydens die begin van sy verhoor in Pretoria, Suid-Afrika.
- 1986 – General Motors word die vierde Amerikaanse onderneming om van Suid-Afrika te onttrek nadat die Amerikaanse senaat President Reagan se veto teen sanksies teen Suid-Afrika tersyde gestel het.
- 1999 – Maurice Papon word in die tronk gestop weens misdade teen die mensdom wat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog gepleeg het.
- 2010 – Mianmar verander hul vlag.
Geboortes
- 1801 – Carl Jakob Sundevall, 'n Sweedse dierkundige († 1875).
- 1811 – Franz Liszt, Hongaarse komponis († 1886).
- 1813 – Charles Bell, Skotsgebore landmeter-generaal van die ou Kaapkolonie, kunstenaar, heraldikus, ontwerper van medaljes en seëls († 1882).
- 1847 – Koos de la Rey, boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog († 1914).
- 1901 – Lulu Latsky, eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf († 1980).
- 1905 – Jukskei legende en senator Marthinus Philippus Prinsloo († 1991)
- 1906 – André Huguenet, was die verhoognaam van die akteur Gert Borstlap, ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel († 1961).
- 1919 – Doris Lessing, Britse skrywer († 2013).
- 1927 – Allan Hendrickse, Suid-Afrikaanse politikus, prediker en onderwyser († 2005).
- 1939 – Cliff Saunders, Suid-Afrikaanse joernalis († 2019).
- 1941 – Dr Ben Ngubane, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en premier van KwaZulu-Natal († 2021).
- 1957 – Ram Barkai, Suid-Afrikaanse oopwaterswemmer.
- 1968 – David Maynier, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1970 – Javier Milei, Argentynse ekonoom, skrywer en politikus en verkose president van Argentinië.
Sterftes
- 1751 – Willem IV, Prins van Oranje, Prins van Oranje en die eerste hereditêre stadhouer van al die Verenigde Provinsies van Nederland (* 1711).
- 1906 – Paul Cézanne, Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder (* 1839).
- 1931 – Johannes Arndt, Duitse sendeling van die Berlynse Sendinggenootskap in Suider-Afrika (* 1857).
- 2009 – Daan Bekker, Suid-Afrikaanse bokser (* 1932).
- 2017 – Paul J. Weitz, Amerikaanse vlootkaptein, toetsvlieënier, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder (* 1932).
- 2019 – Marieke Vervoort, Belgiese paralimpiese atleet, sterf weens genadedood (* 1979).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Wêreld-hakkelbewustheidsdag.
- Feesdag van Pous Johannes Paulus II van die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 Oktober. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar