<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
26 Maart is die 85ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (86ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 280 dae.
Gebeure
- 655 – Pous Martinus I kom as banneling aan in Cherson, Krim.
- 668 – Pous Vitalianus wy Theodorus van Tarsus tot aartsbiskop van Kantelberg.
- 752 – Pous Stefanus II volg Pous Sagarias (of Pous Stefanus (II)) op.
- 1027 – Pous Johannes XIX kroon Koenraad II van Duitsland en sy vrou Gisela tot keiser en keiserin van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1268 – Pous Clemens IV verklaar hertogin St. Hedwig van Silesië heilig.
- 1547 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) verplaas die konsilie van Trente na Bologna.
- 1618 – Pous Paulus V stel Henri de Gondi, biskop van Parys en Francisco Gómez Rojas de Sandoval, hertog van Lerma aan as kardinale.
- 1804 – Pous Pius VII stel Carlo Oppizzoni, aartsbiskop van Bologna aan as kardinaal.
- 1812 – ’n Aardbewing verwoes Caracas, Venezuela.
- 1898 - Die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek proklameer die Sabi-wildreservaat in die Laeveld.
- 1953 – Jonas Salk, kondig sy ontdekking van die polio-entstof aan.
- 1993 – Die bekende 32 Bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) word formeel ontbind as deel van die onderhandelinge met die ANC.
- 1999 – Die Melissa rekenaarwurm affekteer e-posstelsels dwarsoor die wêreld.
Geboortes
- 1867 – Sir Arnold Theiler, Suid-Afrikaanse bakterioloog († 1936).
- 1874 – Robert Frost, Amerikaanse digter († 1963).
- 1884 – Wilhelm Backhaus, Duitse pianis en pedagoog († 1969).
- 1911 – Tennessee Williams, Amerikaanse dramaturg († 1983).
- 1922 – Hennie Muller, Suid-Afrika se twee-en-twintigste Springbokkaptein († 1977).
- 1931 – Leonard Nimoy, Amerikaanse akteur, regisseur, digter, musikant en fotograaf († 2015).
- 1940 – James Caan, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1940 – Nancy Pelosi, Amerikaanse politikus.
- 1944 – Diana Ross, Amerikaanse sangeres.
- 1947 – Subhash Kak, Indies-Amerikaanse rekenaarwetenskaplike en digter.
- 1947 – John van Reenen, voormalige Suid-Afrikaanse wêreldrekordhouer in skyfwerp († 2018).
- 1948 – Steven Tyler, Amerikaanse sanger en akteur.
Sterftes
- 1827 – Ludwig van Beethoven, Duitse komponis (* 1770).
- 1861 – Hans Dons de Lange, 'n Voortrekkerverkenner (* 1799).
- 1898 – William Atherstone, Suid-Afrikaanse geneesheer en geoloog (* 1814).
- 1902 – Cecil John Rhodes, Britse staatsman en stigter van die kolonie Rhodesië (* 1853).
- 1923 – Sarah Bernhardt, Franse toneelspeelster en rolprentaktrise (* 1844).
- 1957 – Édouard Herriot, Franse politikus (* 1872).
- 1973 – Noël Coward, Britse akteur, sanger en skrywer (* 1899).
- 1977 – Dirk Ziervogel, Suid-Afrikaanse kenner van Bantoetale (* 1917).
- 1987 – Eugen Jochum, Duitse dirigent (* 1902).
- 2005 – James Callaghan, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1912).
- 2013 – Morkel van Tonder, Afrikaanse radio-omroeper (* 1923).
- 2015 – Tomas Tranströmer, Sweedse skrywer en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde (* 1931).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 Maart. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar