Die vyfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954; Frans: Championnat du Monde de Football 1954; Italiaans: Campionato mondiale di calcio 1954; Romansch: Campiunadis mundials da ballape 1954; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 16 Junie tot 4 Julie 1954 in Switserland aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Switserland aangebied is en die derde in Europa.
FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954 (de) Championnat du Monde de Football 1954 (fr) Campionato mondiale di calcio 1954 (it) Campiunadis mundials da ballape 1954 (rm) | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Switserland |
Datums | 16 Junie – 4 Julie |
Spanne | 16 (van 4 konfederasies) |
Stadions | 6 (in 6 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Wes-Duitsland (1 titel) |
Tweede plek | Hongarye |
Derde plek | Oostenryk |
Vierde plek | Uruguay |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 26 |
Doele | 140 (5.38 per wedstryd) |
Bywoning | 889 500 (34 212 per wedstryd) |
Meeste punte | (11 doele) |
Beste speler | |
← 1950 1958 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Hongarye met 3–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het; hierdie gebeurtenis staan in Duitsland bekend as die Wunder von Bern (“Wonderwerk van Bern”). Die Hongaarse nasionale sokkerspan is as gunsteling op die titel gehandel, terwyl die Wes-Duitse nasionale sokkerspan net as buitestaander beskou is; dit was die eerste nederlaag vir die destydse “Goue sokkerspan” ná ’n vierjaarreeks van net oorwinnings of onbesliste wedstryde. Die Wes-Duitse nasionale sokkerspan het die wêreldbekertitel vyf jaar ná die stigting van die Bondsrepubliek Duitsland in 1949 en tydens die “ekonomiese wonder van Duitsland” (Wirtschaftswunder) verower. Oostenryk het in die derde en die verdedigende kampioen Uruguay in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Skotland, Suid-Korea en Turkye het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem; Wes-Duitsland se deelname aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 word soms ook as ’n debuut beskou, alhoewel Nazi-Duitsland aan die toernooie in 1934 en 1938 deelgeneem het. Skotland en Turkye het reeds suksesvol vir die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 gekwalifiseer, maar hulle nog voor dié toernooi se afskop weer hulleself onttrek. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 is ’n algehele rekord vir aangetekende doele opgestel, insluitende die hoogste gemiddelde doele wat per wedstryd behaal is, waarvan 27 doele deur die Hongaarse nasionale sokkerspan aangeteken is en 25 deur Wes-Duitsland.
Toewysing
Switserland is op 26 Julie 1946 in Luxemburg deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954; gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 aan Brasilië toegeken. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Dié Sokker-Wêreldbekertoernooi is oorspronklik vir 1951 beplan, maar dit is om organisatoriese redes na 1954 verskuif.
Kwalifisering
Die gasheer Switserland en die verdedigende kampioen Uruguay het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is elf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, twee vir die Amerikas en een vir Asië.
Kwalifiserende spanne
Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
België | 4de | 1 | 1938 | Agtste eindrondte (1934, 1938) |
Brasilië | 5de | 5 | 1950 | Naaswenner (1950) |
Engeland | 2de | 2 | 1950 | Groepfase (1950) |
Frankryk | 4de | 1 | 1938 | Kwarteindrondte (1938) |
Hongarye | 3de | 1 | 1938 | Naaswenner (1938) |
Italië | 4de | 4 | 1950 | Kampioen (1934, 1938) |
Joego-Slawië | 3de | 2 | 1950 | Vierde plek (1930) |
Meksiko | 3de | 2 | 1950 | Groepfase (1930, 1950) |
Oostenryk | 3de | 1 | 1938 | Vierde plek (1934) |
Skotland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Suid-Korea | 1ste | 1 | – | Debuut |
Switserland | 4de | 4 | 1950 | Kwarteindrondte (1934, 1938) |
Tsjeggo-Slowakye | 3de | 1 | 1938 | Naaswenner (1934) |
Turkye | 1ste | 1 | – | Debuut |
Uruguay | 3de | 2 | 1950 | Kampioen (1930, 1950) |
Wes-Duitsland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Stadions
Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Basel | Bern | Genève |
---|---|---|
47°32′29″N 7°37′12″O / 47.54139°N 7.62000°O | 46°57′46″N 7°24′57″O / 46.96278°N 7.41583°O | 46°12′32.8″N 6°7′5.5″O / 46.209111°N 6.118194°O |
Kapasiteit: 51 500 | Kapasiteit: 64 000 | Kapasiteit: 9 250 |
Lausanne | Zürich | |
46°32′1″N 6°37′30″O / 46.53361°N 6.62500°O | 46°1′25″N 8°57′42″O / 46.02361°N 8.96167°O | 47°23′35″N 8°30′17″O / 47.39306°N 8.50472°O |
Kapasiteit: 54 000 | Kapasiteit: 15 000 | Kapasiteit: 27 500 |
Formaat
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 is oor 19 dae tussen 16 verskillende nasies oor 26 wedstryde uitgespeel. Dit het op 16 Junie 1954 op die Stade des Charmilles in Genève met ’n wedstryd tussen Brasilië en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stadion Wankdorf in Bern op 4 Julie met die eindstryd tussen Hongarye en Wes-Duitsland, waartydens Wes-Duitsland die Jules Rimet-trofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
Vir die groepfase was daar agt vaste spanne wat glo die toernooi se sterkste spanne was. Hulle was: Brasilië, Engeland, Frankryk, Hongarye, Italië, Oostenryk, Spanje en Uruguay. Teen einde van minder wedstryde en om ’n vroeë uitskakeling van gunstelingspanne – wat glo meer toeskouers sou aanlok – te verhoed, het elke groep uit twee vaste en twee ander spanne bestaan, wat nie teen mekaar moes speel nie. Nadat Spanje nie gekwalifiseer het nie, is sy plek deur Turkye ingeneem wat sodoende teen sterker spanne as verwag te staan gekom het.
Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As die eerste twee spanne gelyk op punte was, is hul rangorde deur loting bepaal, as die twee en derde span gelyk op punte was, moes hulle in ’n uitspeelwedstryd teen mekaar speel. Eers in latere toernooie is weer die aantal doele ingespan om spanne se rangorde te bepaal.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen ander groepwenners en naaswenners teen ander naaswenners in die kwarteindstryde gespeel.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sal ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 30 November 1953 in die Saint Gotthard Hotel in Zürich gehou.
Groepfase
16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 2 | 1 | 1 | 0 | 6 | 1 | +5 | 3 |
Joego-Slawië | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | 1 | +1 | 3 |
Frankryk | 2 | 1 | 0 | 1 | 3 | 3 | ±0 | 2 |
Meksiko | 2 | 0 | 0 | 2 | 2 | 8 | –6 | 0 |
- Brasilië het bo Joego-Slawië geëindig weens loting.
16 Junie 1954 18:00 | ||||
Brasilië | 5–0 | Meksiko | , Genève Toeskouers: 13 000 Skeidsregter: Raymon Wyssling (Switserland) | |
23' 30' 34', 43' 69' | Verslag |
16 Junie 1954 18:00 | ||||
Joego-Slawië | 1–0 | Frankryk | , Lausanne Toeskouers: 27 000 Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis) | |
15' | Verslag |
19 Junie 1954 17:00 | ||||
Brasilië | 1–1 (e.t.) | Joego-Slawië | , Lausanne Toeskouers: 40 000 Skeidsregter: Charlie Faultless (Skotland) | |
69' | Verslag | 48' |
19 Junie 1954 17:10 | ||||
Frankryk | 3–2 | Meksiko | , Genève Toeskouers: 19 000 Skeidsregter: Manuel Asensi (Spanje) | |
19' 49' (e.d.) 88' (straf) | Verslag | 54' 85' |
Groep 2
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Hongarye | 2 | 2 | 0 | 0 | 17 | 3 | +14 | 4 |
Wes-Duitsland | 2 | 1 | 0 | 1 | 7 | 9 | –2 | 2 |
Turkye | 2 | 1 | 0 | 1 | 8 | 4 | +4 | 2 |
Suid-Korea | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 16 | –16 | 0 |
- Wes-Duitsland het bo Turkye geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
17 Junie 1954 18:00 | ||||
Wes-Duitsland | 4–1 | Turkye | , Bern Toeskouers: 39 000 Skeidsregter: Jose da Costa Vieira (Portugal) | |
14' 52' 60' 84' | Verslag | 2' |
17 Junie 1954 18:00 | ||||
Hongarye | 9–0 | Suid-Korea | , Zürich Toeskouers: 18 000 Skeidsregter: Raymond Vincenti (Frankryk) | |
12', 89' 18' 24', 36', 50' 59' 75', 83' | Verslag |
20 Junie 1954 16:50 | ||||
Hongarye | 8–3 | Wes-Duitsland | , Basel Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: William Ling (Engeland) | |
3', 21', 69', 78' 17' 52', 54' 75' | Verslag | 25' 77' 84' |
20 Junie 1954 17:00 | ||||
Turkye | 7–0 | Suid-Korea | , Genève Toeskouers: 3 000 Skeidsregter: Esteban Marino (Uruguay) | |
10', 30' 24' 37', 64', 70' 76' | Verslag |
- Uitspeelwedstryd
23 Junie 1954 18:00 | ||||
Wes-Duitsland | 7–2 | Turkye | , Zürich Toeskouers: 18 000 Skeidsregter: Raymond Vincenti (Frankryk) | |
7' 12', 79' 30', 60', 77' 62' | Verslag | 21' 82' |
Groep 3
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Uruguay | 2 | 2 | 0 | 0 | 9 | 0 | +9 | 4 |
Oostenryk | 2 | 2 | 0 | 0 | 6 | 0 | +6 | 4 |
Tsjeggo-Slowakye | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 7 | –7 | 0 |
Skotland | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 8 | –8 | 0 |
- Uruguay het bo Oostenryk geëindig weens loting.
16 Junie 1954 18:00 | ||||
Uruguay | 2–0 | Tsjeggo-Slowakye | , Bern Toeskouers: 20 500 Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland) | |
72' 81' | Verslag |
16 Junie 1954 18:00 | ||||
Oostenryk | 1–0 | Skotland | , Zürich Toeskouers: 30 000 Skeidsregter: Laurent Franken (België) | |
33' | Verslag |
19 Junie 1954 16:50 | ||||
Uruguay | 7–0 | Skotland | , Basel Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië) | |
17', 47', 57' 30', 83' 54', 85' | Verslag |
19 Junie 1954 17:00 | ||||
Oostenryk | 5–0 | Tsjeggo-Slowakye | , Zürich Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Vasa Stefanovic (Joego-Slawië) | |
3', 70' 4', 21', 24' | Verslag |
Groep 4
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 2 | 1 | 1 | 0 | 6 | 4 | +2 | 3 |
Switserland | 2 | 1 | 0 | 1 | 2 | 3 | –1 | 2 |
Italië | 2 | 1 | 0 | 1 | 5 | 3 | +2 | 2 |
België | 2 | 0 | 1 | 1 | 5 | 8 | –3 | 1 |
- Switserland het bo Italië geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
17 Junie 1954 17:50 | ||||
Switserland | 2–1 | Italië | , Lausanne Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Mario Vianna (Brasilië) | |
18' 78' | Verslag | 44' |
17 Junie 1954 18:10 | ||||
Engeland | 4–4 | België | , Basel Toeskouers: 40 000 Skeidsregter: Emil Schmetzer (Wes-Duitsland) | |
26', 63' 36', 91' | Verslag | 5', 71' 67' 94' (e.d.) |
20 Junie 1954 17:00 | ||||
Italië | 4–1 | België | , Toeskouers: 26 000 Skeidsregter: Carl Erich Steiner (Oostenryk) | |
41' (straf) 48' 58' 78' | Verslag | 81' |
20 Junie 1954 17:10 | ||||
Engeland | 2–0 | Switserland | , Bern Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye) | |
43' 69' | Verslag |
- Uitspeelwedstryd
23 Junie 1954 18:00 | ||||
Switserland | 4–1 | Italië | , Basel Toeskouers: 30 000 Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis) | |
14', 85' 48' 90' | Verslag | 67' |
Uitklopfase
Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
27 Junie – Bern | ||||||||||
Brasilië | 2 | |||||||||
30 Junie – Lausanne | ||||||||||
Hongarye | 4 | |||||||||
Hongarye | 4 | |||||||||
26 Junie – Basel | ||||||||||
Uruguay | 2 | |||||||||
Uruguay | 4 | |||||||||
4 Julie – Bern | ||||||||||
Engeland | 2 | |||||||||
Hongarye | 2 | |||||||||
27 Junie – Genève | ||||||||||
Wes-Duitsland | 3 | |||||||||
Joego-Slawië | 0 | |||||||||
30 Junie – Basel | ||||||||||
Wes-Duitsland | 2 | |||||||||
Wes-Duitsland | 6 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
26 Junie – Lausanne | ||||||||||
Oostenryk | 1 | 3 Julie – Zürich | ||||||||
Oostenryk | 7 | |||||||||
Uruguay | 1 | |||||||||
Switserland | 5 | |||||||||
Oostenryk | 3 | |||||||||
Kwarteindrondte
26 Junie 1954 17:00 | ||||
Oostenryk | 7–5 | Switserland | , Lausanne Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Charlie Faultless (Skotland) | |
25', 27', 53' 26', 34' 32' 76' | Verslag | 16', 39' 17', 19', 58' |
26 Junie 1954 17:00 | ||||
Uruguay | 4–2 | Engeland | , Basel Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Carl Erich Steiner (Oostenryk) | |
5' 39' 46' 78' | Verslag | 16' 67' |
27 Junie 1954 17:00 | ||||
Brasilië | 2–4 | Hongarye | , Bern Toeskouers: 60 000 Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland) | |
18' (straf) 65' | Verslag | 4' 7', 88' 60' (straf) |
27 Junie 1954 17:00 | ||||
Joego-Slawië | 0–2 | Wes-Duitsland | , Genève Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye) | |
Verslag | 9' (e.d.) 85' |
Halfeindrondte
30 Junie 1954 18:00 | ||||
Hongarye | 4–2 (e.t.) | Uruguay | , Lausanne Toeskouers: 37 000 Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis) | |
13' 46' 111', 116' | Verslag | 75', 86' |
30 Junie 1954 18:00 | ||||
Wes-Duitsland | 6–1 | Oostenryk | , Basel Toeskouers: 58 000 Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië) | |
31' 47' 54' (straf), 64' (straf) 61', 89' | Verslag | 51' |
Klein finale (om die derde plek)
3 Julie 1954 17:00 | ||||
Uruguay | 1–3 | Oostenryk | , Zürich Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Raymon Wyssling (Switserland) | |
22' | Verslag | 16' (straf) 59' (e.d.) 89' |
Eindstryd
4 Julie 1954 17:00 | ||||
Hongarye | 2–3 | Wes-Duitsland | , Bern Toeskouers: 60 000 Skeidsregter: William Ling (Engeland) | |
6' 8' | Verslag | 10' 18' 84' |
Sokkerwêreldkampioen 1954 |
---|
Wes-Duitsland |
FIFA se terugwerkende ranglys
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1954-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Wes-Duitsland | 2 | 6 | 5 | 0 | 1 | 25 | 14 | +11 | 10 |
2 | Hongarye | 2 | 5 | 4 | 0 | 1 | 27 | 10 | +17 | 8 |
3 | Oostenryk | 3 | 5 | 4 | 0 | 1 | 17 | 12 | +5 | 8 |
4 | Uruguay | 3 | 5 | 3 | 0 | 2 | 16 | 9 | +7 | 6 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Switserland | 4 | 4 | 2 | 0 | 2 | 11 | 11 | ±0 | 4 |
6 | Brasilië | 1 | 3 | 1 | 1 | 1 | 8 | 5 | +3 | 3 |
7 | Engeland | 4 | 3 | 1 | 1 | 1 | 8 | 8 | ±0 | 3 |
8 | Joego-Slawië | 1 | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 3 | −1 | 3 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
9 | Turkye | 2 | 3 | 1 | 0 | 2 | 10 | 11 | −1 | 2 |
10 | Italië | 4 | 3 | 1 | 0 | 2 | 6 | 7 | −1 | 2 |
11 | Frankryk | 1 | 2 | 1 | 0 | 1 | 3 | 3 | ±0 | 2 |
12 | België | 4 | 2 | 0 | 1 | 1 | 5 | 8 | −3 | 1 |
13 | Meksiko | 1 | 2 | 0 | 0 | 2 | 2 | 8 | −6 | 0 |
14 | Tsjeggo-Slowakye | 3 | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 7 | −7 | 0 |
15 | Skotland | 3 | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 8 | −8 | 0 |
16 | Suid-Korea | 2 | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 16 | −16 | 0 |
Meeste doele aangeteken
Meeste doele aangeteken:
|
|
Verwysings
- (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2021. Besoek op 17 Mei 2021.
- (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2014. Besoek op 9 Julie 2014.
- (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2014. Besoek op 16 Julie 2014.
Verdere leesstof
- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954. |
- (en) fifa.com: Switzerland 1954: Another underdog triumph
- (en) worldcup-history.com: Switzerland, 1954
- (en) rsssf.com: World Cup 1954
Sokker-Wêreldbekertoernooie | |||
---|---|---|---|
Uruguay 1930 • Italië 1934 • Frankryk 1938 • |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar