Die negende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: Copa Mundial de Fútbol – México 70; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 31 Mei tot 21 Junie 1970 in Meksiko aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Meksiko aangebied is en die eerste in Noord-Amerika. Ná die Olimpiese Somerspele 1968 in Meksikostad was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 die tweede groot sportkompetisie in Meksiko.
Copa Mundial de Fútbol – México 70 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Meksiko |
Datums | 31 Mei – 21 Junie |
Spanne | 16 (van 5 konfederasies) |
Stadions | 5 (in 5 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (3 titels) |
Tweede plek | Italië |
Derde plek | Wes-Duitsland |
Vierde plek | Uruguay |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 32 |
Doele | 95 (2.97 per wedstryd) |
Bywoning | 1 604 065 (50 127 per wedstryd) |
Meeste punte | (10 doele) |
Beste speler | Pelé |
← 1966 1974 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Die tweemalige kampioen Brasilië het die trofee gewen nadat hulle Italië, ’n ander tweemalige kampioen, met 4–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul derde wêreldbekertitel ingepalm het. Brasilië kon daarmee die Jules Rimet-trofee permanent behou en met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 is ’n nuwe trofee bekend gestel. Wes-Duitsland het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig. Beide die verdedigende kampioen Engeland en die gasheer Meksiko is in die kwarteindrondte uitgeskakel.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van El Salvador, Israel en Marokko het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.
Toewysing
Meksiko is op 8 Oktober 1964 in Tokio deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970. Die enigste ander kandidaatland was Argentinië.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Land | Rondte 1 | |||||
Meksiko | 56 | |||||
Argentinië | 32 |
Kwalifisering
Die gasheer Meksiko en die verdedigende kampioen Engeland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika), asook een elk vir CAF (Afrika) en CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC (Asië) en OFC (Oseanië) beslis.
Noemenswaardige lande wat nie kon kwalifiseer nie sluit in Argentinië, tot dusver die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat hulle misgeloop het, nadat hulle ’n verrassende nederlaag teen Peru gely het.
El Salvador se oorwinning teen Honduras in die beslissende wedstryd het die Sokkeroorlog tussen albei lande tot gevolg gehad, waarin meer as 2 000 mense dood is. El Salvador het vir die eerste keer aan ’n sokkerWêreldbekertoernooi deelgeneem.
Kwalifiserende spanne
Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
België | 5de | 1 | 1954 | Agtste eindrondte (1934, 1938) |
Brasilië | 9de | 9 | 1966 | Kampioen (1958, 1962) |
Bulgarye | 3de | 3 | 1966 | Groepfase (1962, 1966) |
El Salvador | 1ste | 1 | – | Debuut |
Engeland | 6de | 6 | 1966 | Kampioen (1966) |
Israel | 1ste | 1 | – | Debuut |
Italië | 7de | 3 | 1966 | Kampioen (1934, 1938) |
Marokko | 1ste | 1 | – | Debuut |
Meksiko | 7de | 6 | 1966 | Groepfase (1930, 1950, 1954, 1958, 1962, 1966) |
Peru | 2de | 1 | 1930 | Groepfase (1930) |
Roemenië | 4de | 1 | 1938 | Agtste eindrondte (1934, 1938) |
Sowjetunie | 4de | 4 | 1966 | Vierde plek (1966) |
Swede | 5de | 1 | 1958 | Naaswenner (1958) |
Tsjeggo-Slowakye | 6de | 1 | 1962 | Naaswenner (1934, 1962) |
Uruguay | 6de | 3 | 1966 | Kampioen (1930, 1950) |
Wes-Duitsland | 7de | 5 | 1966 | Kampioen (1954) |
Stadions
Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Meksikostad | ||
---|---|---|
19°18′10.7″N 99°9′1.8″W / 19.302972°N 99.150500°W | ||
Kapasiteit: 110 000 | ||
Guadalajara | FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 (Meksiko) | Puebla de Zaragoza |
20°42′18.1″N 103°19′41.5″W / 20.705028°N 103.328194°W | 19°4′41″N 98°9′52″W / 19.07806°N 98.16444°W | |
Kapasiteit: 71 100 | Kapasiteit: 35 563 | |
León | Toluca | |
21°6′56″N 101°39′27.5″W / 21.11556°N 101.657639°W | 19°17′14.3″N 99°40′0.5″W / 19.287306°N 99.666806°W | |
Kapasiteit: 23 609 | Kapasiteit: 26 900 | |
Formaat
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 is oor 22 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 31 Mei 1970 op die Estadio Azteca in Meksikostad met ’n wedstryd tussen die gasheer Meksiko en Sowjetunie afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 21 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Italië, waartydens Brasilië die Jules Rimet-trofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1962 en 1966 ingespan.
Kalender
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 10 Januarie 1970 in die Maria Isabel Sheraton Hotel in Meksikostad gehou.
Groepfase
16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Sowjetunie | 3 | 2 | 1 | 0 | 6 | 1 | +5 | 5 |
Meksiko | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 0 | +5 | 5 |
België | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 5 | –1 | 2 |
El Salvador | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | 9 | –9 | 0 |
31 Mei 1970 12:00 | ||||
Meksiko | 0–0 | Sowjetunie | , Meksikostad Toeskouers: 107 160 Skeidsregter: Kurt Tschenscher (Wes-Duitsland) | |
Verslag |
3 Junie 1970 16:00 | ||||
België | 3–0 | El Salvador | , Meksikostad Toeskouers: 92 205 Skeidsregter: Andrei Rădulescu (Roemenië) | |
12', 54' 76' (straf) | Verslag |
6 Junie 1970 16:00 | ||||
Sowjetunie | 4–1 | België | , Meksikostad Toeskouers: 95 261 Skeidsregter: Rudolf Scheurer (Switserland) | |
14', 63' 57' 76' | Verslag | 86' |
7 Junie 1970 12:00 | ||||
Meksiko | 4–0 | El Salvador | , Meksikostad Toeskouers: 103 058 Skeidsregter: Ali Kandil (Egipte) | |
45', 46' 58' 83' | Verslag |
10 Junie 1970 16:00 | ||||
Sowjetunie | 2–0 | El Salvador | , Meksikostad Toeskouers: 89 979 Skeidsregter: Rafael Hormazábal Díaz (Chili) | |
51', 74' | Verslag |
11 Junie 1970 16:00 | ||||
Meksiko | 1–0 | België | , Meksikostad Toeskouers: 108 192 Skeidsregter: Ángel Norberto Coerezza (Argentinië) | |
14' (straf) | Verslag |
Groep 2
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Italië | 3 | 1 | 2 | 0 | 1 | 0 | +1 | 4 |
Uruguay | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | +1 | 3 |
Swede | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | ±0 | 3 |
Israel | 3 | 0 | 2 | 1 | 1 | 3 | –2 | 2 |
2 Junie 1970 16:00 | ||||
Uruguay | 2–0 | Israel | , Puebla de Zaragoza Toeskouers: 20 654 Skeidsregter: Bobby Davidson (Skotland) | |
23' 50' | Verslag |
3 Junie 1970 16:00 | ||||
Italië | 1–0 | Swede | , Toluca Toeskouers: 13 433 Skeidsregter: Jack Taylor (Engeland) | |
10' | Verslag |
6 Junie 1970 16:00 | ||||
Uruguay | 0–0 | Italië | , Puebla de Zaragoza Toeskouers: 29 968 Skeidsregter: Rudi Glöckner (DDR) | |
Verslag |
7 Junie 1970 12:00 | ||||
Swede | 1–1 | Israel | , Toluca Toeskouers: 9 624 Skeidsregter: Seyoum Tarekegn (Ethiopië) | |
53' | Verslag | 56' |
10 Junie 1970 16:00 | ||||
Uruguay | 0–1 | Swede | , Puebla de Zaragoza Toeskouers: 18 163 Skeidsregter: Henry Landauer (VSA) | |
Verslag | 90' |
11 Junie 1970 16:00 | ||||
Israel | 0–0 | Italië | , Toluca Toeskouers: 9 890 Skeidsregter: Ayrton Vieira de Moraes (Brasilië) | |
Verslag |
Groep 3
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 3 | 0 | 0 | 8 | 3 | +5 | 6 |
Engeland | 3 | 2 | 0 | 1 | 2 | 1 | +1 | 4 |
Roemenië | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 5 | –1 | 2 |
Tsjeggo-Slowakye | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 7 | –5 | 0 |
2 Junie 1970 16:00 | ||||
Roemenië | 0–1 | Engeland | , Guadalajara Toeskouers: 50 560 Skeidsregter: Vital Loraux (België) | |
Verslag | 65' |
3 Junie 1970 16:00 | ||||
Tsjeggo-Slowakye | 1–4 | Brasilië | , Guadalajara Toeskouers: 52 897 Skeidsregter: Ramón Barreto (Uruguay) | |
11' | Verslag | 24' 59' Pelé 61', 83' |
6 Junie 1970 16:00 | ||||
Roemenië | 2–1 | Tsjeggo-Slowakye | , Guadalajara Toeskouers: 56 818 Skeidsregter: Diego De Leo (Meksiko) | |
52' 75' (straf) | Verslag | 5' |
7 Junie 1970 12:00 | ||||
Engeland | 0–1 | Brasilië | , Guadalajara Toeskouers: 66 843 Skeidsregter: Abraham Klein (Israel) | |
Verslag | 59' |
10 Junie 1970 16:00 | ||||
Roemenië | 2–3 | Brasilië | , Guadalajara Toeskouers: 50 804 Skeidsregter: Ferdinand Marschall (Oostenryk) | |
34' 84' | Verslag | 19', 67' Pelé 22' |
11 Junie 1970 16:00 | ||||
Engeland | 1–0 | Tsjeggo-Slowakye | , Guadalajara Toeskouers: 49 292 Skeidsregter: Roger Machin (Frankryk) | |
50' (straf) | Verslag |
Groep 4
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wes-Duitsland | 3 | 3 | 0 | 0 | 10 | 4 | +6 | 6 |
Peru | 3 | 2 | 0 | 1 | 7 | 5 | +2 | 4 |
Bulgarye | 3 | 0 | 1 | 2 | 5 | 9 | –4 | 1 |
Marokko | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | –4 | 1 |
2 Junie 1970 16:00 | ||||
Peru | 3–2 | Bulgarye | , León Toeskouers: 13 765 Skeidsregter: Antonio Sbardella (Italië) | |
50' 55' 73' | Verslag | 13' 49' |
3 Junie 1970 16:00 | ||||
Marokko | 1–2 | Wes-Duitsland | , León Toeskouers: 12 942 Skeidsregter: Laurens van Ravens (Nederland) | |
21' | Verslag | 56' 80' |
6 Junie 1970 16:00 | ||||
Peru | 3–0 | Marokko | , León Toeskouers: 13 537 Skeidsregter: Tofiq Bahramof (Sowjetunie) | |
65', 75' 67' | Verslag |
7 Junie 1970 12:00 | ||||
Bulgarye | 2–5 | Wes-Duitsland | , León Toeskouers: 12 710 Skeidsregter: José María Ortiz de Mendibil (Spanje) | |
12' 89' | Verslag | 20' 27', 52' (straf), 88' 67' |
10 Junie 1970 16:00 | ||||
Peru | 1–3 | Wes-Duitsland | , León Toeskouers: 17 875 Skeidsregter: Abel Aguilar Elizalde (Meksiko) | |
44' | Verslag | 19', 26', 39' |
11 Junie 1970 16:00 | ||||
Bulgarye | 1–1 | Marokko | , León Toeskouers: 12 299 Skeidsregter: Antonio Ribeiro Saldanha (Portugal) | |
40' | Verslag | 61' |
Uitklopfase
Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
14 Junie – Meksikostad | ||||||||||
Sowjetunie | 0 | |||||||||
17 Junie – Guadalajara | ||||||||||
Uruguay | 1 | |||||||||
Uruguay | 1 | |||||||||
14 Junie – Guadalajara | ||||||||||
Brasilië | 3 | |||||||||
Brasilië | 4 | |||||||||
21 Junie – Meksikostad | ||||||||||
Peru | 2 | |||||||||
Brasilië | 4 | |||||||||
14 Junie – Toluca | ||||||||||
Italië | 1 | |||||||||
Italië | 4 | |||||||||
17 Junie – Meksikostad | ||||||||||
Meksiko | 1 | |||||||||
Italië | 4 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
14 Junie – León | ||||||||||
Wes-Duitsland | 3 | 20 Junie – Meksikostad | ||||||||
Wes-Duitsland | 3 | |||||||||
Uruguay | 0 | |||||||||
Engeland | 2 | |||||||||
Wes-Duitsland | 1 | |||||||||
Kwarteindrondte
14 Junie 1970 12:00 | ||||
Sowjetunie | 0–1 (e.t.) | Uruguay | , Meksikostad Toeskouers: 26 085 Skeidsregter: Laurens van Ravens (Nederland) | |
Verslag | 117' |
14 Junie 1970 12:00 | ||||
Italië | 4–1 | Meksiko | , Toluca Toeskouers: 26 851 Skeidsregter: Rudolf Scheurer (Switserland) | |
25' (e.d.) 63', 76' 70' | Verslag | 13' |
14 Junie 1970 12:00 | ||||
Brasilië | 4–2 | Peru | , Guadalajara Toeskouers: 54 233 Skeidsregter: Vital Loraux (België) | |
11' 15', 52' 75' | Verslag | 28' 70' |
14 Junie 1970 12:00 | ||||
Wes-Duitsland | 3–2 (e.t.) | Engeland | , León Toeskouers: 23 357 Skeidsregter: Ángel Norberto Coerezza (Argentinië) | |
Beckenbauer 68' 82' 108' | Verslag | 31' 49' |
Halfeindrondte
17 Junie 1970 16:00 | ||||
Uruguay | 1–3 | Brasilië | , Guadalajara Toeskouers: 51 261 Skeidsregter: José María Ortiz de Mendibil (Spanje) | |
19' | Verslag | 44' 76' 89' |
17 Junie 1970 16:00 | ||||
Italië | 4–3 (e.t.) | Wes-Duitsland | , Meksikostad Toeskouers: 102 444 Skeidsregter: Arturo Yamasaki (Meksiko) | |
8' 98' 104' 111' | Verslag | 90' 94', 110' |
Klein finale (om die derde plek)
20 Junie 1970 16:00 | ||||
Uruguay | 0–1 | Wes-Duitsland | , Meksikostad Toeskouers: 104 403 Skeidsregter: Antonio Sbardella (Italië) | |
Verslag | 26' |
Eindstryd
21 Junie 1970 12:00 | ||||
Brasilië | 4–1 | Italië | , Meksikostad Toeskouers: 107 412 Skeidsregter: Rudi Glöckner (DDR) | |
Pelé 18' 66' 71' 86' | Verslag | 37' |
Sokkerwêreldkampioen 1970 |
---|
Brasilië |
FIFA se terugwerkende ranglys
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1970-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Brasilië | 3 | 6 | 6 | 0 | 0 | 19 | 7 | +12 | 12 |
2 | Italië | 2 | 6 | 3 | 2 | 1 | 10 | 8 | +2 | 8 |
3 | Wes-Duitsland | 4 | 6 | 5 | 0 | 1 | 17 | 10 | +7 | 10 |
4 | Uruguay | 2 | 6 | 2 | 1 | 3 | 4 | 5 | −1 | 5 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Sowjetunie | 1 | 4 | 2 | 1 | 1 | 6 | 2 | +4 | 5 |
6 | Meksiko | 1 | 4 | 2 | 1 | 1 | 6 | 4 | +2 | 5 |
7 | Peru | 4 | 4 | 2 | 0 | 2 | 9 | 9 | ±0 | 4 |
8 | Engeland | 3 | 4 | 2 | 0 | 2 | 4 | 4 | ±0 | 4 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
9 | Swede | 2 | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | ±0 | 3 |
10 | België | 1 | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 5 | −1 | 2 |
11 | Roemenië | 3 | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 5 | −1 | 2 |
12 | Israel | 2 | 3 | 0 | 2 | 1 | 1 | 3 | −2 | 2 |
13 | Bulgarye | 4 | 3 | 0 | 1 | 2 | 5 | 9 | −4 | 1 |
14 | Marokko | 4 | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | −4 | 1 |
15 | Tsjeggo-Slowakye | 3 | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 7 | −5 | 0 |
16 | El Salvador | 1 | 3 | 0 | 0 | 3 | 0 | 9 | −9 | 0 |
Meeste doele aangeteken
Meeste doele aangeteken:
|
|
Sien ook
- FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986
- FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026, saam met Kanada en die Verenigde State
Verwysings
- (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2018. Besoek op 9 April 2018.
- (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- (en) Toby Luckhurst (27 Junie 2019). "Honduras v El Salvador: The football match that kicked off a war". BBC. Besoek op 7 Mei 2022.
- (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
- (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.
Verdere leesstof
- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970. |
- (en) fifa.com: Mexico 1970: Three for Brazil, Pele
- (en) worldcup-history.com: Mexico, 1970
- (en) rsssf.com: World Cup 1970
Sokker-Wêreldbekertoernooie | |||
---|---|---|---|
Uruguay 1930 • Italië 1934 • Frankryk 1938 • |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar