<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
14 Julie is die 195ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (196ste in skrikkeljare). Daar volg nog 170 dae.
Gebeure
- 939 – Pous Stefanus VIII (IX) volg Pous Leo VII op.
- 1555 – Pous Paulus IV publiseer die bul Cum Nimis absurdum wat die Jode verplig om in 'n ghetto te woon.
- 1570 – Pous Pius V publiseer die bul Quo Primum wat die mis standaardiseer.
- 1644 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX) word nuntius in Spanje.
- 1789 – Die Franse Rewolusie begin met die bestorming van die gevangenis Bastille in Parys.
- 1865 – Die Matterhorn word vir die eerste keer uitgeklim.
- 1881 – Pous Leo XIII verklaar Pous Urbanus II salig.
- 1912 – Kenneth McArthur wen die goue medalje vir die maraton tydens die Olimpiese Spele in Swede.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Delvillebos begin en 121 offisiere en 2,032 manskappe van die SA Brigade sneuwel.
- 1958 – Irakse Vrye Offisiere onder leiding van Abdul Karim Kassem werp die Irakse regering van Faisal II omver.
- 1969 – El Salvador val Honduras binne, die begin van die Sokkeroorlog.
- 1990 – Die Inkatha nasionale kulturele bevrydingsbewing, gestig in 1975, word hervorm tot die veelrassige Inkatha-Vryheidsparty (IVP) op 'n konferensie in Ulundi.
- 2011 – Suid-Soedan word die 193ste lidland van die Verenigde Nasies.
- 2015 – Die ruimtetuig New Horizons vlieg verby Pluto op 'n afstand van 12 600 km en neem foto's van die dwergplaneet en sy mane.
- 2016 – Minstens 84 mense sterf toe 'n man tydens 'n terreuraanval met 'n vragmotor vol plofstof in 'n skare inry wat Bastilledag vier in die Franse stad Nice.
- 2019 – Engeland klop Nieu-Seeland in die eindstryd volgens aantal grenshoue en wen sodoende die twaalfde Krieketwêreldbeker in Engeland en Wallis.
Geboortes
- 1805 – John Frederic Lewis, Britse waterverfskilder († 1876).
- 1891 – S.P.E. Boshoff, Afrikaanse taalkundige en etimoloog († 1973).
- 1891 – Fritz Kampers, Duitse akteur en regisseur († 1950).
- 1893 – J.G. Strijdom, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika († 1958).
- 1903 – Irving Stone, Amerikaanse romanskrywer († 1989).
- 1913 – Gerald Ford, 38ste President van die Verenigde State († 2006).
- 1918 – Ingmar Bergman, Sweedse regisseur († 2007).
- 1918 – Jay Forrester, Amerikaanse digitale rekenaarbaanbreker († 2016).
- 1921 – Sixto Durán Ballén, Ecuadoriaanse politikus en voormalige president (1992–1996) († 2016).
- 1921 – Geoffrey Wilkinson, FRS en Engelse chemikus en Nobelpryswenner († 1996).
- 1924 – Stephen Fry, Suid-Afrika se drie-en-twintigste Springbokkaptein († 2002).
- 1932 – Jan Breytenbach, Suid-Afrikaanse stigter van 32-Bataljon sowel as 44 Valskermbrigade.
- 1934 – PG du Plessis, Afrikaanse skrywer († 2017).
- 1945 – Peter Klatzow, Suid-Afrikaanse komponis en pianis († 2021).
- 1948 – Koning Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloenasie van 1968–2021 († 2021).
- 1963 – Wouter Bos, Nederlandse politikus, voorheen leier van Party van die Arbeid.
- 1972 – Flávia Monteiro, Brasiliaanse aktrise.
Sterftes
- 1223 – Filips II van Frankryk, koning van Frankryk (* 1165).
- 1623 – William Byrd, Engelse komponis (* 1540 of 1543).
- 1704 – Sofia Aleksejewna van Rusland, regent van die Tsaredom van Rusland (* 1657).
- 1879 – Sir Thomas Maclear, Suid-Afrikaanse 'n sterrekundige aan die Kaap die Goeie Hoop (* 1794).
- 1888 – Jan Brand, Vrystaatse staatsman, president van die Oranje-Vrystaat (* 1823).
- 1904 – Paulus Stephanus Kruger, Transvaalse staatsman, president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1825).
- 1910 – Marius Petipa, Russiese en Franse balletdanser, -pedagoog en -choreograaf (* 1818).
- 1958 – Faisal II, koning van Irak (* 1935).
- 1958 – William Joseph Baerentzen, luitenant van die Skandinawiese Korps tydens die Tweede Vryheidsoorlog (* 1872).
- 2008 – Mike Schutte, Suid-Afrikaanse swaargewig bokskampioen (* 1950).
- 2018 – Theo-Ben Gurirab, Namibiese politikus (* 1938).
- 2022 – Lionel Peterson, Suid-Afrikaanse gospelsanger en evangelis (* 1947).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Frankryk – Franse Nasionale Dag (sedert 1789).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar