<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
23 Julie is die 204de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (205de in skrikkeljare). Daar volg nog 161 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 685 – Pous Johannes V volg Pous Benedictus II op.
- 1164 – Keulen ontwikkel tot een van die belangrikste bedevaartsoorde in die Heilige Romeinse Ryk na die relikwieë van die Drie wyse Manne uit die Ooste daarheen gebring is.
- 1431 – Die konsilie van Basel word geopen. Bywoning is swak.
- 1750 – Pous Benedictus XIV verklaar Henry van Treviso salig.
- 1853 – Die Voortrekkerleier, Andries Pretorius, sterf en sy seun, Marthinus Wessel Pretorius , volg hom op as Kommandant-generaal van die distrikte Potchefstroom en Rustenburg.
- 1914 – Die ultimatum van Oostenryk-Hongarye aan Serwië lei tot die begin van die Eerste Wêreldoorlog.
- 1926 – Fox Filmmaatskappy koop die patente vir die Movietone klankstelsel vir die opneem van klank op film.
- 1952 – Farouk van Egipte abdikeer na 'n staatsgreep wat die Muhammad Ali Dinastie tot 'n einde bring.
- 1962 – Telstar versend die eerste lewendige transatlantiese televisiesein.
- 1967 – Die 12th Street Onluste begin in die hoofsaaklik Swart Amerikaanse binnegedeelte van Detroit, Michigan se hoofstad.
- 1983 – Air Canada vlug 143, die Gimli Glider, doen 'n noodlanding in Gimli, Manitoba sonder enige lewensverlies.
- 1985 – Die Amiga-tuisrekenaar met vir sy tyd gevorderde grafiese vermoë word openbaar gemaak.
- 1992 – Abchasië verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Georgië.
- 1997 – Laos en Mianmar sluit by die ASEAN aan.
- 2022 – Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verklaar die uitbreking van apokke tot 'n “openbare gesondheidsnood van internasionale kommer" met meer as 16 000 aangemelde gevalle in 75 lande en gebiede.
Geboortes
- 1635 – Adam Dollard des Ormeaux, die kommandant van die fort in Ville-Marie (die huidige Montreal), Nieu-Frankryk († 1660).
- 1649 – Gianfrancesco Albani, Pous Clemens XI, 243ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1721).
- 1781 – William John Burchell, Engelse ontdekkingsreisiger, natuurkundige, botanikus, kunstenaar en skrywer († 1863).
- 1777 – Philipp Otto Runge, Duitse Romantiese skilder († 1810).
- 1884 – Emil Jannings, Duitse/Oostenrykse en Amerikaanse akteur en die eerste persoon wat ’n Oscar gewen het († 1950).
- 1922 – Stefans Grové, Suid-Afrikaanse klassieke komponis († 2014).
- 1924 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur († 1981).
- 1925 – Gloria DeHaven, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 1925 – Quett Masire, Botswana-politikus en tweede president van Botswana (1980–1998). († 2017).
- 1949 – Clive Rice, Suid-Afrikaanse krieketspeler en Springbok-krieketkaptein († 2015).
- 1950 – Lochner de Kock, Suid-Afrikaanse musikant en akteur.
- 1956 – Amanda Strydom, Suid-Afrikaanse kabaretsanger.
- 1989 – Daniel Radcliffe, Britse akteur.
- 1996 – Rachel G. Fox, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1757 – Domenico Scarlatti, Italiaanse komponis (* 1685).
- 1853 – Andries Pretorius, 'n Voortrekkerleier (* 1798)
- 1885 – Ulysses S. Grant, 18de President van die Verenigde State (* 1822)
- 1909 – Zygmunt Noskowski, Poolse komponis en dirigent (* 1846).
- 1916 – William Ramsay, Skotse chemikus en Nobelpryswenner (* 1852).
- 1951 – Robert J. Flaherty, Amerikaanse rolprentmaker en -regisseur (* 1884)
- 1966 – Montgomery Clift, Amerikaanse rolprent- en teaterakteur (* 1920)
- 1995 – Lennox Sebe, Ciskei president (* 1926).
- 2007 – Ernst Otto Fischer, Duitse chemikus en Nobelprys wenner (* 1918).
- 2023 – Inga Swenson, Amerikaanse aktrise (* 1932).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar