<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
26 Julie is die 207de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (208ste in skrikkeljare). Daar volg nog 158 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1139 – Afonso die Oorwinnaar word die eerste koning van 'n onafhanklike Portugal.
- 1429 – Teenpous Clemens VIII tree af en die Westerse Skisma eindig.
- 1548 – Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V) voltooi sy magistergraad in teologie aan die Universiteit van Fermo.
- 1755 – Pous Benedictus XIV publiseer Allatae Sunt oor die Oosterse Rites.
- 1788 – New York word die 11de deelstaat van die Verenigde State.
- 1847 – Liberië word die eerste onafhanklike republiek in Afrika.
- 1887 – Ludwik Lejzer Zamenhof publiseer Dr. Esperanto se Internasionale Taal.
- 1909 – Die stoomskip SS Waratah verdwyn spoorloos tussen Durban en Oos-Londen.
- 1915 – Die eerste uitgawe van Die Burger verskyn.
- 1945 – Churchill verloor die Britse verkiesing en die Arbeidersparty verkry vir die eerste keer in die geskiedenis 'n meerderheid.
- 1950 – Die NG gemeente Chingola stig af van NG gemeente Mufulira.
- 1953 – Fidel Castro lei 'n onsuksesvolle aanval op die Moncada-kaserne en begin daarmee die Kubaanse Rewolusie.
- 1956 – Egipte nasionaliseer die Suezkanaal om die Aswandam te befonds.
- 1965 – Die Maledive word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1975 – Die Progressiewe Party in Suid-Afrika smelt saam met die Reformiste Party om die Progressiewe Reformiste Party te vorm.
- 2024 – 'n Polisieklopjag op 'n plaas wat vermoedelik dien as 'n geheime militêre opleidingskamp in Witrivier,Mpumalanga lei tot die arrestasie van 95 Libiese burgers.
Geboortes
- 1791 – Franz Xaver Wolfgang Mozart, Oostenrykse pianis en komponis († 1844).
- 1839 – Sir John Cradock, derde Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1759).
- 1856 – George Bernard Shaw, Ierse dramaturg en Nobelprys-wenner († 1950).
- 1874 – Serge Koussevitsky, Russiesgebore dirigent, komponis en dubbelbasspeler. († 1951).
- 1876 – Manie Maritz, boeregeneraal en leier in die Rebellie van 1914 († 1940).
- 1892 – Henry Vollam Morton, Britse joernalis en reisskrywer († 1979).
- 1894 – Aldous Huxley, die skrywer van Brave New World.
- 1907 – Dr. Louis Viljoen Rex, predikant en administrateur van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1959).
- 1924 – Dirk de Villiers, Suid-Afrikaanse rolprentmaker en akteur († 2009).
- 1926 – Lennox Sebe, Ciskei president († 1994).
- 1928 – Stanley Kubrick, Amerikaanse rolprentregisseur en draaiboekskrywer († 1999).
- 1943 – Mick Jagger, Britse popsanger.
- 1945 – Helen Mirren, Britse aktrise.
- 1959 – Kevin Spacey, Amerikaanse akteur.
- 1969 – Randall Abrahams, Suid-Afrikaanse radio- en televisiebesigheidspersoon en musiekprodusent.
- 1975 – Liz Truss, Britse politikus en minister van Handel.
- 1980 – Jacinda Ardern, Nieu-Seelandse politikus en Eerste Minister.
Sterftes
- 811 – Nikephorus I, keiser van Bisantium (* onbekend)
- 1471 – Pous Paulus II, die 211de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1417).
- 1925 – Gottlob Frege, Duitse wiskundige wat 'n logikus en filosoof geword het (* 1848).
- 1952 – Eva Perón, vrou van die Argentynse president Juan Perón (* 1919).
- 1993 – Matthew Ridgway, Amerikaanse generaal (* 1895).
- 2012 – Lupe Ontiveros, Amerikaanse aktrise (* 1942).
- 2017 – June Foray, Amerikaanse stemaktrise (* 1917).
- 2017 – Patti Deutsch, Amerikaanse komediese en stemaktrise (* 1943).
- 2018 – Gert Steyn, Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1951)
- 2019 – Harry Kalmer, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1956)
- 2020 – Olivia de Havilland, Japannees-Amerikaanse aktrise (* 1916).
- 2023 – Sinéad O'Connor Ierse sanger en musikant (* 1966).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar