<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
23 Junie is die 174ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (175ste in skrikkeljare). Daar volg nog 191 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 964 – Pous Benedictus V word afgeset en na Duitsland verban.
- 1314 – Slag van Bannockburn: die Skotte onder leiding van Robert I ("The Bruce") verslaan die Engelse.
- 1419 – Teenpous Johannes XXIII onderwerp hom aan Pous Martinus V.
- 1298 – Adolf van Nassau, koning van Duitsland, word afgeset en vervang met Albert I.
- 1314 – Slag van Bannockburn; die Skotte onder leiding van Robert I (‘The Bruce’) verslaan die Engelse.
- 1653 – Pous Innocentius X stel Carlo Barberini aan as kardinaal.
- 1738 – Pous Clemens XII stel Domenico Silvio Passionei, titulêr aartsbiskop van Efese aan as kardinaal.
- 1777 – Pous Pius VI stel agt nuwe kardinale aan waaronder Bernardino Honorati, titulêr aartsbiskop van Side.
- 1796 – Pous Pius VI sluit ’n wapenstilstand met die Franse te Bologna.
- 1834 – Pous Gregorius XVI stel nege nuwe kardinale aan, waaronder Giuseppe della Porta Rodiani, titulêre patriarg van Konstantinopel.
- 1887 – Banff nasionale park, die eerste in Kanada, word geskep.
- 1894 – Die Internasionale Olimpiese Komitee word in die Sorbonne in Parys, Frankryk gestig.
- 1961 – Die Antarktiese verdrag word gesluit.
- 1978 – Agt Britse sendelinge en vier kinders word vermoor by die Elim-sendingstasie naby Umtali, Rhodesië.
- 1979 – Wes-Indië klop Engeland in die eindstryd met 92 lopies en wen sodoende die tweede Krieketwêreldbeker in Engeland.
- 2013 – Indië wen die eindstryd van die sewende Kampioenetrofee in Engeland en Wallis met vyf lopies (D/L-metode) teen Engeland.
- 2021 – Nieu-Seeland verslaan in die eindstryd van die eerste Wêreldtoetskampioenskap op in Southampton Indië met agt paaltjies.
Geboortes
- 1534 – Oda Nobunaga, Japannese daimyō en een van die leidende figure in die Sengoku-tydperk († 1582).
- 1763 – Joséphine de Beauharnais, keiserin van Frankryk († 1814).
- 1877 – Norman Pritchard, Indies-Engelse hekkiesatleet en akteur († 1929).
- 1894 – Alfred Kinsey, Amerikaanse bioloog en entomoloog († 1956).
- 1894 – Edward VIII van die Verenigde Koninkryk († 1972).
- 1899 – Amédée Gordini, Italiaansgebore Franse renjaer en sportmotorvervaardiger († 1979).
- 1906 – Wolfgang Koeppen, Duitse skrywer († 1996).
- 1910 – Jean Anouilh, Franse dramaturg en toneelskrywer († 1987).
- 1912 – Alan Turing, Britse wiskundige en rekenaarwetenskaplike († 1954).
- 1916 – Irene Worth, Amerikaanse aktrise († 2002).
- 1917 – Pierre Fourie, Afrikaanse skrywer († 1982).
- 1925 – Miriam Karlin, Engelse aktrise († 2011).
- 1927 – Bob Fosse, Amerikaanse akteur, danser, choreograaf († 1987).
- 1930 – Donn F. Eisele, Amerikaanse kolonel, toetsvlieënier en ruimtevaarder († 1987).
- 1943 – James Levine, Amerikaanse dirigent en pianis († 2021).
- 1945 – John Garang, Suid-Soedannese politikus en revolusionêre leier († 2005).
- 1947 – Bryan Brown, Australiese akteur en vervaardiger.
- 1952 – Robert D. Kaplan, Amerikaanse skrywer oor buitelandse beleid.
- 1957 – Frances McDormand, Amerikaanse aktrise, wenner van die "Triple Crown of Acting".
- 1963 – Liu Cixin, Chinese wetenskapfiksieskrywer.
- 1969 – Martin Klebba, Amerikaanse akteur, vervaardiger en waaghals.
- 1970 – Yann Tiersen, Franse sanger-liedjieskrywer en kitaarspeler.
- 1972 – Selma Blair, Amerikaanse aktrise.
- 1972 – Zinedine Zidane, afgetrede Franse sokkerspeler.
- 1974 – Joel Edgerton, Australiese akteur.
- 1980 – Melissa Rauch, Amerikaanse aktrise.
- 1980 – Francesca Schiavone, Italiaanse tennisspeler.
- 1982 – Kirsten Neuschäfer, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder wat spesialiseer in hoë breedtegraad en avontuurvaart.
- 1986 – Christy Altomare, Australiese akteur en sanger-liedjieskrywer.
Sterftes
- 79 – Titus Flavius Vespasianus, keiser van die Romeinse Ryk (* 9).
- 1893 – Sir Theophilus Shepstone, Brits-gebore Suid-Afrikaanse politikus (* 1817).
- 1946 – Arthur William Rogers, Suid-Afrikaanse geoloog en staatsamptenaar van Britse herkoms (* 1872).
- 1980 – Clyfford Still, Amerikaanse skilder (* 1904).
- 1981 – Zarah Leander, Sweedse aktrise en sangeres (* 1907).
- 1985 – P.K. le Roux, Suid-Afrikaanse politikus (* 1904).
- 1986 – M.I. Finley, Amerikaans-gebore Britse akademikus, navorser. klassikus en skrywer (* 1912).
- 1995 – Jonas Salk, Amerikaanse mediese navorser, viroloog en ontdekker van die polio-entstof (* 1914).
- 1998 – Maureen O'Sullivan, Iersgebore Amerikaanse aktrise (* 1911).
- 2011 – Peter Falk, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 2012 – Brigitte Engerer, Franse pianis (* 1952).
- 2013 – Darryl Read, Engelse sanger-liedjieskrywer en akteur (* 1951).
- 2015 – Dick Van Patten, Amerikaanse akteur (* 1928).
Vakansies, vierings- en waarnemingsdae
- Ou Letland – Jani.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 Junie. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar