<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
30 Oktober is die 303de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (304de in skrikkeljare). Daar volg nog 62 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 701 – Pous Johannes VI volg Pous Sergius I op.
- 942 – Pous Marinus II volg Pous Stefanus VIII (IX) op.
- 1119 – Pous Callixtus II ban Keiser Hendrik V en Teenpous Gregorius VIII uit die kerk.
- 1198 – Pous Innocentius III skryf ’n brief aan die stede Ancona, Assisi, Perugia en Spoleto, waarin hy die oppermag van die pous bevestig.
- 1470 – Die Graaf van Warwick herstel Hendrik VI van Engeland tot die troon tydens die Oorlog van die Rose.
- 1471 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) word priester en kardinaal-biskop.
- 1682 – Pous Innocentius XI vaardig ’n edik uit waarin die Jode van Rome verbied word om geld uit te leen.
- 1831 – Nadat hy maande lank weggekruip het, word die Amerikaanse slaaf Nat Turner gevang en in hegtenis geneem vir die lei van ’n slawerebellie wat brutaal onderdruk is.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Nicholsonsnek vind plaas.
- 1961 – Tsaar Bomba, ’n Sowjet-waterstofbom, word ontplof oor die Nowaja Zemlja in die Arktiese Oseaan; dit is die grootste kernwapen wat nog ontplof is.
- 1974 – By die Rumble in the Jungle-boksgeveg in Zaire slaan Muhammad Ali vir George Foreman uit.
- 1981 – Russiese Wenera-ruimteprogram: Wenera 13 word lanseer.
- 1995 – Die Kanadese provinsie Quebec stem in ’n referendum ten gunste daarvan om deel te bly van Kanada. Ongeveer 50,6% van kiesers het gestem om te bly.
Geboortes
- 1735 – John Adams, tweede president van die VSA († 1826).
- 1826 – Michael Henry Gallwey, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof († 1912).
- 1878 – Paul Roos, Suid-Afrika se negende Springbokkaptein († 1948).
- 1898 – Phil Mostert, Suid-Afrika se 16de Springbokkaptein († 1972).
- 1906 – Hermann Fegelein, Duitse SS-generaal († 1945).
- 1956 – Nick Mallett, Springbokrugbyspeler en -afrigter.
- 1956 – Brümilda van Rensburg, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1960 – Diego Maradona, Argentynse sokkerspeler en -afrigter († 2020).
- 1978 – Franck Gastambide, Franse akteur, filmprodusent en regisseur.
- 1978 – Natália Lage, Brasiliaanse aktrise.
Sterftes
- 1626 – Willebrord Snellius, Nederlandse wiskundige en sterrekundige (* 1580)
- 1886 – Adolf Lüderitz, Duitse koopman en stigter van die eerste Duitse kolonie in Suidwes-Afrika, vandag Namibië (* 1834).
- 1932 – Paul Methuen, Britse krygsman (* 1845).
- 1937 – J.H.H. de Waal, Afrikaanse taalstryder en politikus (* 1871).
- 2009 – Claude Lévi-Strauss, Franse kulturele antropoloog (* 1908).
- 2010 – Harry Mulisch, Nederlandse skrywer (* 1927).
- 2015 – Al Molinaro, Amerikaanse akteur (* 1919).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 30 October. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar