<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
28 Oktober is die 301ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (302de in skrikkeljare). Daar volg nog 64 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 312 – Konstantyn die Grote neem Christenskap aan en verslaan Maxentius in die Slag van Milvianbrug.
- 1061 – Pietro Cadalus word deur die keiser aangestel as Teenpous Honorius II van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1419 – Kardinaal Morosini kroon koningin Johanna II van Napels.
- 1538 – Pous Paulus III publiseer die bul In apostolatus culmine oor die oprigting van die Universiteit van Santo Domingo op Hispaniola.
- 1834 – Die Pinjarra-menseslagting vind plaas naby Pinjarra, Wes-Australië.
- 1886 – In die New York-hawe wy president Grover Cleveland die Vryheidsbeeld, ’n geskenk van Frankryk, in op die honderdjarige viering van die VSA se onafhanklikheidsverklaring.
- 1900 – Die Gelderland, met President Paul Kruger en sy geselskap aan boord, verlaat Dar-es-Salaam.
- 1918 – Tsjeggo-Slowakye verkry onafhanklikheid van Oostenryk-Hongarye.
- 1919 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word biskop.
- 1922 – Fascistiese gewapende groepe onder Benito Mussolini marsjeer op na Rome om die Italiaanse regering oor te neem.
- 1958 – Pous Johannes XXIII volg Pous Pius XII op.
- 2023 – Die Springbokke klop Nieu-Seeland in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk met 12–11 en palm vir die vierde keer die Webb Ellis-beker in.
Geboortes
- 1629 – Maria van Riebeeck, vrou van Jan van Riebeeck († 1664).
- 1844 – Thomas Upington, vierde eerste minister van die Kaapkolonie († 1898).
- 1846 – Auguste Escoffier, Franse sjef († 1935).
- 1903 – Evelyn Waugh, Engelse skrywer en joernalis († 1966).
- 1908 – Harry Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat († 2000).
- 1909 – Francis Bacon, Ierse kunstenaar († 1992).
- 1914 – Jonas Salk, Amerikaanse mediese navorser, viroloog en ontdekker van die polio-entstof († 1995).
- 1930 – Bernie Ecclestone, voormalige president en hoofbesturende direkteur van Formula One Management.
- 1933 – Constand Viljoen, voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en later die stigter van die Vryheidsfront († 2020).
- 1953 – Kupido, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2016).
- 1955 – Bill Gates, stigter van Microsoft.
- 1956 – Mahmoud Ahmadinejad, sesde president van die Islamitiese Republiek van Iran.
- 1956 – Volker Zotz, Oostenrykse filosoof.
- 1997 – Sierra McCormick, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1412 – Margrethe I, koningin van Denemarke, Noorweë en Swede (* 1353)
- 1520 – Pier Gerlofs Donia, Friese en vryheidsvegter, volksheld, ridder en rebel (* 1480)
- 1704 – John Locke, Engelse filosoof (* 1632)
- 1740 – Anna van Rusland, tsaar van Rusland (* 1693)
- 1792 – Paul Heinrich Gerhard Möhring, Duitse dokter, plantkundige en dierkundige (* 1710)
- 1897 – Sir Hercules Robinson, Britse goewerneur van die Kaapkolonie (* 1824).
- 2008 – Buck Adams, Amerikaanse pornografiese akteur (* 1955).
- 2016 – Tim Couzens, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1944).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Dag van die Nee in Griekeland (1940).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 October. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar