<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
9 Februarie is die 40ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 325 dae in die res van die jaar (326 in skrikkeljare).
Gebeure
- 474 – Omdat die sewejarige Leo II as te jonk beskou om te regeer word sy vader Zeno gekroon as mede-keiser van die Bisantynse Ryk.
- 772 – Pous Adrianus I volg Pous Stefanus III op.
- 881 – Pous Johannes VIII kroon Karel die Dikke tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1592 – Pous Clemens VIII word gekroon in die Sixtynse kapel.
- 1621 – Pous Gregorius XV volg Pous Paulus V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1849 – Rome word ’n republiek.
- 1869 – Die Groot Brand van Suid-Afrika breek uit.
- 1895 – Vlugbal word by ’n YMCA in Holyoke, Massachusetts uitgevind.
- 1930 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word kardinaal-staatsekretaris.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: die Slag van Guadalcanal in die Solomoneilande eindig, wat aan die Geallieerde magte ’n sleuteloorwinning in die Stille Oseaanoorlog oor die Japannese vloot verskaf.
- 1950 – Rooigevaar: Senator Joseph McCarthy beskuldig die State Department van die VSA daarvan dat dit vol kommuniste is.
- 2003 – Die agtste Krieketwêreldbeker begin in Suid-Afrika, Kenia en Zimbabwe.
Geboortes
- 1773 – William Henry Harrison, negende President van die Verenigde State († 1841).
- 1884 – Carel Gerretson, Nederlandse skrywer, essayis, geskiedkundige en politikus († 1958).
- 1885 – Alban Berg, Oostenrykse komponis van die Tweede Weense Skool († 1935).
- 1895 – Fjodor Otsep, Russiese draaiboekskrywer en regisseur († 1949).
- 1909 – Carmen Miranda, Brasiliaanse sangeres († 1955).
- 1932 – Daan Bekker, Suid-Afrikaanse bokser († 2009).
- 1937 – Abraham H. de Vries, Afrikaanse skrywer.
- 1940 – J.M. Coetzee; Suid-Afrikaanse skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde († 2003).
- 1943 – Joe Pesci; Amerikaanse akteur.
- 1945 – Mia Farrow, Amerikaanse aktrise.
- 1952 – Johan Stemmet, liedjieskrywer, musiekkenner en televisieaanbieder.
- 1971 – Sharon Case, Amerikaanse aktrise van Beverly Hills.
- 1976 – Charlie Day, Amerikaanse akteur.
- 1996 – Jimmy Bennett, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 1881 – Fjodor Dostojefski, Russiese skrywer (* 1821).
- 1906 – Paul Laurence Dunbar, Amerikaanse skrywer (* 1872).
- 1941 – John Daniel Kestell, Suid-Afrikaanse Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier (* 1854).
- 1960 – Ernő Dohnányi, Hongaarse komponis, pianis en dirigent (* 1877)
- 1963 – Abdul Karim Kassem, Irakkese militaris en politikus (* 1914).
- 1984 – Joeri Andropof, Sowjetpolitikus (* 1914).
- 1985 – Nic Potgieter, Afrikaanse skrywer (* 1906).
- 2002 – Prinses Margaret, Gravin van Snowdon, Britse koninklike (* 1930).
- 2014 – Willie Marais, NG Kerk predikant en skrywer (* 1929).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 February. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar