<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
13 Februarie is die 44ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 321 dae in die res van die jaar (322 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1160 – Die sinode van Pavia verklaar Pous Alexander III tot ketter.
- 1352 – Guillaume de Grimoard (later Pous Urbanus V) word ab van die Benediktynerklooster in St. Germain d'Auxerre.
- 1592 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word goewerneur van Fano.
- 1668 – Pietro Francesco Orsini (later Pous Benedictus XIII) neem die kloosternaam Vincenzo Maria Orsini aan.
- 1668 – Spanje erken Portugal as 'n onafhanklike nasie.
- 1689 – Glorious Revolution: In plaas daarvan dat James Francis Edward Stuart die Prins van Wallis die troon bestyg, word sy suster Mary en haar man William (Willem van Oranje) as medeheersers van Engeland verklaar.
- 1690 – Pous Alexander VIII stel 11 nuwe kardinale aan waaronder Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI).
- 1692 – Pous Innocentius XII verklaar Maria van Cerevellon salig.
- 1827 – Pous Leo XII publiseer Quanta Laetitia oor Skotland.
- 1880 – Thomas Edison neem die Edison-effek waar, wat later die grondslag vorm vir John Ambrose Fleming se vakuumbuisdiodes.
- 1881 – Hubertine Auclert, 'n leidende Franse suffragette in Parys, begin die feministe koerant La Citoyenne.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Sowjetmagte verower Boedapest in Hongarye by die Nazi's.
- 1984 – Konstantin Tsjernenko volg die ontslape Yuri Andropov op as Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie.
Geboortes
- 1599 – Fabio Chigi (later Pous Alexander VII), 237ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1667).
- 1861 – Ds. David Wilcocks, Afrikaanse predikant wat tronkstraf uitgedien het vir sy dankgebede ná Boereoorwinnings by Colenso en Magersfontein († 1944).
- 1919 – Piet Malan, Springbokrugbyspeler en PUK-rugbyafrigter († 2015).
- 1923 – Chuck Yeager, Amerikaanse vlieënier en die eerste persoon wat deur die klankgrens gevlieg het († 2020).
- 1933 – Kim Novak, Amerikaanse aktrise.
- 1938 – Oliver Reed, Britse akteur († 1999).
- 1939 – Robert Charles Sproul, Amerikaanse Gereformeerde Teoloog, predikant en stigter van Ligionier Ministries († 2017).
- 1942 – Carol Lynley, Amerikaanse aktrise († 2019).
- 1944 – Tim Couzens, Suid-Afrikaanse skrywer († 2016).
- 1944 – Jerry Springer, Amerikaanse televisieaanbieder († 2023).
- 1963 – Barry Tubb, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer.
- 1972 – Meng Wanzhou, 'n Chinese sakeleier en hoof-finansiële beampte van Huawei.
Sterftes
- 858 – Kenneth I van Skotland (* 810).
- 1130 – Pous Honorius II, die 163ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1060).
- 1332 – Andronikos II Palaiologos, Keiser van die Bisantynse Ryk (* 1259).
- 1542 – Catharina Howard, die vyfde vrou van Hendrik VIII van Engeland (* onbekend)
- 1571 – Benvenuto Cellini, Italiaanse goudsmid en beeldhouer (* 1500).
- 1883 – Richard Wagner, Duitse komponis (* 1813).
- 1902 – Catharina Smuts (neé de Vries), moeder van genl. Jan Smuts (* 1845).
- 1976 – Lily Pons, Amerikaanse operasopraan (* 1898).
- 1980 – David Janssen, Amerikaanse akteur, (* 1931).
- 1984 – André Stander, Suid-Afrikaanse polisieoffisier en berugte bankrower (* 1946).
- 2003 – Nico Coetzee, skrywer en akademikus (* 1911).
- 2016 – Antonin Scalia, regter van die hooggeregshof van die Verenigde State (* 1936).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 February. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar