<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
11 Maart is die 70ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (71ste in skrikkeljare). Daar volg nog 295 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1286 – Pous Honorius IV verklaar die Apostoliese Broeders tot ketters.
- 1431 – Kardinaal Lucido de' Conti kroon Pous Eugenius IV in die ou Sint Pieterskerk.
- 1513 – Giovanni de' Medici word Pous Leo X.
- 1544 – Giovanni Antonio Facchinetti (later Pous Innocentius IX) word priester gewy.
- 1743 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word biskop van Padua.
- 1825 – Somerset-Oos gestig.
- 1845 – Māori magte onder leiding van stamleiers Kawiti en Hone Heke vernietig die Britse nedersetting van Kororareka in Nieu-Seeland wat die Flagstaffoorlog ontketen.
- 1941 – Die Amerikaanse kongres keur Franklin D. Roosevelt se Leen-en-pagwet goed.
- 1960 – Die Amerikaanse ruimtetuig Pioneer 5 word lanseer.
- 1966 – President Sukarno van Indonesië, aan bewind sedert die Tweede Wêreldoorlog, word afgeset deur Suharto en die leër.
- 1974 – Vyf Suid-Afrikaanse polisielede word doodgeskiet in 'n lokval wes van die Victoria-valle in Rhodesië.
- 1990 – Die Litause Sowjet Sosialistiese Republiek se bestaan eindig toe Litaue die herstel van onafhanklikheid van die Sowjetunie verklaar.
- 2004 – Die 11 Maart-aanvalle: 'n Reeks bomaanvalle deur terroriste op streekspendeltreine laat 191 dood en meer as 1800 gewond in Madrid, Spanje.
- 2011 – 'n Verwoestende 9,0-aardbewing skud Japan en veroorsaak 'n tsoenami (vloedgolf) met meer as 15 700 sterftes.
Geboortes
- 1793 – Jan Frans Willems, Vlaamse skrywer, digter en vader van die Vlaamse Beweging († 1846).
- 1811 – Urbain Le Verrier, ’n Franse sterrekundige wat die ontdekking van Neptunus voorspel het († 1877).
- 1818 – Marius Petipa, Russiese en Franse balletdanser, pedagoog en choreograaf († 1910).
- 1843 – C.P. Hoogenhout, een van die agt stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners († 1922).
- 1890 – Vannevar Bush, Amerikaanse ingenieur en wetenskapbestuurder († 1974).
- 1919 – Elise Muller, Afrikaanse skrywer († 1985).
- 1920 – Ben Ferencz, 'n Amerikaanse aanklaer by die Neurenberg-verhore († 2023).
- 1936 – Antonin Scalia, regter van die hooggeregshof van die Verenigde State († 2016).
- 1937 – Amie Venter, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2012).
- 1952 – Wannie Carstens, Afrikaanse taalkundige en skrywer.
- 1952 – Douglas Adams, Engelse skrywer († 2001).
- 1957 – Qasem Soleimani, Irannese generaal-majoor van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps († 2020).
- 1959 – Nina Hartley, Amerikaanse porno-aktrise.
- 1969 – Terrence Howard, Amerikaanse akteur.
- 1975 – Buvaisar Saitiev, Russiese stoeier van Tsjetsjeense afkoms.
- 1977 – Carina Diedericks-Hugo, Afrikaanse skrywer van jeugverhale.
- 1982 – Thora Birch, Amerikaanse aktrise.
- 1983 – Lucy DeVito, Amerikaanse aktrise.
- 1989 – Anton Yelchin, Amerikaanse akteur († 2016).
- 1993 – Jodie Comer, Engelse aktrise.
- 1994 – Handré Pollard, Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler en Springboklosskakel.
Sterftes
- 1870 – Koning Moshoeshoe, stigter van die Basotho-volk (* 1786).
- 1949 – I.W. Schlesinger, sakemagnaat en baanbreker van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf (* 1871).
- 1955 – Alexander Fleming, Britse bakterioloog, ontdekker van penisillien (* 1881).
- 1926 – Siener van Rensburg, toekomsvoorspeller (* 1862)
- 1967 – Hanns Lothar, Duitse toneelspeler (* 1929).
- 1971 – Philo Farnsworth, Amerikaanse uitvinder en televisiepionier (* 1906).
- 1978 – Claude François, Franse sanger (* 1939).
- 2004 – Gabriel de Jongh, 'n bekende Suid-Afrikaanse landskapskilder (* 1913).
- 2008 – Phyllis Spira, Suid-Afrikaanse ballerina (* 1943).
- 2024 - Eric Carmen, Amerikaanse sanger (* 1949).
- 2024 - Paul Alexander, Amerikaanse verlamde polio-oorlewende, wat die laaste man was wat in 'n ysterlong geleef het (* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Rooineusdag in die Verenigde Koninkryk (2005)
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 March. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar