<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
28 November is die 332ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (333ste in skrikkeljare). Daar volg nog 33 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1633 – Pous Urbanus VIII stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Benedetto Ubaldi, ouditeur van die Heilige Roomse Rota.
- 1660 – Die Royal Society word gestig.
- 1786 – Pous Pius VI publiseer Super solidate teen Eybel se kritiek op die pous.
- 1885 – Die spoorlyn tussen Kimberley en Kaapstad word geopen.
- 1899 – Die Slag van die Twee Riviere, waar Lord Methuen aan Britse kant die bevel voer, vind plaas.
- 1905 – Die Ierse nasionalis Arthur Griffith stig Sinn Féin as 'n politieke party met die doelwit om onafhanklikheid vir die hele Ierland te verkry.
- 1912 – Albanië word van die Ottomaanse Ryk onafhanklik.
- 1937 – Die Switserse volk keur ´n referendum af om die Vrymesselaars in Switserland onwettig te laat verklaar.
- 1942 – Die RMS Nova Scotia word langs die kus van KwaZulu-Natal gekelder en 845 passasiers sterf.
- 1943 – Die begin van die Teheran-konferensie tussen Franklin D. Roosevelt, Winston Churchill en Josef Stalin.
- 1960 – Mauritanië word van Frankryk onafhanklik.
- 1961 – 'n Tornado saai verwoesting in Nelspruit, veral die oostelike gedeelte.
- 1964 – Die Mars vekennings ruimtetuig Mariner 4 word gelanseer.
- 1979 – Air New Zealand-vlug 901 vlieg teen die vulkaan Erebus in Antarktika vas en 257 mense sterf.
- 1987 – Die SAL-vliegtuig Helderberg met 159 mense aanboord stort naby Mauritius in die Indiese Oseaan neer. Almal sterf.
Geboortes
- 1118 – Manuel I, keiser van die Bisantynse Ryk († 1180).
- 1640 – Willem de Vlamingh, 'n Nederlandse ontdekkingsreisiger († 1698 of later).
- 1796 – Colin Fraser, Skotse predikant in Suid-Afrika († 1870).
- 1820 – Friedrich Engels, Duitse industrialis († 1895).
- 1887 – Ernst Röhm, die leier van die Sturmabteilung (SA) van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty († 1934).
- 1931 – Renier van Rooyen, Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores († 2018).
- 1935 – Frik du Preez, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1937 – Wilbur Ross, Amerikaanse belegger en voormalige Minister van Finansies van die Verenigde State.
- 1949 – Zack du Plessis, Afrikaanse akteur († 2011).
- 1949 – Alexander Godunov, Amerikaanse balletdanser, akteur († 1995).
- 1965 – Erwin Mortier, Vlaamse skrywer.
- 1967 – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise († 2007).
- 1972 – Michael Blackson, Amerikaanse akteur.
- 1992 – Mireia Lalaguna, Spaanse model en skoonheidskoningin (Mej. Wêreld 2015).
- 1995 – Chase Elliott, Amerikaanse NASCAR-motorrenjaer.
Sterftes
- 741 – Pous Gregorius III, 90ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (Die BBKL gee 10 Desember) (* onbekend)
- 1640 – Patriarg Joasaf I van Moskou, die vierde Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend)
- 1680 – Gian Lorenzo Bernini, Italiaanse argitek, beeldhouer, skilder en dekorontwerper (* 1598)
- 1694 – Matsuo Basho, Japannese digter (* 1644)
- 1916 – MT Steyn, President van die Vrystaat (* 1857).
- 1962 – Wilhelmina, koningin van Nederland (* 1880).
- 1963 – Karyn Kupcinet, Amerikaanse aktrise (* 1941).
- 1982 – Pierre Fourie, Afrikaanse skrywer (* 1917).
- 1990 – Anders Birger Bohlin, Sweedse paleontoloog (* 1898).
- 2011 – Phil du Plessis, Afrikaanse digter (* 1944).
- 2012 – Jakes Gerwel, akademikus, politikus en sakeman (* 1946).
- 2019 – Wim Bosman, strokiesprentkunstenaart (* 1936).
- 2020 – David Prowse, Britse akteur () (* 1935).
- 2021 – Sir Frank Williams, Britse Formule Een-motorsportlegende (* 1942).
- 2023 – Charlie Munger, Amerikaanse prokureur en sakevennoot van Warren Buffett (* 1924).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Gregorius III in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 November. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar