<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
6 Desember is 340ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (341ste in skrikkeljare). Daar volg nog 25 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1058 – Pous Nicolaas II volg Pous Stefanus IX (X) op.
- 1527 – Pous Clemens VII verlaat die verwoeste Rome.
- 1696 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word aangestel as tesourier-generaal van die Pouslike Staat en ook as goewerneur van die Engeleburg.
- 1708 – Pous Clemens XI stel die fees van Maria Onbevlekte Ontvangenis in.
- 1768 – Die eerste uitgawe van die Encyclopædia Britannica word uitgegee.
- 1790 – Die Kongres van die Verenigde State verhuis vanaf New York na Philadelphia, Pennsilvanië.
- 1864 – Pous Pius IX kondig die Eerste Vatikaanse Konsilie aan.
- 1917 – Finland verklaar sy onafhanklikheid van Rusland.
- 1917 – Halifaxontploffing: 'n Skip in Halifaxhawe met 'n vrag van trinitrotolueen en pikriensuur vat vlam en ontplof na 'n botsing met 'n ander skip met groot skade in Halifax, Kanada.
- 1922 – Die Ierse Vrystaat word gestig, 'n jaar ná die ondertekening van die Anglo-Ierse Verdrag.
- 1957 – 'n Ontploffing op die lanseerdok fnuik die Verenigde State se eerste poging om 'n satelliet te lanseer.
- 1958 – Pioneer 3 word lanseer.
- 1972 – Die lansering van die laaste bemande maansending, die Apollo 17, vind plaas.
- 1977 – Suid-Afrika verklaar Bophuthatswana onafhanklik, maar dit word deur geen ander land só aanvaar nie.
- 1989 – 'n Man dood 14 jong dames in Montreal, Kanada.
- 1997 – 'n Russiese voorraadvliegtuig stort op 'n woonstelkompleks neer, naby Irkoetsk, Siberië, en 67 mense sterf.
- 2007 – Die Duitse Toekomsprys 2007 word in Berlyn, Duitsland deur Bondspresident Horst Köhler toegeken.
Geboortes
- 1421 – Koning Henry VI van Engeland († 1471).
- 1586 – Niccoli Zucchi, Italiaanse sterrekundige († 1670).
- 1757 – Sir David Baird, Britse generaal en militêre goerwerneur in die Kaapkolonie († 1829).
- 1778 – Joseph Louis Gay-Lussac, Franse fisikus en chemikus († 1850).
- 1823 – Jan Brand, President van die Vrystaat († 1888).
- 1830 – Johannes Nicolaas de Beer, boer van Kimberley en die diamantmaatskappy De Beers is na hom vernoem († 1883).
- 1864 – Lourens Geldenhuys, baanbreker van die Witwatersrand en 'n politikus van die Suid-Afrikaanse Party († 1929).
- 1880 – Philippus Arnoldus Myburgh, die sesde administrateur van die Kaapland († 1946).
- 1890 – Dion Fortune, Walliese okkultis († 1946).
- 1900 – Agnes Moorehead, Amerikaanse aktrise († 1974).
- 1916 – Owen Horwood, Suid-Afrikaanse politikus, minister van finansies († 1998).
- 1919 – Anna Bender, Suid-Afrikaanse pianis en skrywer († 2004).
- 1920 – Dave Brubeck, Amerikaanse jazzpianis († 2012).
- 1927 – Gé Korsten, Suid-Afrikaanse sanger († 1999).
- 1948 – Keke Rosberg, Finse Formule Eenrenjaer.
- 1984 – Daryl Impey, Suid-Afrikaanse professionele padfietsrenjaer.
- 1996 – Stefanie Scott, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1185 – Afonso I van Portugal, eerste koning van Portugal.
- 1352 – Pous Clemens VI, 198ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1291).
- 1889 – Jefferson Davis, enigste president van die Gekonfedereerde State van Amerika gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog (* 1808).
- 1892 – Werner von Siemens, Duitse ingenieur, uitvinder en industrialis (* 1816).
- 1956 – Bhimrao Ramji Ambedkar, Indiese politikus (* 1891).
- 1963 – Henry Fagan, Suid-Afrikaanse skrywer, politikus, regter en joernalis (* 1889).
- 1988 – Roy Orbison, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en musikant wat bekend is vir sy emosiebelaaide sangstyl, ingewikkelde liedstrukture en donker, intense ballades (* 1936).
- 1993 – Don Ameche, Amerikaanse akteur (* 1908).
- 2006 – Mavis Pugh, Britse aktrise (* 1914).
- 2019 – Ron Leibman, Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer (* 1937).
- 2020 – Tabaré Vázquez, Uruguaanse politikus en staatsman, president van Uruguay (* 1940).
- 2022 – Ichirō Mizuki, Japannese sanger, komponis en filmakteur (* 1948).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Nasionale vakansiedag in Finland.
- Konstitusiedag in Spanje.
- Sinterklaasdag in sommige Europese lande, veral dié wat grootliks Rooms-Katoliek is.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 6 December. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar