<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
12 Oktober is die 285ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (286ste in skrikkeljare). Daar volg nog 80 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1492 – Christophorus Columbus bereik die Bahamas-argipel en ontdek daarmee die Amerikas.
- 1551 – Pous Julius III stel Györgi Martinuzzi, biskop van Nagy Várad, Hongarye, aan as kardinaal.
- 1810 – Die eerste Oktoberfest word in München gehou om die troue van Prins Ludwig I van Beiere te vier.
- 1899 – Die eerste skote klap in die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika by Kraaipan nadat Brittanje die ultimatum van die Boererepublieke verwerp het.
- 1968 – Ekwatoriaal-Guinee word onafhanklik van Spanje
- 1984 – Die voorlopige Ierse Republikeinse Leër voer 'n mislukte sluipmoordaanval uit op Margaret Thatcher, die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en die grootste deel van haar kabinet, tydens die Brighton-hotel-bomaanval.
- 1999 – 'n Militêre staatsgreep gelei deur Generaal Pervez Musharraf in Pakistan lig Eerste Minister Nawaz Sharif uit die kussings.
- 2002 – 'n Reeks motorbomme ontplof in Bali, Indonesië, wat 202 mense dood en 'n verdere 209 beseer laat.
Geboortes
- 1537 – Eduard VI, koning van Engeland († 1553).
- 1762 – Jan Willem Janssens, laaste Nederlandse goewerneur van die Kaap († 1838).
- 1798 – Dom Pedro, keiser van Brasilië en koning van Portugal († 1834).
- 1865 – Manie Bredell, lyfwag en privaatsekretaris van pres. Paul Kruger († 1953).
- 1871 – Sietse Oeme Los, professor in teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1944).
- 1872 – Ralph Vaughan Williams, Engelse komponis († 1958).
- 1880 – Ernest Frederick Watermeyer, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika († 1958).
- 1908 – Arthur Space, Amerikaanse akteur († 1983)
- 1909 – A.P. Smit, predikant in die NG Kerk, geskiedskrywer en derde argivaris van die Kaapse Kerk († 1979).
- 1919 – Mary Ainslee, Amerikaanse aktrise († 1991).
- 1920 – Braam Raubenheimer, Suid-Afrikaanse politikus en minister van waterwese en bosbou († 2014).
- 1929 − Magnus Magnusson, Yslandse joernalis, vertaler, skrywer en televisie-aanbieder († 2007).
- 1932 – Dick Gregory, Amerikaanse akteur en skrywer († 2017).
- 1935 – Luciano Pavarotti, Italiaanse tenoor († 2007).
- 1946 – Dalton Cathey, Amerikaanse akteur († 1990).
- 1951 – Sally Little, Suid-Afrikaansgebore Amerikaanse gholfspeler.
- 1962 – Michelle Botes, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1978 – Jason Russell, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer.
- 1986 – Li Wenliang, Chinese oogarts en eerste aktivis oor die uitbreek van die Koronavirusepidemie van 2020 († 2020).
Sterftes
- 638 – Pous Honorius I, 70ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 642 – Pous Johannes IV, 72ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±580).
- 1668 – Zacharias Wagenaer, tweede kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1614).
- 1730 – Frederik IV van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1671).
- 1750 – Rachel Ruysch, 'n Nederlandse stilleweskilder (* 1664).
- 1969 – Sonja Henie, Amerikaanse aktrise en skryfster (* 1912).
- 1971 – Fritz Achterberg, Duitse toneelspeler (* 1880).
- 1978 – Schalk Pienaar, joernalis en koerantredakteur (* 1916).
- 1990 – Peter Zapffe, Noorse metafisikus, skrywer, kunstenaar, prokureur en bergklimmer (* 1899).
- 1995 – Dana Niehaus, Afrikaanse omroeper en akteur (* 1918).
- 1997 – John Denver, Amerikaanse sanger (* 1943).
- 2009 – Irene van Wyk, Afrikaanse gospelsangeres (* 1965).
- 2015 – Gene Louw, Suid-Afrikaanse politikus (* 1931).
- 2018 – Pik Botha, Suid-Afrikaanse minister van Buitelandse Sake (* 1932).
- 2020 – Conchata Ferrell, Amerikaanse aktrise, (* 1943).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Jom Kippoer begin teen sononder in Judaïsme, Dussehra in Hindoeïsme.
Verwysings
- "Gene Louw (84) trap diep spore" (Webartikel). Netwerk24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2019. Besoek op 22 Mei 2017.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 Oktober. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar