<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
27 Desember is die 361ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (362ste in skrikkeljare). Daar volg nog 4 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 418 – Teenpous Eulalius begin sy pontifikaat.
- 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Francis Solano, Johannes van die Kruis en Peregrine Laziosi heilig.
- 1831 – Charles Darwin verlaat Plymouth aan boord HMS Beagle op wat 'n geskiedkundige ekspedisie sou word.
- 1838 – Die Slag van die Opatikloof vind plaas, 11 dae na die Slag van Bloedrivier.
- 1934 – Die Brits-Amerikaanse renjaer Whitney Straight wen Suid-Afrika se eerste Grand Prix by Oos-Londen met 'n Maserati 8CM.
- 1945 – Die Wêreldbank word ná 'n ooreenkoms tussen 28 nasies gestig.
- 1949 – Koningin Juliana van Nederland staan soewereiniteit aan Indonesië toe.
- 1958 – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word biskop van Vittorio Veneto.
- 1968 – Die Amerikaanse ruimtetuig Apollo 8 voer die eerste bemande omwenteling van die Maan uit.
- 1978 – Spanje word 'n demokrasie ná 40 jaar van diktatorskap.
Geboortes
- 1571 – Johannes Kepler, Duitse wiskundige en sterrekundige († 1630).
- 1654 – Jacob Bernoulli, Switserse wiskundige en wetenskaplike († 1705).
- 1734 – Nicolaas Laurens Burman, Nederlandse botanis († 1793)
- 1822 – Louis Pasteur, Franse skeikundige († 1895).
- 1862 – Anton van Wouw, Suid-Afrikaanse beeldhouer († 1945).
- 1901 – Marlene Dietrich, Duits-Amerikaanse aktrise († 1992).
- 1923 – Lucas Mangope, Suid-Afrikaanse politikus en voormalige president van die onafhanklike Bantoestan Bophuthatswana (1977–1994) († 2018).
- 1930 – Ampie Muller, 'n akademikus en omroeper († 2019).
- 1936 – Ena Murray, Afrikaanse skryfster († 2015).
- 1944 – Makhenkesi Stofile, Suid-Afrikaanse politikus († 2016).
- 1956 – Ben-Erik van Wyk, Suid-Afrikaanse botanikus.
- 1961 – Guido Westerwelle, Duitse politikus († 2016).
- 1965 – Salman Khan, bekroonde Indiese akteur en rolprentvervaardiger.
Sterftes
- 1805 – Isabelle de Charrière, Nederlandse en Switserse skrywer (* 1740)
- 1838 – Alexander Biggar, Britse Setlaar en soldaat (* 1781)
- 1923 – Alexandre Gustave Eiffel, Franse ingenieur; bouer van die Eiffeltoring in Parys (* 1832)
- 1969 – Gerhardus Jacobus Badenhorst, Afrikaanse boer, landbou-pionier en nyweraar (* 1900)
- 1978 – Houari Boumediène, rewolusionêr en tweede President van Algerië (* 1932)
- 1978 – Alexandre Deulofeu, 'n Spaanse politikus en bekend vir sy sikliese teorie oor die evolusie van beskawings (* 1903).
- 2007 – Benazir Bhutto, Pakistanse politikus (* 1953)
- 2015 – Randall Wicomb, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. (* 1949)
- 2016 – Annanias Mathe, Mosambiekse reeksverkragter en gewapende rower (* 1976)
- 2016 – Carrie Fisher, Amerikaanse aktrise (* 1956)
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Maksimus van Alexandrië in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 December. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar