<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
10 Mei is die 130ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (131ste in skrikkeljare). Daar volg nog 235 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 946 – Pous Agapetus II volg Pous Marinus II op.
- 1455 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) word deur Pous Callixtus III benoem as apostoliese protonotarius.
- 1503 – Christopher Columbus ontdek die Kaaimanseilande en hy noem dit Las Tortugas as gevolg van die baie seeskilpaaie wat daar gevind word.
- 1534 – Jacques Cartier ontdek Newfoundland.
- 1728 – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) word kardinaal-priester van S. Croce in Gerusalemme.
- 1773 – Giovanni Angelo Braschi (later Pous Pius VI) word kardinaal-priester van S. Onofrio.
- 1774 – Lodewyk XVI word koning van Frankryk.
- 1871 – Frans-Pruisiese oorlog: Met die ondertekening van die Vrede van Frankfurt word die oorlog amptelik beëindig.
- 1877 – Roemenië verklaar sy onafhanklikheid van Turkye. Dit word van krag op 26 Maart 1881 na die einde van die Roemeense burgeroorlog.
- 1932 – Die "Wilhelmus" word die Nederlandse volkslied.
- 1933 – Honderde aanhangers van Adolf Hitler verbrand 'on-Duitse' en 'dekadente' boeke op die Berlynse Opernplatz.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val België, Nederland en Luxemburg binne
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Alle Switserse mans word opgeroep om in die Switserse Weermag te dien (Generalmobilmachung). Switserland was ´n neutrale staat tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Winston Churchill aangestel as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Staking van meer as 100 000 arbeiders in Luik, gelei deur Julien Lahaut.
- 1949 – 'n Tornado tref Bronkhorstspruit (destyds in Transvaal) en rig groot skade aan.
- 1981 – Verkiesing van François Mitterrand tot president van Frankryk. Hy verslaan die ampterende president Valéry Giscard d'Estaing met 51,8 teen 48% stemme.
- 1988 – Michel Rocard word Eerste Minister van Frankryk.
- 1994 – Nelson Mandela word ingehuldig as Suid-Afrika se eerste swart president.
- 1997 – Tydens ´n aardbewing van 7,1 op die Richterskaal op die grens tussen Iran en Afghanistan sterf 1600 mense.
- 2006 – Verkiesing van Giorgio Napolitano tot elfde president van Italië.
- 2015 – Mmusi Maimane word in Port Elizabeth verkies as die Demokratiese Alliansie se eerste swart leier.
Geboortes
- 214 – , Romeinse keiser († 270).
- 1614 – Zacharias Wagenaer, Duitse skeepsman en staatsman, kommandeur van die Kaap van Goeie Hoop († 1668).
- 1813 – Gustav Christian Schwabe, Duits-gebore Britse koopman en finansier († 1897)
- 1838 – John Wilkes Booth, Amerikaanse akteur en sluipmoordenaar van Abraham Lincoln († 1865).
- 1850 – Reimond Stijns, Vlaamse skrywer († 1905).
- 1887 – J.C. Bloem, Nederlandse digter en essayis († 1966).
- 1890 – Alfred Jodl, Duitse generaal († 1946).
- 1899 – Fred Astaire, Amerikaanse baldanser en akteur († 1987).
- 1915 – Beyers Naudé, Afrikaanse teoloog en anti-apartheidstryder († 2004).
- 1916 – Milton Babbitt, Amerikaanse komponis († 2011).
- 1926 – Hugo Banzer, Boliviaanse politikus, generaal en president van Bolivië. († 2002).
- 1945 – Koos du Plessis, sanger, liedjieskrywer en digter († 1984).
- 1946 – Trienke Laurie, Suid-Afrikaanse skrywer ((† 2023).
- 1954 – Artūras Barysas, Litause kunstenaar († 2005).
- 1957 – Sid Vicious, Britse musikant († 1979).
- 1960 – Bono, Ierse sanger, liedjieskrywer filantroop en aktivis (U2).
- 1966 – Adriaan Richter, Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 1977 – Nick Heidfeld, Duitse professionele renjaer.
- 1979 – Marieke Vervoort, 'n Belgiese paralimpiese atleet († 2019).
- 1989 – Armin Ronacher, Oostenrykse rekenaarprogrammeerder.
- 1992 – Charice Pempengco (nou "Jake Zyrus"), Filippynse sanger en aktrise.
Sterftes
- 1774 – Koning Lodewyk XV van Frankryk (* 1710).
- 1818 – Paul Revere, Amerikaanse patriot (* 1735).
- 1904 – Henry Morton Stanley, Wallies-Amerikaanse ontdekkingsreisiger en joernalis (* 1841).
- 1949 – Katsushika Hokusai, Japannese houtsneekunstenaar (* 1760).
- 1977 – Joan Crawford, Amerikaanse aktrise (* 1904).
- 1987 – Sita, Afrikaanse skrywer van kinderverhale, jeugverhale, dramas en romans (* 1898).
- 1987 – Dalida, Franse sangeres en aktrise (* 1933).
- 2000 – Roy Dryburgh, Suid-Afrika se agt-en-twintigste Springbokkaptein (* 1929).
- 2019 – Frederick Brownell, heraldikus, vlagkundige en genealoog; ontwerper van beide die vlae van Namibië en Suid-Afrika (* 1940).
Vakansiedae
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar