<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
12 Mei is die 132ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (133ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 233 dae in hierdie jaar.
Gebeure
- 254 – Pous Stefanus I volg Pous Lucius I op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1012 – Teenpous Gregorius VI word pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1191 – Richard I van Engeland trou met Berengaria van Navarre.
- 1264 – Die Slag van Lewes begin.
- 1328 – Keiser Lodewyk IV (die Beier) stel Teenpous Nicolaas V aan as pous.
- 1367 – Pous Urbanus V stel Guillaume d”Aigrefeuille die Jongere, aan as kardinaal priester van St. Étienne by Mont Cœlius.
- 1588 – Henry III van Frankryk vlug uit Parys nadat Henry van Guise die stad binnekom.
- 1619 – Johan van Oldenbarnevelt word weens hoogverraad ter dood veroordeel .
- 1689 – Koning Willlem se Oorlog: Willem III van Engeland sluit aan by die Bond van Augsburg en verklaar oorlog teen Frankryk.
- 1718 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word goewerneur van Rieti.
- 1797 – Eerste Koalisie: Napoleon I van Frankryk verower Venesië. Die republiek van Venesie was vanaf 726 ´n onafhanklike land gewees.
- 1820 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word vikaris-generaal van Rome.
- 1832 – In die Teatro della Canobbiana, te Milaan, begin die eerste opvoering van die opera L'elisir d'amore (die liefdeselixier) van die Italiaanse komponis Gaetano Donizetti.
- 1870 – Manitoba word 'n provinsie van Kanada.
- 1873 – Oscar II van Swede-Noorweë gekroon as koning van Swede.
- 1881 – In Noord-Afrika, word Tunisië 'n Franse protektoraat.
- 1885 – Die vierdaagse Slag van Batoche kom tot 'n einde met 'n oorwinning oor die rebelle.
- 1931 – Die bevrore lyk van Alfred Wegener word in Groenland gevind.
- 1932 – Tien weke na sy ontvoering word die seun van Charles Lindbergh dood teruggevind.
- 1935 – Robert Smith en Bill Wilson stig die AA ("Alcoholics Anonymous").
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Nederlandse mynvëer Bulgia word tydens ´n aanval deur ´n Duitse vegvliegtuig gesink en 13 matrose sterf tydens die aanval.
- 1949 – Die Sowjetunie staak die Blokkade van Berlyn.
- 1965 – Die onbemande Sowjetruimtevaartuig Loenik 5 stort op die maan neer.
- 1967 – Pink Floyd hou die eerste kwadrofoniese rockkonsert.
- 1976 – Die Spaanse olietenkskip Urquiola loop by La Coruña aan land en besoedel ongeveer 100 kilometer se strand met ruolie.
- 2000 – Die Tate Modern-kunsmuseum open in Londen
- 2002 – Voormalige President Jimmy Carter arriveer in Kuba vir 'n vyfdagbesoek aan Fidel Castro en is die eerste President van die Verenigde State wat Kuba besoek sedert Castro se 1959-rewolusie.
- 2008 – 'n Aardbewing in Sentraal-China van 7,5 op die Richterskaal eis meer as 50 000 lewens.
- 2010 – Afriqiyah Lugdiens Vlug 771 stort neer by die Tripoli Internasionale Lughawe in Libië. Die vlug vanaf Suid-Afrika het 104 passasiers aan boord gehad. 103 mense sterf en een seun (9 jaar) uit die Nederlande oorleef.
Geboortes
- 1330 – Willem V van Holland, graaf van Holland († 1389).
- 1496 – Gustav I van Swede, koning van Swede († 1560).
- 1670 – Koning August II van Pole († 1733).
- 1794 – Sir George Cathcart, Britse generaal, diplomaat en goewerneur van die Kaapkolonie († 1854).
- 1803 – Justus von Liebig, Duitse chemikus († 1873).
- 1820 – Florence Nightingale, Engelse verpleegster, bekend as "die dame met die lamp" († 1910).
- 1828 – Dante Gabriel Rossetti, Italiaanse digter en skilder († 1882).
- 1842 – Jules Massenet, Franse komponis († 1912).
- 1845 – Gabriel Fauré, Franse komponis († 1924).
- 1872 – Henry Sampson, leier van die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty († 1938).
- 1890 – Kurt Student, Duitse generaal († 1978).
- 1900 – Helene Weigel, Duitse aktrise († 1971).
- 1907 – Katharine Hepburn, Amerikaanse aktrise († 2003).
- 1910 – Dorothy Crowfoot Hodgkin, Britse chemikus, grondlegger van proteïenkristallografie († 1994).
- 1914 – Howard K. Smith, joernalis († 2002).
- 1914 – Bertus Aafjes, Nederlandse skrywer en digter († 1993).
- 1921 – Joseph Beuys, Duitse beeldhouer en kunstenaar († 1986).
- 1923 – Daniel Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2017).
- 1924 – Tony Hancock, komediant († 1968).
- 1928 – Burt Bacharach, Amerikaanse komponis en liedjieskrywer († 2023).
- 1929 – Sam Nujoma, Namibiese politikus en eerste president van Namibië (1990–2005).
- 1931 – Stella Branca, Afrikaanse skrywer en kunstenaar († 2020).
- 1937 – George Carlin, Amerikaanse komediant († 2008).
- 1952 – Membathisi Mdladlana, Suid-Afrikaanse politikus, hoëkommissaris in Kanada.
- 1961 – Zandile Gumede, politikus en voorheen burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit.
- 1962 – Emilio Estevez, Amerikaanse akteur.
- 1966 – Stephen Baldwin, Amerikaanse akteur.
- 1975 – Jonah Lomu, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2015).
- 1980 – Rishi Sunak, Britse politikus en nuutverkose Eerste minister van die Verenigde Koninkryk.
Sterftes
- 1003 – Pous Silvester II, die 139ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±945)
- 1012 – Pous Sergius IV, die 142ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±970)
- 1884 – Bedrich Smetana, Tsjeggiese komponis (* 1824).
- 1889 – , stigter van sjokolademaatskappy
- 1931 – Eugène Ysaÿe, Belgiese violis en komponis (* 1858).
- 1935 – Józef Piłsudski, president van Pole (* 1867).
- 1947 – Walter Madeley, leiersfiguur in die SA Arbeidersparty (* 1873)
- 1956 – Louis Calhern, Amerikaanse stil-filmakteur (* 1895).
- 1957 – Erich von Stroheim, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger (* 1885)
- 1966 – Felix Steiner, Duitse generaal (* 1896).
- 1976 – Rudolf Kempe, Duitse dirigent (* 1910).
- 1980 – Lillian Roth, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 1985 – Jean Dubuffet, Franse skilder en beeldhouer (* 1901).
- 1986 – Elisabeth Bergner, Duitse aktrise (* 1897).
- 1988 – Chet Baker, jazz trompetspeler (* 1929)
- 1992 – Robert Reed, Amerikaanse akteur, The Brady Bunch (* 1932)
- 1994 – Erik Erikson, Duits-Amerikaanse ontwikkelingsielkundige (* 1902).
- 2001 – Perry Como, Amerikaanse sanger en TV-aanbieder (* 1912).
- 2013 – Nico van Rensburg, Afrikaanse boeremusiek-legende en konsertinaspeler (* 1937).
- 2014 – Cornell Borchers, Duitse aktrise (* 1925)
- 2015 – Ruth Mompati, Suid-Afrikaanse politikus en ambassadeur (* 1925).
- 2018 – Sam Nzima, Suid-Afrikaanse fotojoernalis (* 1934).
Vakansiedae
- Internasionale Dag van die Verpleegkunde
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar