<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
17 Mei is die 137ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (138ste in skrikkeljare). Daar volg nog 228 dae.
Gebeure
- 352 – Pous Liberius volg Pous Julius I op.
- 884 – Pous Adrianus III volg Pous Marinus I op.
- 1012 – Pous Benedictus III volg Pous Sergius IV op.
- 1218 – Pous Honorius III verklaar Guillaume, aartsbiskop van Bourges heilig.
- 1570 – Pous Pius V stel nog sestien nuwe kardinale aan waaronder Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V).
- 1590 – Anna van Denemarke word gekroon as koningin van Skotland.
- 1642 – Paul Chomedey, sieur de Maisonneuve (1612-1676) stig die Ville Marie de Montréal.
- 1673 – Louis Joliet en Jacques Marquette begin die verkenning van die Mississippi Rivier.
- 1706 – Pous Clemens XI stel 20 nuwe kardinale aan, waaronder Lorenzo Corsini later Pous Clemens XII.
- 1775 – Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog: Die Continental Kongres verklaar handel met Kanada as onwettig.
- 1792 – Die New Yorkse Effektebeurs gestig.
- 1809 – Napoleon I van Frankryk beveel die aneksasie van die Vatikaan vir die Franse ryk.
- 1814 – Noorweë verkry ´n eie grondwet.
- 1814 – Beheer oor Monaco verwissel van Frankryk na Oostenryk.
- 1846 – Die saxofoon word deur Adolphe Sax gepatenteer.
- 1875 – Aristides wen die eerste Kentucky Derby.
- 1902 – Die argeoloog Spyridon Stais vind die Antikythera meganisme.
- 1915 – Die val van die laaste Britse Liberale Party-regering (Herbert Henry Asquith).
- 1933 – In die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing steun kiesers die gedagte van samesmelting tussen die Suid-Afrikaanse Party en Nasionale Party.
- 1933 – Vidkun Quisling en Johan Bernhard Hjort vorm die Nasjonal Samling – die nasionaal-sosialistiese party van Noorweë.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland beset Brussels, België.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Oorlewende Britse Lugmag Dam Busters keer terug.
- 1943 – Die Amerikaanse Leër sluit ’n kontrak met die Universiteit van Pennsilvanië se Moore School om die ENIAC te ontwikkel.
- 1944 – Tipe IX duikboot U-884 word te water gelaat.
- 1967 – Sesdaagse Oorlog: President Abdul Nasser van Egipte dring aan op die ontbinding van die VN vredesmag in Israel.
- 1969 – Wenera-ruimteprogram: Die Russiese Wenera 6 begin sy landing op Venus, voor dit vernietig word deur atmosferiese druk.
- 1970 – Thor Heyerdahl seil vanaf Marokko op die papirus boot Ra II om die Atlantiese Oseaan te bevaar.
- 1971 – Swartrenosters in die Krugerwildtuin hervestig.
- 1983 – Libanon, Israel en die Verenigde State teken 'n ooreenkoms vir die onttrekking van Israel uit Libanon.
- 1987 – Iran-Irakse Oorlog: Die USS Stark (FFG-31) word getref deur 'n missiel van 'n Irakse Mirage-vliegtuig. Van die bemanning sterf 37 en 21 word gewond.
- 1995 – Jacques Chirac word president van Frankryk.
- 1999 – Ehud Barak verkies as Eerste Minister van Israel.
Geboortes
- 1682 – Bartholomew Roberts, Walliese seerower aan die kus van die Amerikas en Wes-Afrika († 1722).
- 1747 – Johannes Theodorus van der Kemp, Nederlandse militêre offisier, dokter en sendeling van die Londense Sendinggenootskap († 1811).
- 1749 – Edward Jenner, Britse dokter wat 'n entstof teen pokke ontwikkel het († 1823).
- 1866 – Erik Satie, Franse pianis en komponis († 1925).
- 1867 – Gerrit Mannoury, Nederlandse filosoof en wiskundige († 1956).
- 1898 – Dr. F.C.L. Bosman, lektor, skrywer en redakteur van Afrikaanse geskrifte († 1981).
- 1904 – Jean Gabin, Franse akteur († 1976).
- 1911 – Maureen O'Sullivan, Iers-Amerikaanse aktrise († 1998).
- 1921 – Dennis Brain, Britse virtuoos horingspeler († 1957).
- 1922 – Stephanus Francois Kotzé, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Plurale Ontwikkeling († 2005).
- 1922 – Antje Weisgerber, Duitse aktrise († 2004).
- 1924 – Hannes Messemer, Duitse akteur († 1991).
- 1926 – Dmitri Romanowitsj Romanof, Russiese prins, bankier, filantroop en skrywer († 2016).
- 1928 – Idi Amin, Afrika-diktator, president van Uganda († 2003).
- 1929 – Jo Onderstall, Suid-Afrikaanse amateur-plantkundige († 2016).
- 1936 – Dennis Hopper, Amerikaanse akteur († 2010).
- 1946 – Udo Lindenberg, Duitse musikant.
- 1949 – Aletta Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse aktrise († 2024).
- 1955 – Dr. Theuns Eloff, Suid-Afrikaanse akademikus en politieke aktivis.
- 1955 – Bill Paxton, Amerikaanse akteur.
- 1956 – Sugar Ray Leonard, Amerikaanse bokser.
- 1956 – Bob Saget, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1961 – Enya (Eithne Patricia Ní Bhraonáin), Ierse sangeres.
- 1961 – Máxima Zorreguieta, koningin van die Nederlande (sedert April 2013), eggenote van koning Willem-Alexander.
Sterftes
- 1510 – Sandro Botticelli, Italiaanse skilder en tekenaar van die vroeë renaissance.(* 1445).
- 1587 – Gotthard von Kettler, laaste Landmeester van die Duitse Orde in Lyfland en vanaf 1561 die eerste Hertog van Koerland en Semgale (* 1517).
- 1727 – Katharina I van Rusland, keiserin van Rusland en vrou van tsaar Pieter die Grote. (* 1684).
- 1765 – Alexis-Claude Clairaut, Franse wiskundige, fisikus en denker (* 1713).
- 1838 – Charles Maurice de Talleyrand, Franse diplomaat (* 1754).
- 1886 – John Deere, Amerikaanse grofsmid en uitvinder (* 1804).
- 1935 – Paul Dukas, Franse komponis (* 1865).
- 1973 – Maggie Laubser, Suid-Afrikaanse skilder (* 1886).
- 1977 – M.L. de Villiers, Afrikaanse predikant en musikus, komponis van Die Stem van Suid-Afrika (* 1885).
- 1978 – Armin Wegner, Duitse skrywer en menseregte-aktivis (* 1886).
- 2012 – Donna Summer, Amerikaanse sangeres (* 1948).
- 2023 – Ray Austin, Engelse akteur, regisseur en vervaardiger (* 1932).
- 2024 – Sid Going, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1943).
Vakansiedae
- Nasionale Dag van Noorweë (Grunnlovsdagen, "Grondwetdag").
- Bahá'í geloof – Fees van 'Azaamat (Grandeur) – Eerste dag van die vierde maand van die Bahá'í Kalender.
Gepubliseer
Teologie
- 1835 – Commissum divinitus: Oor Kerk en Staat - deur Pous Gregorius XVI.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar