<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
20 Mei is die 140ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (141ste in skrikkeljare). Daar volg nog 225 dae.
Gebeure
- 526 – Aardbewing: 300 000 mense sterf in Sirië en Antiochië.
- 1285 – Pous Honorius IV gekroon.
- 1293 – Koning Sancho IV van Castile stig die Studie van Algemene skole van Alcala.
- 1497 – John Cabot seil vanaf Bristol met sy skip Mathew opsoek na 'n roete na die weste (ander dokumente dui 'n datum van 2 Mei aan).
- 1498 – Portugese ontdekkingsreisiger Vasco da Gama arriveer by Kalkutta, Indië.
- 1521 – Slag van Pampeluna.
- 1524 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Porto en Santa Rufina.
- 1570 – Abraham Ortelius gee die eerste moderne atlas uit.
- 1574 – Pous Gregorius XIII publiseer die bul Dominus ac Redemptor noster Jesus wat die Jubileum van 1575 aankondig.
- 1690 – Engeland keur die Act of Grace goed, en vergewe daardeur die aanhangers van Jakobus II.
- 1705 – Pous Clemens XI verklaar Theresa van Portugal heilig.
- 1753 – Pous Benedictus XIV verklaar Juliana van Collalto salig.
- 1776 – Pous Pius VI stel Guido Calcagnini, biskop van Osimo en Cingoli en Angelo Maria Durini, titulêr aartsbiskop van Ancira, president van Avignon, aan as kardinale.
- 1845 – Die HMS Erebus en Terror met 134 mans onder John Franklin seil vanaf die Teemsrivier en begin 'n mislukte ekspedisie om die Noordwestelike weg te vind.
- 1862 – President Abraham Lincoln onderteken die Homestead Act.
- 1874 – Levi Strauss en Jacob Davis verkry 'n VSA-patent vir blou denimbroeke (jeans) met koper klinknaels.
- 1882 – Drievoudige alliansie tussen Duitsland, Oostenryk-Hongarye en Italië.
- 1891 – Eerste publieke vertoning van Thomas Edison se prototipe kinetoskoop.
- 1902 – Kuba verkry onafhanklikheid van die Verenigde State.
- 1916 – Die eerste uitgawe van die maandblad De Huisgenoot verskyn, voorloper van die weekblad Huisgenoot.
- 1927 – Verdrag van Jedda: Saudi Arabië word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1927 – Teen 7:52 vm vertrek Charles Lindbergh vanaf Roosevelt-vliegveld in Long Island, New York op die wêreld se eerste solo ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan (hy land by Le Bourget-vliegveld in Parys teen 10:22 nm die volgende dag).
- 1932 – Amelia Earhart vertrek op die wêreld se eerste solo ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan deur 'n vroulike vlieënier.
- 1940 – Holocaust: Die eerste gevangenes arriveer by 'n nuwe konsentrasiekamp by Auschwitz.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van Kreta - Duitse troepe val Kreta binne.
- 1954 – Chiang Kai-shek word herverkies as President van die Republiek China op Taiwan.
- 1965 – 'n Boeing 720-B van die Pakistanse Lugredery val tydens landing by die Kaïro Internasionale Lughawe, Egipte. 121 mense sterf.
- 1983 – Agtien mense sterf in die Kerkstraat-bomontploffing in Pretoria en 217 word beseer.
- 1985 – Propaganda: Radio Marti, deel van die "Voice of America"-diens, begin na Kuba uit te saai.
- 1990 – Die eerste post-Kommunistiese presidensiële en parlementêre verkiesings word in Roemenië gehou.
- 2002 – Herstel van Oos-Timor se onafhanklikheid van Indonesië.
Geboortes
- 1806 – John Stuart Mill, Engelse filosoof († 1873).
- 1860 – Eduard Buchner, Duitse chemikus en simoloog († 1917).
- 1901 – Max Euwe, Nederlandse wêreld-skaakkampioen († 1981).
- 1905 – Gerrit Achterberg, Nederlandse digter († 1962).
- 1908 – James Stewart, Amerikaanse akteur († 1997).
- 1908 – Bernard Glemser, skrywer van fiksie-, niefiksie- en kinderboeke († 1990).
- 1912 – M.I. Finley, Britse akademikus, navorser. klassikus en skrywer († 1986).
- 1919 – George Gobel, Amerikaanse komediant († 1991).
- 1921 – Hendrik Vermooten, 'n Suid-Afrikaanse argitek wat 144 Afrikaanse kerkgeboue ontwerp het († 2013).
- 1941 – Goh Chok Tong, Singapoerse politikus.
- 1944 – Joe Cocker, Engelse sanger († 2014).
- 1945 – Justin Cartwright, Britse skrywer († 2018).
- 1946 – Cher, Amerikaanse sangeres.
- 1959 – Bronson Pinchot, Amerikaanse akteur.
- 1979 – Jakkie Louw, Afrikaanse musikant.
Sterftes
- 1277 – Pous Johannes XXI, die 187ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1215).
- 1506 – Christopher Columbus, ontdekkingsreisiger (* 1451).
- 1622 – Osman II, sultan van Turkye en keiser van die Ottomaanse Ryk (* 1604).
- 1755 – Johann Gmelin, Duitse botanis, geograaf en ontdekkingsreisiger in Siberië (* 1709).
- 1896 – Clara Schumann, Duitse pianis, komponis en pedagoog, en eggenote van Robert Schumann (* 1819).
- 1989 – Gilda Radner, Amerikaanse komediant, aktrise (* 1946).
- 1996 – Jon Pertwee, Engelse akteur (* 1919).
- 2019 – Niki Lauda, Oostenrykse Formule Eenrenjaer en 'n driemalige wêreldkampioen (* 1949).
Vakansiedae
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar