<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
21 Februarie is die 52ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 313 dae in die res van die jaar (314 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1477 – Kardinaal Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) sluit aan by die Kurie.
- 1533 – Pous Clemens VII stel Esteban Merino, patriarg van Wes-Indië, aan as kardinaal.
- 1578 – Pous Gregorius XIII stel nog 9 kardinale aan. Een van hulle, Fernando de Toledo Oropesa, priester van Toledo, weier die aanstelling.
- 1600 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word kardinaal van Trastevere.
- 1613 – Mikchail I word eenparig deur die Zemsky Sobor tot Tsaar verkies en begin daarmee die Romanofdinastie in Keiserlike Rusland.
- 1775 – Pous Pius VI word tot biskop gewy.
- 1794 – Pous Pius VI stel agt nuwe kardinale aan, waaronder Jean-Siffrein Maury, aartsbiskop-biskop van Montefiascone en Corneto.
- 1794 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word titulêr aartsbiskop van Tirus en nuntius in Lucerne.
- 1804 – Die eerste selfaangedrewe stoomenjin of lokomotief, gebou deur Richard Trevithick, loop vir die eerste keer in Wallis.
- 1848 – Die Kommunistehandves deur Karl Marx en Friedrich Engels word vir die eerste keer gepubliseer.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Verdun begin.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die troepskip SS Mendi sink met 'n verlies van 805 Suid-Afrikaanse soldate.
- 1931 – Pous Pius XI verklaar Pous Benedictus XIII tot Dienaar van God.
- 1947 - Koning George VI van die Verenigde Koninkryk open die Suid-Afrikaanse Parlement in Kaapstad.
- 1952 – Betogers in Dhaka, Oos-Pakistan stap teen militêre geweervuur in om die vestiging van Bengaals as 'n amptelike taal te vestig.
- 1965 – Swart Nasionalis Malcolm X sterf in 'n sluipmoordaanval op lede van die Nation of Islam in New York Stad.
- 1960 – Fidel Castro nasionaliseer alle privaatondernemings in Kuba.
- 1987 – Die leiers van die Action Directe, 'n linksgesinde terreurorganisasie, word op 'n plaas naby Orléans, Frankryk, deur die polisie betrap.
- 2022 – Die Russiese president Wladimir Poetin onderteken 'n wet waardeur die selfverklaarde Volksrepubliek Donetsk en Volksrepubliek Loehansk deur Rusland as onafhanklike republieke erken word.
Geboortes
- 1397 – Isabel de Portugal, Eggenoot van hertog Filips III van Boergondië, moeder van Karel die Stoute.
- 1484 – Joachim I, Duitse keurvors van Brandenburg.
- 1490 – Hans Dürer, Duitse skilder en tekenaar.
- 1541 – Philipp V van Hanau-Lichtenberg, Duitse graaf van Hanau-Lichtenberg.
- 1556 – Sethus Calvisius, Duitse komponis, Thomaskantor in Leipzig, Astronoom en wiskundige.
- 1591 – Gérard Desargues, Franse argitek en wiskundige.
- 1594 – Johann Ernst I, Duitse hertog van Sakse-Weimar.
- 1609 – Raimondo Montecuccoli, Oostenrykse veldheer, diplomaat en vors.
- 1617 – Johann Heinrich von Dünewald, Oostenrykse generaal-veldmaarskalk.
- 1632 – Aegidius Strauch II, Duitse lutherse teoloog.
- 1675 – Franz Xaver Josef von Unertl, Beierse minister.
- 1690 – Christoph Stoltzenberg, Duitse komponis.
- 1728 – Pieter III van Rusland, tsaar van Rusland († 1762)
- 1727 – Christian Just Wiedeburg, Duitse regswetenskaplike en beampte van Sakse-Weimar-Eisenach.
- 1731 – Anton von Störck, Oostenrykse dokter.
- 1755 – Carl Heinrich August von Lindenau, Pruisiese luitenantgeneraal.
- 1759 – Ludovike Simanowiz, Duitse skilder.
- 1770 – Georges Mouton de Lobau, Franse generaal en maarskalk.
- 1777 – Johann Heinrich Leberecht Pistorius, Duitse koopman, boer en uitvinder.
- 1779 – Friedrich Carl von Savigny, Duitse regswetenskaplike en stigter van die "Historischen Rechtsschule".
- 1785 – Karl August Varnhagen von Ense, Duitse skrywer en biograaf.
- 1791 – Carl Czerny, Oostenrykse pianis.
- 1791 – John Mercer, Britse chemikus.
- 1792 – Albert Schiffner, Duitse aardrykskundige.
- 1794 – Antonio López de Santa Anna, Mexikaanse generaal en politikus.
- 1795 – Francisco Manuel da Silva, Brasiliaanse komponis.
- 1796 – Johann Jakob Aenishänslin, Switserse politikus.
- 1836 – Léo Delibes, Franse komponis († 1891).
- 1865 – Walter Boveri, Switserse ondernemer, medestigter van die firma Brown, Boveri & Cie (BBC), later ABB.
- 1876 – Sophie von Arnim, Duitse skrywer.
- 1877 – Totius, Suid-Afrikaanse digter, predikant en hoogleraar aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk († 1953).
- 1889 – Pieter van der Byl, Suid-Afrikaanse kabinetsminister van die Verenigde Party († 1975).
- 1898 – Ernst Meyer, Switserse geskiedkundige.
- 1903 – Gerard Rissik, Suid-Afrikaanse bankier en die vierde president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank († 1979).
- 1908 – Hans Ertl, Duitse bergklimmer en oorlogsverslaggewer.
- 1909 – Hans Erni, Switserse skilder en beeldhouer.
- 1910 – Douglas Bader, Britse Koninklike Lugmag, bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog. († 1982).
- 1921 – John Rawls, Amerikaanse filosoof († 2002).
- 1924 – Robert Mugabe, Zimbabwiese politikus en staatsman, President van Zimbabwe († 2019).
- 1933 – Nina Simone, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer, pianis en menseregte-aktivis († 2003).
- 1944 – Herman De Coninck, Belgiese digter, essayis, joernalis en uitgewer († 1997).
- 1946 – Alan Rickman, Britse akteur († 2016).
- 1962 – Chuck Palahniuk, Amerikaanse skrywer.
- 1963 – William Baldwin, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1972 – Mark Andrews, 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1972 – Jordan Peele, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 1437 – Jakob I, koning van Skotland.
- 1490 – Ubaidullah Ahrar, sjeig van die Naqschbandi-Orde.
- 1513 – Pous Julius II, 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 5 Desember 1443).
- 1537 – Girolamo Accoramboni, Italiaanse dokter en filosoof.
- 1554 – Hieronymus Bock, Duitse botanikus, dokter en lutherse predikant.
- 1554 – Sibylle von Jülich-Kleve-Berg, oudste dogter van hertog Johann III.
- 1571 – Melchior Kling, Duitse regswetenskaplike.
- 1616 – Jakob Bording, Duitse regsgeleerde en burgemeester van die stad Lübeck.
- 1633 – Karl Hannibal von Dohna, Duitse landheer in Oberlausitz.
- 1653 – Adriaan Pauw, Nederlandse politikus.
- 1677 – Baruch Spinoza, Nederlandse filosoof (* 1632).
- 1730 – Pous Benedictus XIII, 245ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 2 Februarie 1649).
- 1824 – Eugène de Beauharnais, stiefseun van Napoleon.
- 1854 – Johann Heinrich Moritz von Poppe, Duitse wiskundige en fisikus.
- 1856 – Paul von Prittwitz, Russiese generaal-luitenant en senator.
- 1899 – Ds. Pieter Adam Strasheim, vader van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe (* 1851).
- 1909 – Xaver Imfeld, Switserse kartograaf.
- 1918 – Ludwig Johannes Tschischko, Lettiese prediker en protestantse martelaar (* 1858).
- 1918 – Heinrich Leonhard Adolphi, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1852).
- 1928 – Hans von Koester, Duitse admiraal.
- 1974 – Lewis Martin, Amerikaanse akteur (* 1895).
- 2005 – Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928).
- 2018 – Billy Graham, Amerikaanse evangelis (* 1918).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Internasionale Moedertaaldag word gevier.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar