<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
20 Februarie is die 51ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 314 dae in die res van die jaar (315 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1193 – Pous Celestinus III benoem Cencio Savelli (later Pous Honorius III) as kardinaal-diaken van St. Lucia in Sisilië.
- 1472 – Jakobus III van Skotland annekseer die Orkney- en Shetlandeilande van Denemarke-Noorweë.
- 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer Elapso poxime anno oor kettery en asiel.
- 1810 – Sluipmoord op Andreas Hofer, ’n Tiroolse patriot en leier van ’n opstand teen Napoleon se troepe.
- 1878 – Pous Leo XIII volg Pous Pius IX op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1913 – Koning O'Malley slaan die eerste paal in om die aanvang van die bou van Canberra aan te dui.
- 1938 – Die Switserse volk stem vir die aanvaarding van Reto-Romaans as die vierde amptelike taal van Switserland.
- 1959 – Die supersoniese stralerprogram, Avro Arrow, in Kanada word tot niet gemaak deur die regering van John George Diefenbaker.
- 1962 – John Glenn, word die eerste Amerikaner wat om die Aarde wentel in Friendship 7.
- 1965 – Die ruimtetuig Ranger 8 versend met sukses 7 137 foto's van die maan in die laaste 23 minute van sy sending voordat hy in Mare Tranquillitatis neerstort.
Geboortes
- 1844 – Ludwig Boltzmann, Oostenrykse wis- en natuurkundige († 1906).
- 1870 – Pieter Cornelis Boutens, Nederlandse digter en klassikus. († 1943).
- 1892 – Arthur Schröder, Duitse akteur († 1986).
- 1898 – Enzo Ferrari, Italiaanse motorrenjaer en entrepreneur († 1988).
- 1902 – Ansel Adams, Amerikaanse fotograaf († 1984).
- 1927 – Sidney Poitier, Amerikaans gebore akteur, regisseur, skrywer en diplomaat († 2022).
- 1930 – Prof. Cas Janse van Vuuren, Unisa se visekanselier van 1989 tot 1993 († 2014).
- 1936 – Marj Dusay, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 1948 – Jennifer O'Neill, Amerikaanse aktrise.
- 1951 – Gordon Brown, Britse politikus en Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk van 2007 tot 2010.
- 1960 – Fayez al-Sarraj, Premier van die regering van die nasionale akkoord (GNA) van Libië.
- 1964 – Willie Garson, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger († 2021).
- 1967 – Kurt Cobain, Amerikaanse sanger en kitaarspeler (Nirvana) († 1994).
- 1971 – Joost van der Westhuizen, Suid-Afrika se agt-en-veertigste Springbokkaptein († 2017).
- 1972 – Corinna Harney, Duitsgebore Amerikaanse fotomodel en aktrise.
- 1988 – Rihanna, sangeres-liedjieskryfster en aktrise.
Sterftes
- 743 – Eucherius, Waalse monnik en biskop (* c. 687).
- 1429 – Giovanni di Bicci de' Medici, Italiaanse bankier en stigter van die Medici Bank (* 1360).
- 1431 – Pous Martinus V, die 206de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* c. 1368).
- 1513 – Hans koning van Denemarke (* 1455).
- 1778 – Laura Bassi, Italiaanse fisikus en akademikus (* 1711).
- 1895 – Frederick Douglass, Amerikaanse sosiale hervormer, slawernyafskaffingsaktivis, redenaar, skrywer en staatsman (* 1817).
- 1907 – Henri Moissan, Franse chemikus, apteker en Nobelpryswenner (* 1852).
- 1950 – Duggie Morkel, Suid-Afrika se tiende Springbokkaptein (* 1885).
- 1963 – Ferenc Fricsay, Hongaarse dirigent (* 1914)
- 1966 – Louise Guthrie, Suid-Afrikaanse plantkundige en botaniese kunstenaar (* 1879).
- 1966 – Chester W. Nimitz, vlootadmiraal in die Amerikaanse Vloot (* 1885).
- 1969 – Ernest Ansermet, Switserse dirigent (* 1883).
- 1972 – Maria Goeppert-Mayer, Duits-gebore Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelpryswenner in Fisika (* 1906).
- 1976 – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige (* 1886).
- 2005 – Dalene Matthee, Afrikaanse skryfster (* 1938).
- 2005 – Raymond Mhlaba, Anti-apartheidsaktivis en politikus (* 1920).
- 2022 – H.O. de Villiers, Springbokheelagter in 1967 (* 1945).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 February. |
- Feesdag van Pous Agato in die Ortodokse Kerk.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar