<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
26 Februarie is die 57ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 308 dae in die res van die jaar (309 in skrikkeljare).
Gebeure
- 964 – Die afgesette Pous Johannes XII laat sy opvolger Pous Leo VIII afset en vervang met Pous Benedictus V.
- 1126 – Pous Honorius II keur die stigting van die Norbertyne-kloosterorde goed.
- 1266 – Koning Manfred van Sisilië sterf in die slag van Benevento in gevegte met Angeveense magte onder leiding van Charles, die Graaf van Anjou.
- 1424 – Pous Martinus V ontbind die konsilie van Sienna.
- 1561 – Pous Pius IV stel 18 nuwe kardinale aan, waaronder sy neef Mark Sittich von Hohenems.
- 1569 – Pous Pius V publiseer die bul Hebraeorum Gens waarin Jode verban word uit die kerklike staat.
- 1815 – Napoleon Bonaparte ontsnap uit bannelingskap vanaf Elba.
- 1852 – HMS Birkenhead , 'n Britse troepeskip, vergaan by Danger Point met 'n groot verlies aan lewens. Die skip verwerf bekendheid vir die tradisie van "vroue en kinders eerste".
- 1935 – Adolf Hitler herstig die Duitse lugmag die Luftwaffe, en verbreek hiermee die Verdrag van Versailles wat na die Eerste Wêreldoorlog geteken is.
- 1935 – In Daventry, Engeland, demonstreer Robert Watson-Watt vir die eerste keer die gebruik van radar.
- 1993 – Wêreldhandelsentrum bomaanval: 'n Paneelwa gehuur deur Ramzi Yousef ontplof in die ondergrondse parkeerplek van die Wêreldhandelsentrum in New York Stad, ses mense sterf en meer as 1000 word beseer.
Geboortes
- 1361 – Wenzel van Luxemburg, Duitse koning, koning van Bohemië († 1419).
- 1418 – Christoffel van Beiere, koning van Denemarke, Noorweë en Swede († 1448).
- 1694 – Karl Gottlob Sperbach, Duitse letterkundige en filoloog († 1772).
- 1802 – Victor Hugo, Franse skrywer, digter en dramaturg († 1885).
- 1811 – Sir Philip Wodehouse, Britse goewerneur van die Kaapkolonie († 1887).
- 1833 – Charles Murray, NG Kerk predikant en vierde seun van ds. Andrew Murray sr. († 1904).
- 1845 – Cornelis van Boeschoten, Nederlands-Transvaalse onderwyser en staatsman († 1927).
- 1845 – Aleksander III van Rusland, tsaar van Rusland († 1894).
- 1882 – Husband Kimmel, Amerikaanse admiraal († 1968).
- 1896 – Andrei Zhdanov, Sowjet leier en kulturele ideoloog († 1948).
- 1913 – Paula Styger, Suid-Afrikaanse aktrise († 2000).
- 1915 – Elisabeth Eybers, Afrikaanse digteres en ontvanger van die Hertzogprys († 2007).
- 1917 – George Claassen (snr.), wenner van die Comrades-maraton in 1961 († 2014).
- 1932 – Johnny Cash, Amerikaanse country-sanger († 2003)
- 1974 – Sébastien Loeb Franse professionele tydren-, wedren- en rallycross-renjaer.
- 1975 – Tunde Adebimpe, Amerikaanse akteur.
- 1982 – Li Na, Chinese beroepstennisspeler.
- 1984 – Minki van der Westhuizen, Suid-Afrikaanse model en televisiepersoonlikheid.
Sterftes
- 326 – Pous Aleksander I van Alexandrië 19de patriarg van die Kerk in Alexandrië. (* ?).
- 1935 – August Ahrbeck, Suid-Afrikaanse predikant en taalstryder (* 1851).
- 1966 – Minerva Urecal, Amerikaanse aktrise (* 1894).
- 1994 – Bill Hicks, Amerikaanse komediant (* 1961).
- 2009 – Wendy Richard, Engelse aktrise (* 1943).
- 2018 – Mies Bouwman, Nederlandse televisie-aanbieder (* 1929).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Vryheidsdag in Koeweit (1991);
- Feesdag van Pous Aleksander I van Alexandrië volgens die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 February. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar