<< | Oktober 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
19 Oktober is die 292ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (293ste in skrikkeljare). Daar volg nog 73 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 202 v.C. – Die Carthaagse generaal Hannibal word deur prokonsul Scipio Africanus van die Romeinse Republiek verslaan in die Slag van Zama, wat 'n einde bring aan die Tweede Puniese Oorlog.
- 615 – Pous Deusdedit volg Pous Bonifatius IV op.
- 1453 – Die Honderdjarige Oorlog kom in praktyk tot 'n einde met die verowering van Bordeaux deur die Franse van die Engelse, waarna die Engelse slegs Calais op die Franse vasteland behou.
- 1469 – Ferdinand II van Aragon trou met Isabella van Kastilië wat die weg baan vir die vereniging van Aragon en Kastilië in een land, Spanje.
- 1781 – Ná die nederlaag by die Slag van Yorktown, gee Britse magte onder Lord Charles Cornwallis amptelik oor; 'n einde word gebring aan die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog.
- 1943 – Streptomisien, die eerste antibiotiese middel teen tuberkulose, word deur navorsers by Rutgers-universiteit geïsoleer.
- 1951 – Britse magte beset die Suezkanaalgebied in 'n snelle dagbreekinval. Presies drie jaar later word die Suezkanaal-ooreenkoms geteken waarvolgens Britse magte oor die volgende 20 maande onttrek sou word.
- 1977 – Twee swart koerante (The World en The Weekend World) en 18 swart organisasies word deur die Suid-Afrikaanse regering verbied.
- 1985 – Die Suid-Afrikaanse Grand Prix vind plaas.
- 1986 – Die Mosambiekse presidensiële vliegtuig stort neer.
- 1987 – Die Dow Jones industriële indeks val met 22% op Swart Maandag, die grootste ineenstorting in die geskiedenis op een dag.
- 2014 – Pous Paulus VI word deur Pous Franciskus salig verklaar.
Geboortes
- 1582 – Dmitri Iwanowitsj van Rusland, seun van tsaar Iwan die Verskriklike († 1591).
- 1605 – Thomas Browne, Engelse digter en filosoof († 1682).
- 1858 – George Albert Boulenger, Belgies-Engelse dier- en plantkundige († 1937).
- 1862 – Auguste Lumière, Franse rolprentmaker († 1954).
- 1922 – Elsa Joubert, Afrikaanse skrywer († 2020).
- 1931 – John le Carré, Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale († 2020).
- 1932 – Robert Reed, akteur in o.m. The Brady Bunch († 1992).
- 1937 – Jonas Gwangwa, Suid-Afrikaanse jazz-musikant, liedjieskrywer en vervaardiger († 2021).
- 1956 – Santu Mofokeng, Suid-Afrikaanse fotograaf († 2020).
- 1963 – Mark Behr, Suid-Afrikaanse skrywer († 2015).
- 1976 – Pro Legoete, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter.
- 1977 – Gerrie Pretorius, bekende Afrikaanse minnesanger.
- 1984 – Presley Chweneyagae, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1990 – Faf de Klerk, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes
- 141 – Pous Eumenes van Alexandrië sewende patriarg van die Kerk in Alexandrië (* ?)
- 1187 – Pous Urbanus III, die 172ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1120).
- 1682 – Thomas Browne, Engelse digter en filosoof (* 1605).
- 1745 – Jonathan Swift, Anglo-Ierse satirikus, essayis, politiese pamfletmaker (* 1667).
- 1932 – Arthur Friedheim, Duits-Russiese pianis en komponis (* 1859).
- 1935 – Reenen J. van Reenen, ’n Afrikaanse skrywer en besproeiings-ingenieur (* 1884).
- 1937 – Ernest Rutherford, Nieu-Seelands-gebore Britse fisikus en Nobelpryswenner (* 1871).
- 1943 – Camille Claudel, Franse beeldhoudster (* 1864).
- 1944 – Deneys Reitz, Suid-Afrikaanse kabinetsminister, soldaat en skrywer (* 1882).
- 1945 – Richard Stuttaford, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman (* 1870).
- 1973 – Maria Malan, Suid-Afrikaanse premiersvrou (*1905).
- 1981 – Edmond Schietekat, Vlaamse digter (* 1933).
- 1981 – Dorothy Fischer, Suid-Afrika se eerste vroulike hartoorplantingspasiënt (* 1929).
- 1986 – Samora Machel, die president van Mosambiek en leier van FRELIMO (* 1933).
- 2007 – Jan Hendrik Wolkers, Nederlandse skrywer, beeldhouer en skilder (* 1925).
- 2017 – Piet van Maarleveld, legendariese beroepsfotograaf van Potchefstroom (* 1928).
- 2020 – Enzo Mari, Italiaanse modernistiese kunstenaar (* 1932).
- 2022 – Leopold Scholtz, Suid-Afrikaanse historikus, akademikus, skrywer en joernalis (* 1948).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Grondwetdag in Niue (1974).
- Moeder Teresadag in Albanië.
- Feesdag van Pous Eumenes van Alexandrië volgens die Kopties-Ortodokse kerk
Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 October. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar