<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
13 September is die 256ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (257ste in skrikkeljare). Daar volg nog 109 dae.
Gebeure
- 533 – Belisarius se legioene verslaan Gelimer en die Vandale by die Slag van Ad Decimum, waarmee die herowering van die Weste onder Bisantynse keiser Justinianus I begin.
- 604 – Pous Sabinianus volg Pous Gregorius I op.
- 1276 – Pous Johannes XXI volg Pous Adrianus V op.
- 1394 – Jode word uit Frankryk verdryf op bevel van Karel VI.
- 1515 – . 20 000-man van die probeer 'n 60 000-man Franse aanvalsmag in Noord-Italië stuit. Vir die eerste keer word kanonne grootskaals in 'n veldslag aangewend. Switserland verloor die veldslag en 12 000 Switsers sneuwel.
- 1677 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-priester van S. Maria in Trastevere.
- 1759 – Die Slag op die Abraham-Ebene by Québec beslis die Frans-Indiaanse oorlog in die guns van die Verenigde Koninkryk.
- 1838 – Pous Gregorius XVI stel Engelbert Sterckx, aartsbiskop van Mechelen, asook Filippo De Angelis, aartsbiskop-biskop van Montefiascone aan as kardinale.
- 1882 – Die magte van kolonel Ahmad Urabi, leier van die Egiptiese nasionalistiese beweging wat teen die Europees-ondersteunde regering van die Khedive Tawfiq rebelleer, word deur die Britse Leër onder sir Garnet Wolseley verslaan by die Slag van Tall al Kabir.
- 1922 – Hoogste temperatuur gemeet: 58 °C (opgeteken in al-Aziziyal in Libië).
- 1979 – Venda word die derde van vier Suid-Afrikaanse tuislande om onder die apartheidsbeleid 'onafhanklikheid' te verkry. Die onafhanklikheid word nêrens behalwe in Suid-Afrika en in die ander 'onafhanklike' tuislande erken nie.
- 1987 – Goiânia-voorval: 'n Radioaktiewe voorwerp word uit 'n verlate hospitaal in Goiânia, Brasilië, gesteel en baie mense word aan bestraling blootgestel.
- 1993 – Ná maandelange geheime onderhandelinge in Noorweë, word die Oslo-vredesverdrag in Washington, D.C. deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Israel onderteken.
Geboortes
- 1087 – Johannes II, keiser van die Bisantynse Ryk († 1143).
- 1801 – Alfred Donné, Franse bakterioloog, dokter en bekend vir die ontdekking van trichomonas vaginalis en leukemie; ook die uitvinder van die fotoëlektriese mikroskoop († 1878).
- 1814 – Nicolaas Beets, ook bekend onder die pseudoniem Hildebrand, was 'n Nederlandse skrywer, digter en hoogleraar († 1903).
- 1819 – Clara Schumann, Duitse pianis, komponis en klavierpedagoog en eggenote van Robert Schumann († 1896).
- 1830 – Marie von Ebner-Eschenbach, Oostenrykse skrywer († 1916).
- 1903 – Claudette Colbert, Frans-Amerikaanse aktrise († 1996).
- 1904 – Gladys George, Amerikaanse aktrise († 1954).
- 1908 – Mae Questel, Amerikaanse aktrise († 1998).
- 1910 – Helen Cohan, Amerikaanse aktrise († 1996).
- 1916 – Roald Dahl, Walliese romanskrywer († 1990).
- 1924 – Scott Brady, Amerikaanse akteur († 1985).
- 1925 – Mel Tormé, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en akteur († 1999).
- 1931 – Barbara Bain, Amerikaanse aktrise.
- 1939 – Richard Kiel, Amerikaanse akteur en stemkunstenaar († 2014).
- 1940 – Óscar Arias, president van Costa Rica, Nobelprys-wenner.
- 1941 – Tadao Ando, Japannese argitek.
- 1942 – Charles Nqakula, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1944 – Jacqueline Bisset, Engelse aktrise en vervaardiger.
- 1948 – Nell Carter, Amerikaanse aktrise en sangeres († 2003).
- 1951 – Salva Kiir Mayardit, Soedanese politikus, 1ste president van Suid-Soedan.
- 1951 – Jean Smart, Amerikaanse aktrise.
- 1957 – Bongbong Marcos, president van die Filippyne.
- 1966 – Maria Furtwängler, Duitse geneeskundige en aktrise.
- 1969 – Tyler Perry, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1969 – Shane Warne, Australiese krieketspeler († 2022).
- 1970 – Louise Lombard, Engelse aktrise.
- 1995 – Robbie Kay, Engelse akteur.
Sterftes
- 81 – Keiser Titus, die tiende Romeinse Keiser (* 39).
- 1506 – Andrea Mantegna, die eerste Renaissance kunstenaar van Noord-Italië (* 1431).
- 1592 – Michel de Montaigne, Franse filosoof en essayis (* 1533).
- 1598 – Filips II van Spanje, heerser van Kastilië (* 1527).
- 1872 – Ludwig Feuerbach, Duitse filosoof (* 1804).
- 1904 – J.W. van der Rijst, skrywer van die eerste handleiding vir Afrikaanse spraakkuns (* 1828).
- 1919 – Albert Henry Hime 'n Eerste Minister van Natal (* 1842).
- 1934 – Sam Allen, Amerikaanse akteur (* 1861).
- 1971 – Lin Biao, Chinese generaal en politikus.
- 1973 – Hettie Smit, skuilnaam van mev. S.J. van Vuuren, Afrikaanse skryfster (* 1908).
- 1973 – Betty Field, Amerikaanse aktrise (* 1913)
- 1977 – Leopold Stokowski, Britse dirigent (* 1882).
- 1987 – Mervyn LeRoy, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1900)
- 1996 – Tupac Shakur, Amerikaanse rapper, in Las Vegas doodgeskiet (* 1971).
- 1998 – Owen Horwood, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Finansies (* 1916).
- 1999 – Benjamin Bloom, Amerikaanse sielkundige en akademikus (* 1913).
- 2002 – George Hills, Britse geskiedkundige van Spaans-Britse afkoms (* 1918).
- 2022 – Jean-Luc Godard, Frans-Switserse filmregisseur, draaiboekskrywer en filmkritikus (* 1930).
- 2023 – Roger Whittaker, Britse sanger-liedjieskrywer en musikant (* 1936).
- 2024 – Pravin Gordhan, 'n Suid-Afrikaanse politikus en minister van finansies (* 1949).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Nicolaas I die Grote in die Rooms-Katolieke Kerk.
Gepubliseer
- 1758 – A Quo Die – Oor Christelike eenheid - deur Pous Clemens XIII.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 13 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar