<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
14 September is die 257ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (258ste in skrikkeljare). Daar volg nog 108 dae.
Gebeure
- 1515 – Slag van Marignano; koning Frans I verslaan die pouslike magte.
- 1752 – Die Britse Ryk neem die Gregoriaanse kalender aan en slaan elf dae oor (2 September is in dié jaar direk gevolg deur 14 September).
- 1812 – Napoleon se inval in Rusland: Napoleon en sy Grande Armée neem Moskou in, en vind die stad verlate en aan die brand.
- 1829 – Die Vrede van Adrianopel beëindig die Russies-Turkse Oorlog en die Griekse Onafhanklikheidsoorlog.
- 1854 – Tydens die Krimoorlog, die eerste moderne oorlog, begin die Beleg van Sewastopol.
- 1901 – Theodore Roosevelt word president van die VSA na die sluipmoord op president William McKinley.
- 1959 – Die Sowjetruimtetuig Loena 2 stort op die maan neer en word die eerste mensgemaakte voorwerp op die Maan.
- 1960 – In Bagdad word die Organisasie van die Petroleum Uitvoerlande (OPUL) gestig deur Iran, Irak, Koeweit, Venezuela en Saoedi-Arabië.
- 1985 – Die Sowjetunie verban 25 vermeende spioene as vergelding vir die 25 wat uit Brittanje gedeporteer is na die oorloop van die KGB-lid Oleg Gordievsky.
- 2019 – Hommeltuie en kruisermissiele word gebruik in 'n aanval op die Aramco-olieproduksiefasiliteite by Abqaiq en Khurais in die ooste van Saoedi-Arabië.
Geboortes
- 1486 – Cornelius Agrippa, okkultisme († 1535).
- 1580 – Francisco de Quevedo, Spaanse skrywer († 1645)
- 1769 – Alexander von Humboldt, Duitse wetenskaplike en ontdekkingsreisiger († 1859).
- 1889 – Leon Maré, Afrikaanse skrywer en Hertzogpryswenner vir prosa († 1983).
- 1896 – José Mojica, Meksikaanse operasanger, akteur en skrywer († 1974).
- 1910 – Jack Hawkins, Engelse akteur en vervaardiger († 1973).
- 1914 – Clayton Moore, Amerikaanse akteur († 1999).
- 1919 – Kay Medford, Amerikaanse aktrise († 1980).
- 1922 – Frances Bergen, Amerikaanse model en aktrise († 2006).
- 1925 – Ruth Mompati, Suid-Afrikaanse politikus en ambassadeur († 2015).
- 1928 – Humberto Maturana, 'n Chileense bioloog en filosoof († 2021).
- 1933 – Hans Faverey, Nederlandse digter van Surinaamse afkoms († 1990).
- 1933 – Zoe Caldwell, Australiese aktrise († 2020).
- 1933 – Harve Presnell, Amerikaanse akteur en sanger († 2009).
- 1935 – Wilna Snyman, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1936 – Walter Koenig, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1937 – Renzo Piano, Italiaanse argitek en ingenieur.
- 1944 – Joey Heatherton, Amerikaanse aktrise, sangeres en danseres.
- 1956 – Maxime Verhagen, Nederlandse historikus en politikus, lid van CDA-party.
- 1957 – Kepler Wessels, Suid-Afrikaans-Australiese internasionale krieketspeler.
- 1960 – Melissa Leo, Amerikaanse aktrise.
- 1960 – Anthony Addabbo, Amerikaanse akteur († 2016).
- 1964 – Faith Ford, Amerikaanse aktrise.
- 1968 – Michelle Stafford, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1969 – Kallie Kriel, HUB van die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie AfriForum.
- 1971 – Kimberly Williams-Paisley, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1980 – Ayọ, Duitse sanger-liedjieskrywer en aktrise.
- 1983 – Amy Winehouse, Engelse sangeres-liedjieskrywer († 2011).
- 1989 – Jessica Brown Findlay, Engelse aktrise.
- 1989 – Logan Henderson, Amerikaanse akteur en sanger-liedjieskrywer.
- 1991 – Shayne Topp, Amerikaanse akteur en skrywer.
Sterftes
- 891 – Pous Stefanus V, die 110de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1523 – Pous Adrianus VI, die 218de pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Rome (* 1459).
- 1836 – Aaron Burr, Amerikaanse politikus en avonturier (* 1756).
- 1851 – James Fenimore Cooper, Amerikaanse skrywer (* 1789).
- 1852 – Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington, Britse generaal en staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1769).
- 1901 – William McKinley, Amerikaanse staatsman en 25ste President van die Verenigde State (* 1843).
- 1916 – José Echegaray, Spaanse dramaturg en politikus en Nobelprys-wenner (* 1832).
- 1932 – Jean Cras, Bretonse komponis en vlootoffisier. (* 1879).
- 1970 – Rudolf Carnap, Duitse filosoof (* 1891).
- 1982 – Prinses Grace van Monaco, beserings as gevolg van 'n motorongeluk (* 1929).
- 1982 – Christian Ferras, Franse violis (* 1933).
- 1989 – Wynnie Schumann, Suid-Afrikaanse opvoedkundige (* 1903).
- 1996 – Helen Cohan, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 1996 – Juliet Prowse, Amerikaanse aktrise (* 1936).
- 2000 – Tini Vorster, voormalige presidentsvrou van Suid-Afrika (* 1917).
- 2019 – Jean Heywood, Britse aktrise (* 1921).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar