<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
15 September is die 258ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (259ste in skrikkeljare). Daar volg nog 107 dae.
Gebeure
- 1590 – Pous Urbanus VII volg Pous Sixtus V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1644 – Pous Innocentius X volg Pous Urbanus VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1784 – Vincenzo Lunardi laat die eerste waterstofballon opstyg.
- 1835 – Charles Darwin bereik die Galápagos Eilande, waar hy begin om sy teorieë oor evolusie te ontwikkel.
- 1879 – Anglo-Zoeloe-oorlog: Die Zoeloekoning Cetshwayo kaMpande word as krygsgevangene na Kaapstad gestuur waar hy in die Kasteel die Goeie Hoop gevange gehou word.
- 1910 – Eerste Volksraadsverkiesing in Suid-Afrika na Uniewording.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Tenks word vir die eerste keer gebruik tydens die Slag van die Somme deur Brittanje.
- 1935 – Nazi-Duitsland stel die Neurenbergse Wette in wat Duitse Jode burgerskap ontneem, en neem 'n nuwe vlag met die swastika aan.
- 1945 – Die ringskommissie van Bulawayo besluit om die NG gemeente Mufulira van NG gemeente Nkana af te stig.
- 1963 – 'n Bomontploffing, waarin verskeie kinders sterf, ruk die '16th Street' Baptiste-kerk, 'n Afrikaan-Amerikaanse kerk in Birmingham, Alabama.
- 1966 – Brittanje laat die HMS Resolution te water, die eerste volwaardige Britse kernaangedrewe duikboot.
- 2008 – Na marathon-onderhandelinge gelei deur pres. Thabo Mbeki, teken die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, en twee opposisieleiers, Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, 'n magsdelingsooreenkoms.
Geboortes
- 1254 – Marco Polo, een van die eerste (tesame met sy pa en oom) westerlinge om met die syroete na China te reis († 1324).
- 1613 – François de La Rochefoucauld, Franse skrywer († 1680).
- 1789 – James Fenimore Cooper, Amerikaanse skrywer († 1851).
- 1857 – William Howard Taft, 27ste President van die Verenigde State († 1930).
- 1858 – Jenő Hubay, Hongaarse violis en komponis († 1937).
- 1871 – I.W. Schlesinger, sakemagnaat en baanbreker van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf († 1949).
- 1890 – Agatha Christie, Engelse speurverhaalskryfster († 1976).
- 1892 – Helena Lochner, Afrikaanse skryfster († 1951).
- 1895 – Dr. Jan van Bruggen, Afrikaanse digter, skrywer, onderwyser en dosent († 1948).
- 1919 – Dirk van der Walt, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 1985).
- 1933 – Rubem Alves, Brasiliaanse teoloog, filosoof, opvoeder, skrywer en psigoanalis († 2014).
- 1942 – Emmerson Mnangagwa, Zimbabwiese politikus en 3de president.
- 1945 – Jessye Mae Norman 'n Amerikaanse sopraan († 2019)
- 1946 – Mike Procter, Suid-Afrikaanse krieketkaptein en keurder († 2024).
- 1947 – Sandra Prinsloo, Afrikaanse aktrise-regisseur.
- 1957 – Fulton Allem, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 1962 – François Bloemhof, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1984 – Prins Harry, Hertog van Sussex, tweede seun van Charles III en prinses Diana.
Sterftes
- 668 – Constans II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 630).
- 1859 – Isambard Kingdom Brunel, Engelse meganiese en siviele ingenieur (* 1806).
- 1914 – Koos de la Rey, Boeregeneraal gedurende die Anglo-Boereoorlog (* 1847).
- 1927 – Herman Gorter, Nederlandse digter. (* 1864).
- 1975 – Antoine Abed, aartsbiskop van die Maroniet-Katolieke kerk in Tripoli, Libanon (* 1896).
- 1981 – Harold Bennett, Britse akteur (* 1899).
- 1995 – Dirceu José Guimarães, Brasiliaanse sokkerspeler (* 1952).
- 2006 – Oriana Fallaci, Italiaanse joernalis en skryfster (* 1929).
- 2010 – Bettie Cilliers-Barnard, Suid-Afrikaanse skilderes (* 1914).
- 2014 – Nikolaas Romanowitsj Romanof, Russiese prins (* 1922).
- 2017 – Harry Dean Stanton, Amerikaanse akteur (* 1926).
- 2020 – Moussa Traoré, Malinese militaris en politikus (* 1936).
- 2021 – Norman Bailey, Engelse operasanger (* 1933).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Onafhanklikheidsdag in Costa Rica, Guatemala, Honduras, Nicaragua en El Salvador (1821)
Wikimedia Commons bevat media in verband met 15 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar