<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
19 September is die 262ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (263ste in skrikkeljare). Daar volg nog 103 dae.
Gebeure
- 1616 – Pous Paulus V stel ses kardinale aan, waaronder Alessandro Ludovisi, aartsbiskop van Bologna (later Pous Gregorius XV).
- 1650 – Pous Innocentius X stel sy familielid, Camillo Astalli-Pamphilj, aan as kardinaal.
- 1737 – Daniël van den Henghel begin sy termyn as waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie ná die dood van goewerneur Adriaan van Kervel.
- 1950 – J.G.N. Strauss word eenparig tot leier van die Verenigde Party verkies ná die dood van genl. Jan Smuts.
- 1983 – St. Kitts en Nevis word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1985 – 'n Aardbewing tref Meksikostad.
- 2002 – Rebelle neem beheer van die noorde van die Ivoorkus oor. In Abidjan word die voormalige president Guéi en 15 ander in sy huis vermoor.
- 2022 – Die staatsbegrafnis van koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk word in Westminster-abdy, Londen, gehou.
Geboortes
- 86 – Titus Aurelius Fulvus Boionius Arrius Antoninus, die latere keiser Antoninus Pius († 161).
- 866 – Leo VI, keiser van Bisantium († 912).
- 1416 – Piero di Cosimo de' Medici, de facto heerser van Florence tydens die Italiaanse Renaissance († 1469).
- 1839 – George Cadbury, Kwaker wat die Cadbury's kakao- en sjokolademaatskappy in Brittanje gestig het († 1922).
- 1911 – William Golding, Britse skrywer († 1993).
- 1912 – Kurt Sanderling, Duitse dirigent († 2011).
- 1927 – Rosemary Harris, Engelse aktrise.
- 1928 – Adam West, Amerikaanse akteur († 2017).
- 1933 – Ingrid Jonker, Afrikaanse digteres († 1965).
- 1933 – David McCallum, Skotse akteur.
- 1941 – Cass Elliot, Amerikaanse sangeres († 1974).
- 1942 – Hossein Amanat, Irannees-Kanadese argitek.
- 1945 - Randolph Mantooth, Amerikaanse akteur ("Emergency!").
- 1948 – Jeremy Irons, Engelse akteur.
- 1953 – Jessie Duarte, Suid-Afrikaanse ANC-politikus († 2022).
- 1964 – Trisha Yearwood, countrysangeres en aktrise.
- 1984 – Kevin Zegers, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 1737 – Goewerneur Adriaan van Kervel, hy was slegs drie weke in sy amp (* 1681).
- 1881 – James Garfield, die twintigste President van die Verenigde State (* 1831).
- 1898 – Sir George Grey, goewerneur van die Kaapkolonie (* 1812).
- 1935 – Konstantin Tsiolkofski, Russiese natuurkundige (* 1857).
- 1966 – Albert van der Sandt Centlivres, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1887).
- 1972 – Robert Casadesus, Franse pianis (* 1899).
- 1975 – Pamela Brown, Engelse aktrise (* 1917)
- 2016 – Allister Sparks, Suid-Afrikaanse koerantman (* 1933).
- 2017 – Jake LaMotta, Amerikaanse professionele bokser (* 1922).
- 2021 – Stephen Critchlow, Engelse akteur (* 1966).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar