<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
6 September is die 249ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (250ste in skrikkeljare). Daar volg nog 116 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1181 – Pous Lucius III word in sy amp bevestig in Velletri.
- 1688 – Die Turkse magte word by Belgrado verdryf.
- 1895 – NG gemeente Bulawayo as eerste gemeente noord van die Limpoporivier gestig.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Slag van die Marne begin tussen die Duitse en Franse Magte.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Suid-Afrika verklaar oorlog teen Duitsland.
- 1966 – In Kaapstad, Suid-Afrika, word die argitek van Apartheid, eerste minister Hendrik Verwoerd, in die parlement doodgesteek.
- 1968 – Swaziland word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1970 – Vier passasierstralers word tegelykertyd gekaap deur lede van die Populêre Front vir die Bevryding van Palestina (PFBP) waaronder Leila Khaled.
- 1989 – Laaste algemene verkiesing in die ou Suid-Afrika. Die Nasionale Party wen 89 setels, die Konserwatiewe Party 39 en die Demokratiese Party 33.
- 2022 – Russies-Oekraïnse Oorlog: Oekraïne begin sy Charkif-teenoffensief, verras Russiese magte en neem meer as 3 000 vierkante kilometer grond terug, en herower die hele Charkif-oblast wes van die Oskilrivier, binne die volgende week.
Geboortes
- 1698 – Jean Thurel, Franse soldaat († 1807).
- 1729 – Moses Mendelssohn, Duits-Joodse filosoof tydens die Verligting († 1786).
- 1766 – John Dalton, Engelse chemikus († 1844).
- 1811 – Joanna Courtmans, Vlaamse skryfster († 1890).
- 1852 – Schalk Willem Burger, Transvaalse politikus en waarnemende president van 1900 tot 1902 († 1918).
- 1884 – Bob Loubser, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus († 1962).
- 1911 – Alexis Preller, Suid-Afrikaanse skilder († 1975).
- 1958 – David Rattray, Suid-Afrikaanse geskiedkundige († 2007).
- 1973 – Mxolisi Kaunda, burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit en lid van die African National Congress.
- 1978 – Elma Postma, Suid-Afrikaanse aktrise en TV-aanbieder.
Sterftes
- 972 – Pous Johannes XIII, 133ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±938).
- 1683 – Jean-Baptiste Colbert, Franse politikus (* 1619).
- 1978 – Wena Naudé, Afrikaanse aktrise en toneelbaanbreker (* 1905).
- 1966 – Hendrik Frensch Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1901).
- 1988 - Axel von Ambesser, Duitse akteur (* 1910).
- 2018 – Burt Reynolds, Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1936).
- 2019 – Robert Mugabe, Zimbabwiese politikus en staatsman, president van Zimbabwe (* 1924).
- 2019 – Chester Williams, 'n Springbokrugbyspeler (* 1970).
- 2020 – Achmat Dangor, tussentydse direkteur vir die Wêreldvigsveldtog (* 1948).
- 2021 – Zanele kaMagwaza-Msibi, Suid-Afrikaanse politikus en president van die Nasionale Vryheidsparty (* 1962).
- 2023 – Raymond Ackerman, Suid-Afrikaanse kleinhandelmagnaat (* 1931).
- 2023 – Marcel Boiteux, Franse ekonoom, wiskundige en senior staatsdienslid wat as die "argitek van die Franse kernprogram” bekendgestaan het (* 1922).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 6 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar