<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
20 Julie is die 201ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (202de in skrikkeljare). Daar volg nog 164 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 514 – Pous Hormisdas volg Pous Simmachus op.
- 1230 – Verdrag van San Germano: Vrede tussen Pous Gregorius IX en keiser Frederik II.
- 1847 – Sonderbund-oorlog: Die Switserse Bondgenoodskap besluit om die Spesiale Bondgenootskap van Katolieke Kantone (“Sonderbund”) binne Switserland eensydig te ontbind.
- 1871 – Brits-Columbië word 'n provinsie van die Kanadese Konfederasie.
- 1900 – Op die plaas Blesbokfontein tussen Lindley en Heilbron vra Piet de Wet sy broer, genl. Christiaan de Wet, of hy regtig dink dit het enige nut om met die Anglo-Boereoorlog voort te gaan. Die broers is ná die rusie nooit versoen nie.
- 1933 – Pous Pius XI sluit 'n konkordaat met Duitsland.
- 1940 – Billboard magazine publiseer sy eerste Musiekgewildsheidsleer
- 1944 – Adolf Hitler oorleef die 20 Julie Komplot, 'n sluipmoordpoging gelei deur Claus von Stauffenberg.
- 1960 – Ceylon verkies Sirimavo Bandaranaike as Eerste Minister, die wêreld se eerste verkose vroulike regeringsleier.
- 1960 – Die kernaangedrewe duikboot, USS George Washington lanseer die eerste ballistiese missiel.
- 1969 – Die Apollo 11-tuig land op die maan en Neil Armstrong word die eerste mens wat op die maan loop.
- 1976 – Viking 1 land op Mars, en teken die eerste besoek vanaf die Aarde aan die planeet aan.
- 1987 – Apartheid: Die groep Afrikaanse Suid-Afrikaners wat tydens die Dakar-beraad met die ANC vergader het word deur die AWB op Jan Smuts Lughawe vyandig ingewag.
- 1989 – Die Mianmarese menseregteaktivis, Aung San Suu Kyi, word deur die regering onder huisarres geplaas.
Geboortes
- 1304 – Francesco Petrarca Italiaanse digter en prosaïs († 1374).
- 1519 – Giovanni Antonio Facchinetti (later Pous Innocentius IX) († 1591).
- 1822 – Gregor Mendel, Oostenrykse bioloog en ontdekker van die grondslag van die genetika († 1884).
- 1826 – Bernhard Riemann, Duitse wiskundige († 1866).
- 1905 – Stephanus du Toit, predikant en hoogleraar van die Gereformeerde Kerk († 1982).
- 1913 – Francois Krige, Suid-Afrikaanse kunstenaar. Broer van die skrywer Uys Krige († 1994).
- 1914 – John Phillips, Engelse akteur († 1995).
- 1919 – Sir Edmund Hillary, Nieu-Seeland, eerste persoon wat Everest suksesvol geklim het († 2008).
- 1924 – Lola Albright, Amerikaanse aktrise († 2017).
- 1924 – Hans Lodeizen, Nederlandse digter († 1950).
- 1925 – Jacques Delors, Franse politikus.(† 1950).
- 1929 – Jean Baudrillard, Franse sosioloog en filosoof († 2007).
- 1933 – Cormac McCarthy, Amerikaanse skrywer.
- 1938 – Margaret van der Post, Suid-Afrikaanse musiekonderwyser en sopraan.
- 1938 – Natalie Wood (Natasha Zakharenko), Amerikaanse filmaktrise († 1981).
- 1938 – Diana Rigg, Engelse aktrise. († 2020).
- 1943 – Wendy Richard, Engelse aktrise († 2009).
- 1953 – Thomas Friedman, Amerikaanse politieke kommentator en skrywer.
- 1964 – Deon Lotz, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1974 – Simon Rex, Amerikaanse akteur.
- 1978 – Charlie Korsmo, Amerikaanse akteur.
- 1978 – Maria Alexandrova, Russiese balletdanser.
- 1980 – Gisele Bündchen, Brasiliaanse fotomodel en aktrise.
- 1983 – Phumzile van Damme, uitgetrede DA-politikus.
- 1993 – Alycia Debnam-Carey, Australiese aktrise.
Sterftes
- 985 – Teenpous Bonifatius VII (* onbekend).
- 1160 – Petrus Lombardus, middeleeuse teoloog en skolastikus (* 1096).
- 1866 – Bernhard Riemann, Duitse wiskundige (* 1826).
- 1901 – Gezina Kruger, tweede vrou van pres. Paul Kruger (* 1831).
- 1903 – Pous Leo XIII, die 256ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1810).
- 1926 – Feliks Dzerzjinski, Russiese rewolusionêr en amptenaar (* 1877).
- 1937 – Guglielmo Marconi, Italiaanse natuurkundige en uitvinder (* 1874).
- 1944 – Ludwig Beck, Duitse generaal (* 1880).
- 1944 – Ds. David Wilcocks, Afrikaanse predikant wat tronkstraf uitgedien het vir dankgebede ná Boereoorwinnings by Colenso en Magersfontein (* 1861).
- 1973 – Bruce Lee (32), Chinees-Amerikaanse filmakteur, bekend vir sy Oosterse gevegskuns (* 1940).
- 2005 – James Doohan, Kanadese akteur (Montgomery Scott of "Scotty") in die TV-reeks Star Trek (* 1920).
- 2007 – Tammy Faye Messner, Amerikaanse sangeres (* 1942).
- 2021 – Rosa Smit, Afrikaanse digter en wenner van die Ingrid Jonkerprys vir haar poësie (* 1945)
- 2024 – Jan Groenewald, Suid-Afrikaans akteur, televisieredakteur en dramaturg (* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar