<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
16 Julie is die 197ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (198ste in skrikkeljare). Daar volg nog 168 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 622 – Begin van die Islamkalender.
- 1054 – Begin van die groot Oos-Wes-skisma.
- 1228 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Franciskus van Assisi heilig.
- 1560 – Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V) word konsulent van die Inkwisisie in Rome.
- 1705 – Pous Clemens XI publiseer die bul Vineam Domini teen die Jansenisme.
- 1721 – Pous Innocentius XIII stel Guillaume Dubois, aartsbiskop van Kameryk en Alessandro Albani, O.S.Io.Hieros., priester van die apostoliese kamer aan as kardinale.
- 1730 – Pous Clemens XII word gekroon deur kardinaal Lorenzo Altieri.
- 1746 – Pous Benedictus XIV publiseer Accepimus praestantium oor die kruisbeeld op die altaar tydens die mis.
- 1758 – Pous Clemens XIII word gekroon deur kardinaal Alessandro Albani.
- 1767 – Pous Clemens XIII verklaar Johannes van Kanti heilig.
- 1846 – Pous Pius IX verleen amnestie aan politieke gevangenes en dissidente.
- 1918 – Die Russiese tsaar Nikolaas II van Rusland en sy gesin word vermoor.
- 1945 – Manhattan-projek: Trinity, die eerste atoombomtoets word onderneem naby Alamogordo, Nieu Meksiko, VSA.
- 1948 – Die wêreld se eerste turboskroef aangedrewe passasiersvliegtuig, die Vickers Viscount, voltooi sy nooienvlug.
- 1965 – Die Mont Blanc-tonnel word in diens gestel.
- 1969 – Die Apollo 11-sending begin met die lansering van die Saturn V-vuurpyl by Kaap Kennedy as deel van die eerste sending om 'n man op die maan te land.
- 1979 – Saddam Hoessein neem oor as Irak se president.
- 1994 – Die planeet Jupiter word deur fragmente van die komeet Shoemaker-Levy 9 getref.
Geboortes
- 1678 – Jakob Hermann, 'n Switserse wiskundige wat op probleme in klassieke meganika gewerk het († 1733)
- 1834 – Adolf Lüderitz, 'n Duitse koopman en stigter van die eerste Duitse kolonie in Suidwes-Afrika, vandag Namibië († 1886).
- 1858 – Eugène Ysaÿe, Belgiese violis en komponis († 1931).
- 1860 – Otto Jespersen, Deense taalkundige († 1943).
- 1872 – Roald Amundsen, Noorse pool- en ontdekkingsreisiger († waarskynlik 18 Junie 1928).
- 1896 – Trygve Lie, Noorse politikus; van 1946-1952 sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 1968),
- 1906 – Vincent Sherman, Amerikaanse filmregisseur († 2006),
- 1907 – Barbara Stanwyck, Amerikaanse aktrise († 1990).
- 1911 – Ginger Rogers, Amerikaanse aktrise, danser en sanger († 1995).
- 1915 – Barnard Hughes, Amerikaanse akteur († 2006).
- 1947 – Roelf Meyer, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1948 – Pinchas Zukerman, Israeliese vioolspeler en dirigent.
- 1966 – Michael Horn, Suid-Afrikaans-gebore Switserse professionele ontdekkingsreisiger en avonturier.
- 1967 – Will Ferrell, Amerikaanse akteur en komediant.
- 1973 – Shaun Pollock, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1975 – Tim Guest, Engelse skrywer en joernalis († 2009).
- 1990 – James Maslow, Amerikaanse akteur en sanger
- 1996 – Luke Hemmings, Australiese sanger, lid van 5 Seconds of Summer
Sterftes
- 166 – Pous Keladionus van Alexandrië negende patriarg van die Kerk in Alexandrië (* ?)
- 1216 – Pous Innocentius III, die 176ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Perugia, Italië (* 1161).
- 1557 – Anna van Kleef, die vierde vrou van Hendrik VIII van Engeland (* 1515)
- 1594 – Thomas Kyd, Engelse dramaturg (* 1558)
- 1764 – Iwan VI van Rusland, tsaar van Rusland (* 1740).
- 1906 – Alfred Beit, Brits-Suid-Afrikaanse diamante- en goudmagnaat en filantroop (* 1853)
- 1918 – Anastasia Romanowa, groothertogin van Rusland (* 5 Junie 1901).
- 1918 – Nikolaas II van Rusland, laaste Tsaar van Rusland (* 1868).
- 1918 – Prinses Alix van Hesse-Darmstadt, vrou van Nikolaas II van Rusland. (* 1872).
- 1956 – Dr. Willem Petrus Steenkamp, Suid-Afrikaanse predikant, dokter en politikus (* 1879)
- 1967 – Frikkie Burgers, Suid-Afrikaanse vermaakkunstenaar, radio- en rolprentpersoonlikheid en orrelis. (* 1907).
- 1923 – Louis Couperus, Nederlandse romansier en digter (* 1863).
- 1982 – C.R. Swart, die laaste Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika en die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika (* 1894).
- 1989 – Herbert von Karajan, Oostenrykse dirigent (* 1908)
- 2019 – Johnny Clegg, Suid-Afrikaanse sanger (* 1953).
- 2023 – Jane Birkin, Engelse aktrise (* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesag van Pous Keladionus van Alexandrië volgens die Kopties-Ortodokse Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 16 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar