<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
27 Julie is die 208ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (209de in skrikkeljare). Daar volg nog 157 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1214 – Slag van Bouvines: Keiser Otto IV verloor.
- 1547 – Pous Paulus III stel Charles I de Guise de Lorraine en Giulio della Rovere aan as kardinale.
- 1757 – Pous Benedictus XIV verklaar (H)ugo degli Atti salig.
- 1829 – Pous Pius VIII stel Cesare Nembrini Pironi Gonzaga, biskop van Ancona en Umana en Remigio Crescini, O.S.B.Cas., biskop van Parma aan as kardinale.
- 1846 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word aartsbiskop van Perugia.
- 1865 – 'n Groep van 153 Walliese setlaars kom in die Chubut-vallei in Argentinië in Patagonië aan.
- 1890 – Vincent van Gogh skiet homself in die bors na 'n worsteling met depressie.
- 1921 – Navorsers aan die Universiteit van Toronto kondig die ontdekking van die hormoon insulien aan.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland loods die eerste lugaanval op Nantes, Frankryk.
- 1953 – 'n Skietstilstand beëindig die driejarige Korea-oorlog, wat tot die verdeling van die Koreaanse Skiereiland in Noord- en Suid-Korea lei.
- 1975 – Weens toenemende spanning in Angola sluit die Britse regering sy konsulaat en neem Britse burgers landuit.
- 1982 – Huursoldaatleier kolonel 'Mad Mike' Hoare word skuldig bevind aan die skaking van 'n vliegtuig om te ontsnap na die mislukte staatsgreeppoging in die Seychelle onder sy leiding.
- 1986 – Greg le Mond, 'n Amerikaner, word die eerste deelnemer van buite Europa wat die Tour de France wen.
- 1996 – 'n Pypbom ontplof tydens die Olimpiese Spele in Atlanta, Georgia, VSA. Twee mense sterf en 111 is beseer.
- 2011 – Suid-Soedan word die 54ste lidland van die Afrika-unie.
Geboortes
- 1452 – Ludovico Sforza, die Hertog van Milaan († 1508)
- 1866 – Prof. Nicolaas Johannes Brümmer, Afrikaanse skrywer, NG predikant en hoogleraar aan die Kweekskool († 13 Mei 1947).
- 1877 – Ernő Dohnányi, Hongaarse komponis, pianis en dirigent († 1960)
- 1881 – Hans Fischer, Duitse chemikus en Nobelpryswenner († 1945).
- 1910 – Lupita Tovar, Amerikaanse aktrise († 2016).
- 1935 – Petra Müller, Afrikaanse digter en skrywer († 2021).
- 1969 – Jonty Rhodes, voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1987 – Thamsanqa Gabuza, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1992 – Johan Goosen, Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler en Springboklosskakel.
Sterftes
- 1660 – Gerhard Coccejus, Duitse professor van regte, raadslid in Bremen (* 1601)
- 1844 – John Dalton, Engelse chemikus (* 1766).
- 1893 – Alois Hugo Nellmapius, Suid-Afrikaanse sakeman, nyweraar en baanbrekerbewaringskundige (* 1847).
- 1908 – Paul Homeyer, Duitse orrelis (* 1853).
- 1924 – Ferruccio Busoni, Italiaanse pianis, komponis, dirigent, skrywer, verwerker van musiek en pedagoog (* 1866).
- 1980 – Mohammad Reza Pahlavi, laaste sjah van Iran (* 1919).
- 2017 – Sam Shepard, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1943)
- 2018 – Bongani Mayosi, Suid-Afrikaanse professor in kardiologie (* 1967).
- 2022 – Mary Alice, Amerikaanse aktrise (* 1936).
- 2022 – Tony Dow, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1945).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 July. |
- José Celso Barbosa-dag in Puerto Rico.
- Feesdag van Pous Celestinus I in die Rooms-Katolieke Kerk.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar