<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
31 Julie is die 212de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (213de in skrikkeljare). Daar volg nog 153 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 432 – Pous Sixtus III volg Pous Celestinus I op.
- 768 – Teenpous Filippus word aangestel deur koning Desiderius van Lombardye.
- 1009 – Pous Sergius IV volg Pous Johannes XVIII op.
- 1667 – Die Verdrag van Breda beëindig die Tweede Engels-Nederlandse Oorlog.
- 1793 – Pous Pius VI publiseer "Ad nostras manus" teen die "Manifesto chretienne et de l'armee royale au peuple français à Clisson, ce premier Juin 1793" (Chistelike en koninklike leër se manifes aan die Franse burgers van Clisson op 1 Junie 1793).
- 1826 – In Valencia word die laaste "Ketter" teen die Rooms-Katolieke geloof onder die Inkwisisie tereggestel.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die slag van Passchendaele begin aan die Westelike Front.
- 1931 – Die Kalahari Gemsbok Nasionale Park word geproklameer.
- 1941 – Joodse volksmoord: Hermann Göring beveel SS generaal Reinhard Heydrich om 'n finale oplossing tot die Joodse kwessie te ontwikkel.
- 1964 – Ranger-program: Ranger 7, onbemande ruimtetuig bots teen die maan.
- 1971 – Apollo program: Die eerste Maankarretjie word tydens die Apollo 15 maansending gebruik.
- 1974 – Premier Ian Smith se Rhodesian Front wen die algemene verkiesing in Rhodesië.
- 1991 – Die VSA en die Sowjetunie teken 'n verdrag om opgehoopte kernwapenvoorrade met 'n derde te verminder.
- 2012 – Chad le Clos van Suid-Afrika wen 'n goue medalje in 200 m-vlinderslag tydens die Olimpiese Somerspele van 2012.
Geboortes
- 1396 – Filips die Goeie, die hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg († 1467).
- 1877 – Louisa Bolus, Suid-Afrikaanse plantkundige en herbariumhouer († 1970).
- 1885 – M.L. de Villiers, Afrikaanse predikant en musikus, komponis van Die Stem van Suid-Afrika († 1977).
- 1901 – Jean Dubuffet, Franse skilder en beeldhouer († 1985).
- 1909 – Gregoire Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunsskilder († 2005).
- 1919 – Primo Levi, Italiaans-Joodse chemikus, komponis en outeur († 1987).
- 1926 – Hilary Putnam, Amerikaanse, aktrise († 2016).
- 1929 – Don Murray, Amerikaanse akteur († 2024).
- 1932 – Sam Coppola, Amerikaanse akteur († 2012).
- 1938 – Marion Game, Franse aktrise († 2023).
- 1944 – Louis van Rensburg, Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer († 2012).
- 1972 – Michelle McLean, Namibiese aktrise en mannekyn.
- 1974 – Emilia Fox, Britse aktrise.
Sterftes
- 1784 – Denis Diderot, Franse skrywer en Verligtingsfilosoof (* 1713).
- 1875 – Andrew Johnson, die 17de President van die Verenigde State (* 1808).
- 1886 – Franz Liszt, Hongaarse komponis (* 1811).
- 1995 – James Phillips, alias Bernoldus Niemand, Suid-Afrikaanse rocksanger en liedjieskrywer. (* 1959).
- 2009 – Tim Guest, Engelse skrywer en joernalis (* 1975).
- 2012 – Johan van der Merwe, Afrikaanse akteur (* 1950).
- 2020 – Zamuxolo Peter, Suid-Afrikaanse politikus (* 1965).
- 2022 – Ayman al-Zawahiri, al-Kaïda leier (* 1951).
- 2024 – Ismail Haniyeh, Palestynse politieke leier van Hamas (* 1963).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Sint Ignatius van Loyola
Wikimedia Commons bevat media in verband met 31 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar