<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
8 Februarie is die 39ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 326 dae in die res van die jaar (327 in skrikkeljare).
Gebeure
- 419 – Keiser Honorius belê ’n sinode in Ravenna.
- 1475 – Pous Sixtus IV stel die groot aflaat van Chaumont in.
- 1587 – Koningin Mary I van Skotland word tereggestel by Fotheringhaykasteel onder verdenking daarvan dat sy betrokke was by die Babington Sameswering om haar niggie Koningin Elizabeth I van Engeland te vermoor.
- 1730 – Pous Benedictus XIII stel Alamanno Salviati, apostoliese protonotarius aan as kardinaal.
- 1881 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Ingogo vind plaas. Boere onder kommandant Nicolaas Smith verslaan luitenant-kolonel Ashburnham.
- 1904 – Die Russies-Japanse Oorlog begin met ’n verrassingstorpedoaanval deur die Japannese op Russiese skepe naby hedendaagse Lüshunkou, China.
- 1916 – Die Universiteit van Fort Hare word in Alice in die huidige Oos-Kaap geopen.
- 1933 – Die Boeing 247 onderneem sy eerste vlug.
- 1971 – Handel begin op NASDAQ, die wêreld se eerste elektroniese effektebeurs.
- 1977 - Sewe Rooms-Katolieke sendelinge word vermoor by die Musami-sendingstasie in Rhodesië.
- 1979 – Kolonel Denis Sassou-Nguesso word verkies as die nuwe President van die Volksrepubliek van Kongo.
Geboortes
- 412 – Proclus, Griekse filosoof en wiskundige († 485).
- 1405 – Konstantyn XI Palaiologos, die laaste Bisantynse keiser († 1453).
- 1688 – Emanuel Swedenborg, Sweeds-Lutherse teoloog, wetenskaplike, filosoof en mistikus († 1772).
- 1798 – Groothertog Michail Pawlowitsj van Rusland, jongste kind van die ses dogters en vier seuns van keiser Paul van Rusland († 1849).
- 1828 – Jules Verne, Franse skrywer († 1905).
- 1834 – Dmitri Mendelejef, Russiese chemikus († 1907).
- 1878 – Martin Buber, Oostenrykse-Israelies-Joodse godsdiensfilosoof († 1965).
- 1882 – Thomas Selfridge, eerste persoon wat gesterf het in 'n ongeluk met 'n kragaangedrewe vliegtuig († 1908).
- 1886 – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige († 1976).
- 1916 – Betty Field, Amerikaanse aktrise († 1973).
- 1925 – Jack Lemmon, Amerikaanse akteur († 2001).
- 1931 – James Dean, Amerikaanse akteur († 1955).
- 1942 – Tommy Bedford, Suid-Afrika se drie-en-dertigste Springbokkaptein.
- 1955 – John Grisham, Amerikaanse skrywer.
- 1961 – Vince Neil, Amerikaanse sanger.
- 1968 – Gary Coleman, Amerikaanse akteur († 2010).
- 1968 – Geoff Makhubo, Suid-Afrikaanse politikus en burgemeester van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit († 2021).
- 1974 – Seth Green, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 1204 – Alexios IV, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1182)
- 1587 – Maria I van Skotland, Koningin van Skotland (* 1542)
- 1676 – Aleksei van Rusland, tsaar van Rusland (* 1629).
- 1725 – Tsaar Pieter die Grote van Rusland (* 1672).
- 1849 – France Prešeren, Sloweense digter (* 1800).
- 1884 – Cetshwayo, koning van die Zoeloes (* c. 1826).
- 1889 – Hercules Crosse Jarvis, derde burgemeester van Kaapstad (* 1802).
- 1904 – Stephanus Postma, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1865).
- 1921 – Pjotr Kropotkin, Russiese dierkundige, geograaf en filoloog (* 1842).
- 1922 – Koos Sas, Suid-Afrikaanse misdadiger (* onbekend).
- 1999 – Iris Murdoch, Engelse skrywer en filosoof (* 1919).
- 2007 – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise (* 1967).
- 2012 – B.P.J. Erasmus, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1930).
- 2013 – Jan Ellis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (* 1942).
- 2023 – Burt Bacharach, Amerikaanse komponis en liedjieskrywer (* 1928).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 8 February. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar