<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
14 Mei is die 134ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (135ste in skrikkeljare). Daar volg nog 231 dae in die jaar.
Gebeure
- 1202 – Pous Innocentius III verklaar Wulstan, biskop van York, heilig.
- 1254 – Pous Innocentius IV maak Edmund Lancaster, die nege-jarige seun van Hendrik III van Engeland, koning van Sisilië.
- 1264 – Slag van Lewes: Hendrik III van Engeland gevange geneem in Frankryk en sodoende word Simon de Montfort die heerser van Engeland.
- 1509 – Slag van Agnadello: In Noord-Italië oorwin Franse magte Venesiërs.
- 1643 – Vierjarige Lodewyk XIV word Koning van Frankryk ná die dood van sy vader, Lodewyk XIII.
- 1796 – Die eerste inentings teen die pokke deur Edward Jenner.
- 1804 – Die Lewis-en-Clark-ekspedisie vertrek vanaf Kamp Dubois en begin hulle historiese reis deur in die Missouri-rivier op te vaar.
- 1870 – Die eerste rugbywedstryd in Nieu-Seeland gespeel in Nelson tussen Nelson College en die Nelson Rugby Football Klub.
- 1889 – Children's Cruelty Charity NSPCC in Londen gestig.
- 1900 – Die 1900 Somer Olimpiese Spele open in Parys, Frankryk.
- 1913 – Die Frans Hals Museum word geopen in Haarlem, Noord-Holland.
- 1927 – Cap Arcona te watergelaat, Blohm & Voss skeepswerf, in Hamburg.
- 1935 – Filippyne onderteken 'n onafhanklikheidsooreenkoms.
- 1939 – Lina Medina word die wêreld se jongste moeder in mediese geskiedenis op ’n ouderdom van 5 jaar.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse Luftwaffe bombardeer die Nederlandse stad Rotterdam.
- 1948 – David Ben-Gurion verklaar met die Israëliese onafhanklikheidsverklaring die onafhanklikheid van Israel en 'n voorlopige regering word gestig.
- 1948 – Die moord op 'n driejaar-oue meisie in Blackburn, Engeland lei daartoe dat die vingerafdrukke van meer as 40 000 mans in die stad geneem word in 'n poging om die moordenaar te vind.
- 1955 – Koue Oorlog: Agt lande in die Kommunistiese blok, insluitende die Sowjetunie, teken 'n gemeenskaplike beskermingsverdrag wat die Warskou-verdrag heet. Dit gebeur as reaksie teen Wes-Duitsland se toetrede tot die NAVO:
- 1970 – Die Rote Armee Fraktion gestig in Duitsland.
- 1973 – Skylab, die Verenigde State se eerste ruimtestasie word gelanseer.
- 1995 – Tenzin Gyatso, die 14de Dalai Lama verklaar die 6-jarige Gedhun Choekyi Nyima as die elfde reïnkarnasie van die Panchen Lama.
- 1997 – Die Star Alliance word gevorm deur Air Canada, Lufthansa, Scandinavian Airlines System, Thai Airways International en United Airlines.
- 1999 – Die sewende Krieketwêreldbeker begin in Engeland, Ierland, Nederland, Skotland en Wallis.
- 2004 – Huwelik van Frederik, Kroonprins van Denemarke en Mary Donaldson in Kopenhagen.
- 2010 – Die ruimtependeltuig Atlantis begin sy tweede laaste sending, STS-132.
- 2015 – Hemelvaartsdag.
Geboortes
- 1699 – Ryk Tulbagh, 'n goewerneur van die Kaap de Goede Hoop († 1771)
- 1737 – Lord George Macartney, 'n goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop van 1796 tot 1798 († 1806).
- 1812 – Jan Viljoen, pionier, soldaat en jagter († 1893).
- 1880 – Wilhelm List, Duitse veldmaarskalk (†1971)
- 1885 – Otto Klemperer, Duitse dirigent († 1973)
- 1900 – Johannes du Plessis Scholtz, 'n Suid-Afrikaanse skrywer, taalhistorikus en kunsversamelaar († 1990).
- 1907 – Mohamed Ayub Khan, soldaat en president van Pakistan († 1974)
- 1912 – Ben Hogan, gholfspeler († 1997)
- 1914 – Blaar Coetzee, Suid-Afrikaanse politikus, koerantman en sakeman († 1974).
- 1928 – Madeleine van Biljon, Suid-Afrikaanse skryfster en joernalis († 2010).
- 1936 – Bobby Darin, Amerikaanse sanger († 1973)
- 1944 – George Lucas, Amerikaanse filmvervaardiger
- 1945 – Yochanan Vollach, sokkerspeler
- 1947 – Hans Strydom, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1948 – Bob Woolmer, Britse krieketspeler en -afrigter († 2007).
- 1950 – Mark Blum, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2020).
- 1961 – Tim Roth, Engelse akteur.
- 1967 – Vuyo Mbuli, Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder († 2013).
- 1969 – Cate Blanchett, Australiese aktrise.
- 1984 – Mark Zuckerberg, Amerikaanse rekenaarprogrameerder, ondernemer en multimiljardêr (stigter van Facebook)
- 1986 – Simon Magakwe, Suid-Afrikaanse naelloper.
- 1993 – Dane van Niekerk, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Sterftes
- 649 – Pous Theodorus I, die 73ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend)
- 964 – Pous Johannes XII, die 130ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (± 937)
- 1610 – Koning Hendrik IV van Frankryk
- 1643 – Lodewyk XIII van Frankryk (* 1601).
- 1781 – Abram Gannibal, 'n slaaf uit Afrika, later 'n generaal-majoor, ’n militêre ingenieur en goewerneur van Rewal (* 1696)
- 1912 – August Strindberg, Sweedse outeur (* 1849).
- 1912 – Frederik VIII (68), koning van Denemarke (* 1843)
- 1940 – Willem Johannes Leyds, 'n Nederlandse prokureur, staatsman en Staatsekretaris in die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1859).
- 1940 – Menno ter Braak, Nederlandse modernistiese skrywer (* 1902).
- 1940 – E. du Perron, Nederlandse digter en skrywer (* 1899).
- 1940 – Emma Goldman, Amerikaanse anargis en feminis (* 1869).
- 1954 – Heinz Guderian, Duitse generaal (* 1888).
- 1968 – Husband Kimmel, Amerikaanse admiraal (* 1882)
- 1987 – Rita Hayworth, 'n Amerikaanse aktrise van films en danser (* 1918).
- 1988 – Willem Drees, Nederlandse eerste minister (* 1886).
- 1996 – Elsabe Steenberg, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1938).
- 1998 – Frank Sinatra, Amerikaanse sanger en akteur (* 1915).
- 2003 – Robert Stack, Amerikaanse akteur (* 1919).
- 2010 – Frederik van Zyl Slabbert, Suid-Afrikaanse politikus, akademikus en sakeman (* 1940).
- 2015 – B.B. King, Amerikaanse blues sanger (* 1925).
Vakansiedae
- Paraguay – Vlagdag
- Moedersdag – 2000, 2006
- Voorheen feesdag van Pous Paschalis I in die Rooms-Katolieke Kerk. Tans 11 Februarie.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar