<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
25 Mei is die 145ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (146ste in skrikkeljare). Daar volg nog 220 dae.
Gebeure
- 556 v.C. – Nabonidus verdring Labashi-Marduk van die troon van Babilonië.
- 1085 – Alfons VI van León verower die stad Toledo van die More.
- 1420 – Hendrik die Seevaarder word Grootmeester van die Orde van Christus, die Portugese opvolger van die Orde van die Tempeliers.
- 1521 – Edik van Worms: Martin Luther word voëlvry en 'n ketter verklaar deur die Ryksdag van Worms.
- 1572 – Pous Gregorius XIII word in Rome gekroon deur kardinaal Innocenzo del Monte.
- 1625 – Pous Urbanus VIII verklaar Elisabeth van Portugal heilig.
- 1675 – Pous Clemens X verklaar Ollegarius van Tarragona salig.
- 1810 – Mei-rewolusie: Burgers van Buenos Aires gooi die Spaanse onderkoning uit en verklaar die eerste onafhanklike plaaslike regering in Argentinië.
- 1842 – Christian Doppler hou in Praag sy beroemde voordrag: "Über das farbige Licht der Doppelsterne und einige anderer Gestirne des Himmels".
- 1854 – Stigting van die kultureel-politieke beweging Félibrige in Oksitanië, Frankryk.
- 1895 – Die Republiek van Formosa word ingehuldig in Taiwan en onafhanklikheid van Qing-China verklaar. Tang Ching-sung is die eerste president.
- 1914 – Giacomo della Chiesa (later Pous Benedictus XV) word kardinaal van Santi Quattro Coronati.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Duinkerken begin.
- 1946 – Jordanië word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1948 – Andrew Moyer verkry 'n patent vir sy metode vir die massaproduksie van penisillien.
- 1961 – Apollo-program, met die doelwit om 'n mens op die maan te land en veilig terug te bring Aarde toe, word aangekondig.
- 1985 – Die 32-Bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) wy op 'n parade op Buffalo amptelik die ere-boomstomp in ter nagedagtenis aan al die gesneuwelde soldate van die eenheid.
- 1995 – Die derde Rugbywêreldbeker begin in Suid-Afrika.
- 2007 – Google stel sy Street View bekend wat vir eers in enkele stede in die VSA gebruik word.
- 2012 – Suid-Afrika word gekies vir die grootste gedeelte van die SKA-radioteleskoopprojek.
- 2012 – Siriese Burgeroorlog: Die bloedbad van Houla in Sirië.
- 2014 – Petro Porosjenko wen die Oekraïense presidentsverkiesing.
- 2018 – Tydens 'n referendum stem 66,4% van die stemgeregtiges in die Republiek Ierland ten gunste van die wettiging van aborsies.
- 2021 – Costa Rica sluit by die OESO aan.
Geboortes
- 1803 – Ralph Waldo Emerson, Amerikaanse skrywer en filosoof († 1882).
- 1803 – Edward Bulwer-Lytton, Britse politikus en skrywer († 1873).
- 1839 – Jules Porgès, Frans-Suid-Afrikaanse entrepreneur en 'n Randheer († 1921).
- 1882 – Frederick Sturrock, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 1959).
- 1889 – Günther Lütjens, Duitse admiraal († 1941).
- 1889 – Igor Sikorsky, Amerikaanse lugvaartpionier van Oekraïnse afkoms († 1972).
- 1927 – Robert Ludlum, Amerikaanse outeur van rillerromans, skepper van Jason Bourne in die Bourne Trilogyreeks († 2001).
- 1933 – Lionel Wilson, Springbokrugbyspeler († 2017).
- 1939 – Ian McKellen, Engelse akteur en skrywer.
- 1964 – Ray Stevenson, Engelse akteur († 2023).
- 1965 – Yahya Jammeh, Gambiese staatspresident.
- 1969 – Anne Heche, Amerikaanse aktrise, skryfster en filmvervaardiger († 2022).
- 1970 – Kim Taek-soo, voormalige Suid-Koreaanse tafeltennisspeler en -afrigter.
- 1975 – Keiko Fujimori, Peruaanse politikus en administrateur.
- 1988 – Cameron van der Burgh, Suid-Afrikaanse swemmer en Olimpiese gouemedaljewenner.
Sterftes
- 615 – Pous Bonifatius IV, die 67ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±550).
- 641 – Konstantyn III, keiser van Bisantium (* 612).
- 1085 – Pous Gregorius VII, die 157ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1023).
- 1261 – Pous Alexander IV, die 181ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1199).
- 1646 – Adriaen van der Stel, goewerneur van Mauritius (* onbekend).
- 1660 – Adam Dollard des Ormeaux, die kommandant van die fort in Ville-Marie (die huidige Montreal), Nieu-Frankryk (* 1635)
- 1681 – Pedro Calderón de la Barca, Spaanse dramaturg (* 1600).
- 1849 – Sir Benjamin D'Urban, 'n Britse goewerneur aan die Kaap die Goeie Hoop (* 1777).
- 1911 – Harry Bolus, plantkundige, botaniese kunstenaar, besigheidsman en filantroop (* 1834).
- 1920 – Henry Barber, grootwildjagter, ontdekkingsreisiger en sakeman (* 1850).
- 1981 – Dr. F.C.L. Bosman, lektor, skrywer en redakteur van Afrikaanse geskrifte (* 1898).
- 2002 – Bart de Graaff, invloedryke Nederlandse TV-aanbieder en komediant (* 1967).
- 2009 – Amos Elon, Israelse skrywer en joernalis (* 1926).
- 2010 – Bun Booyens, Afrikaanse kultuurhistorikus (* 1916).
- 2016 – Yang Jiang, Chinese dramaturg, skrywer en vertaler (* 1911).
- 2020 – George Floyd, Amerikaanse reeksmisdadiger en gewapende rower (* 1973).
- 2021 – Ben Kruger, Suid-Afrikaanse akteur (* 1957).
- 2021 – Monica Breed, Afrikaanse omroeper, aktrise en skrywer van kleuterprogramme (* 1923).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Onafhanklikheidsdag in Jordanië (1946)
- Feesdag van Pous Urbanus I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 25 May. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar