<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
27 Mei is die 147ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (148ste in skrikkeljare). Daar volg nog 218 dae.
Gebeure
- 1236 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Elisabeth van Hongarye (of Thuringe) heilig.
- 1328 – Philip VI word as Koning van Frankryk gekroon.
- 1541 – Die Roomse Kurie verwerp die Regensburgverklaring. Dit lei tot die finale breuk met die Protestantisme.
- 1675 – Pous Clemens X stel ses nuwe kardinale aan, waaronder Fabrizio Spada.
- 1883 – Aleksander III word gekroon as tsaar van Rusland ná die sluipmoord op sy pa, Aleksander II van Rusland.
- 1905 – Die Slag van Tsushima begin in die See van Japan.
- 1931 – Die vlug van die Switserse professor August Piccard in die stratosfeer op 'n hoogte van 15 781 m bo seevlak breek die wêreldrekord.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: die Duitse slagskip Bismarck word deur die Britse Vloot gekelder.
- 2011 – Die Internasionale Ruimtestasie word voltooi.
- 2017 – Die 23ste Suid-Afrikaanse Musiekpryse word by Sun City aangebied.
Geboortes
- 1783 – William Sturgeon, Britse natuurkundige en uitvinder († 1850).
- 1814 – William Atherstone, Suid-Afrikaanse geneesheer en geoloog († 1898).
- 1824 – Dietlof Maré, ’n sakeman en landdros in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) († 1890).
- 1884 – Max Brod, Oostenrykse skrywer, vertaler en komponis († 1968).
- 1897 – PK Albertyn, Suid-Afrika se vyftiende Springbokkaptein († 1973)
- 1906 – Dr. Abel Coetzee, Afrikaanse lektor, skrywer, digter en eindredakteur († 1975)
- 1907 – Rachel Carson, Amerikaanse bioloog († 1964).
- 1918 – Yasuhiro Nakasone, voormalige Japannese premier († 2019).
- 1922 – Christopher Lee, Engelse akteur, sanger en skrywer († 2015).
- 1923 – Henry Kissinger, Amerikaanse politieke wetenskaplike en diplomaat († 2023).
- 1928 – Johan Heyns, invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator van die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1994).
- 1939 – Don Williams, Amerikaanse countrysanger († 2017).
- 1958 – Cheryl Carolus, Suid-Afrikaanse oud-politikus en aktivis, destyds voorsitter van SANParke en die SAL.
- 1962 – David Mundell, Britse dienede politikus.
- 1972 – Ivete Sangalo, Brasiliaanse popsangeres.
- 1991 – Beauden Barrett, Nieu-Seelandse internasionale rugbyspeler.
Sterftes
- 1508 – Ludovico Sforza, die Hertog van Milaan (* 1452)
- 1564 – Johannes Calvyn, Franse teoloog en predikant (* 1509)
- 1676 – Paul Gerhardt, Duitse teoloog en komponis van kerkliedere (* 1607)
- 1902 – Jan Ferguut, Vlaamse digter en skrywer (* 1835).
- 1910 – Robert Koch, bakterioloog en Nobelpryswenner in 1905 (* 1843).
- 1941 – Günther Lütjens, Duitse admiraal (* 1889).
- 1946 – Danie Bosman, Afrikaanse komponis van ligte liedjies (* 1907).
- 1964 – Jawaharlal Nehru, Indiese politikus, eerste staatshoof (* 1889).
- 1967 – Paul Henckels, Duitse akteur (* 1885).
- 1988 – Ernst Ruska, Duitse elektriese ingenieur wat die elektronmikroskoop uitgevind het.(* 1906).
- 1999 – Zach de Beer, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Herdenkingsdag van Johannes Calvyn in die Lutheraanse Kerk.
Gepubliseer
Teologie
- 1832 – Summo Iugiter Studio, oor gemengde huwelike, deur Pous Gregorius XVI.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 May. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar