Die Huis van Wessex, ook bekend as die Huis van Cerdic, verwys na ’n familie wat oor , ’n koninkryk in die suidweste van Engeland, regeer het. Die huis was aan die bewind van die 6de eeu tot met die vereniging van die koninkryke van Engeland.
Huis van Wessex | |
---|---|
Die goue gevleuelde draak van Wessex. | |
Land | Koninkryk van Engeland |
Titels | Koning van Wessex Koning van Engeland |
Stigter | |
Gestig in | 519 |
Laaste heerser | Eduard die Belyer of Edgar Adeling |
In dié stadium het die huis die heersers van die hele Engeland geword – tot met Edmund Ironside in 1016. Dié periode van die Engelse monargie staan bekend as die periode, hoewel hul bewind dikwels betwis is, veral deur die Deense koning Sven Vurkbaard wat die troon van 1013 tot 1014 opgeëis het tydens die bewind van Ethelred II.
Sven en sy nakomelinge het tot in 1042 regeer. Ná Hartaknoet was daar ’n kort tyd waarin die Angel-Saksers weer regeer het, tussen 1042 en 1066 onder Eduard die Belyer en Harold Godwinson.
Ná die Slag van Hastings, ’n deurslaggewende gebeurtenis in die geskiedenis van Engeland, het Willem die Veroweraar koning van Engeland geword. Pogings deur Edgar Adeling, ’n kleinseun van Edmund Ironside wat aanvanklik oorgesien is ten gunste van Harold, om die bewind terug te neem was onsuksesvol en Willem se afstammelinge het op die troon gebly. Edgar se niggie het later met Willem se seun Hendrik I getrou en so die twee dinastieë verbind.
Die Huis van Wessex was die laaste inheemse dinastie wat oor Engeland regeer het. Hulle is opgevolg deur die Huis van Normandië (Normandies-Frans), Huis van Plantagenet (Frans), Huis van Tudor (Wallies), Huis van Stuart (Skots), Huis van Oranje (Nederlands), Huis van Hannover (Duits) en die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat in 1917 hernoem is tot die Huis van Windsor (Duits).
Die lys van Engelse konings begin tradisioneel in 829 met Egbert van Wessex.
Engelse monarge van die Huis van Wessex
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Egbert (Ecgberht) 829-839 | c. 775 seun van | drie kinders | 4 Februarie 839 op sowat 64 | |
Ethelwulf (Æþelwulf) 5 Februarie 839-856 | seun van Egbert en | (1) ses kinders (2) 1 Oktober 853 geen kinders | 13 Januarie 858 op 62 of 63 | |
Ethelbald (Æþelbald) 856-860 | c. 831 seun van Ethelwulf en | geen kinders | 20 Desember 860 op sowat 29 | |
Ethelbert (Æþelberht) 21 Desember 860-865 | c. 835 seun van Ethelwulf en | onbekend twee kinders | 865 op sowat 30 | |
Ethelred (Æþelræd) 865-871 | c. 837 seun van Ethelwulf en | 868 twee kinders | 23 April 871 op sowat 34 | |
Alfred die Grote 16 April 871-899 | c. 849 seun of Ethelwulf en | Winchester 868 6 kinders | 26 Oktober 899 op omtrent 50 | |
Eduard die Ouere 27 Oktober 899-924 | c. 877 seun van Alfred die Grote en | (1) 893 2 kinders (2) 899 8 kinders (3) 919 4 kinders | 17 Julie 924 op omtrent 47 | |
Ethelweard 924 | 904 seun van Eduard die Ouere en | ongetroud | 924 op omtrent 20 | |
Athelstan 3 Augustus 924-939 | 895 seun van Eduard die Ouere en | ongetroud | 27 Oktober 939 op omtrent 44 | |
Edmund I van Engeland 28 Oktober 939-946 | 921 Wessex seun van Eduard die Ouere en | 26 Mei 946 op omtrent 25 (vermoor) | ||
Edred 27 Mei 946-955 | c. 923 seun van Eduard die Ouere en | onbekend | 23 November 955 op omtrent 32 | |
Edwy die Regverdige 24 November 955-959 | c. 941 seun van Edmund I en | (nietig verklaar) | 1 Oktober 959 op omtrent 18 | |
Edgar die Vreedsame 2 Oktober 959-975 | c. 942 Wessex seun van Edmund I en | (1) Ethelflaed (2) | 8 Julie 975 Winchester op omtrent 33 | |
Sint Eduard die Martelaar 9 Julie 975-978 | c. 962 Wessex seun van Edgar die Vreedsame en | ongetroud | 18 Maart 978 op omtrent 16 (vermoor) | |
Ethelred II 19 Maart 978-1016 | c. 968 Wessex seun van Edgar die Vreedsame en | (1) (2) (3) | 23 April 1016 Londen op omtrent 48 | |
Edmund Ironside 24 April- 30 November 1016 | c. 989 Wessex seun van Ethelred II en | 2 kinders | 30 November 1016 op omtrent 27 | |
Sint Eduard die Belyer 9 Junie 1042–1066 | c. 1003 seun van Ethelred II en | 23 Januarie 1045 | 4 Januarie 1066 op omtrent 63 | |
Harold Godwinson 5 Januarie- 14 Oktober 1066 | c. 1022 seun van en | (1) 6 kinders (2) Januarie 1066 2 kinders | 14 Oktober 1066 op omtrent 44 | |
Edgar Adeling 15 Oktober- 10 Desember 1066 | c. 1052 Hongarye seun en | onbekend | c. 1126 op omtrent 75 |
Verwysings
- Burke's Peerage & Gentry Geargiveer 28 Desember 2007 op Wayback Machine URL besoek op 7 September 2007.
- "thePeerage.com – Æthelbald, King of Wessex and others". Besoek op 24 Oktober 2007.
- "King Egbert" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 24 Oktober 2007.
- Heerskappy van 8 weke, Edgar die Adeling het oorgegee aan Willem die Grote. Schoolnet History. URL besoek op 23 November 2006
Skakels
- Friar, Stephen (1993). Wyern of Wessex Basic Heraldry. ISBN 978-0-393-03463-9.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Huis van Wessex.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar