<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
15 Februarie is die 46ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 319 dae in die res van die jaar (320 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1145 – Pous Eugenius III volg Pous Lucius II op.
- 1288 – Pous Nicolaas IV volg Pous Honorius IV op.
- 1432 – Die konsilie van Basel bevestig dat die pous ondergeskik is aan 'n konsilie.
- 1621 – Pous Gregorius XV stel sy nefie Luduvico Ludovisi aan as kardinaal.
- 1666 – Pous Alexander VII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Giulio Spinola, titulêr aartsbiskop van Laodicea.
- 1683 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-biskop van Frascati.
- 1775 – Pous Pius VI volg Pous Clemens XIV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1798 – Opstand van die burgerlikes in Lugano, Tessin teen die aanhangers van die Napoleon se Cis-Alpin Republiek.
- 1898 – Die Amerikaanse slagskip USS Maine ontplof en sink in Havana, Kuba - 260 mense sterf in 'n tragedie wat die Spaans-Amerikaanse Oorlog teweeg bring.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Beleg van Kimberley eindig.
- 1903 – Morris Michtom en sy vrou, Rose stel die eerste teddiebere bekend aan die kinders van Amerika.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Generaal Tomojoeki Jamasjita lei die Japannese magte om die sogenaamde onneembare fort "(Engels: impregnable fortress) van Singapore.
- 1961 – 'n Boeing 707 vliegtuig stort neer in België. Drie en sewentig mense sterf, onder andere al die lede van die Verenigde State se figuurskaatsspan en 'n hele paar van hul afrigters.
- 1971 – 'n Nuwe pennie wat 1/100 in plaas van 1/240 van die pond sterling is, word in die Verenigde Koninkryk op Desimaaldag beskikbaar gestel.
- 1989 – Die Sowjetunie kondig amptelik aan dat al sy troepe Afghanistan reeds verlaat het.
- 2003 – Miljoene mense die wêreld oor neem deel aan die grootste massabetoging in die geskiedenis teen oorlog oor die algemeen en spesifiek die 2003 inval in Irak.
- 2013 – Die Meteoor van Tsjeljabinsk ontplof.
- 2018 – Cyril Ramaphosa word President van Suid-Afrika.
Geboortes
- 1472 – Piero di Lorenzo de' Medici, heerser van Florence vanaf 1492 tot sy ballingskap in 1494 († 1503).
- 1564 – Galileo Galilei, Italiaanse fisikus, wiskundige, sterrekundige en filosoof († 1642).
- 1612 – Paul Chomedey de Maisonneuve, Franse leëroffisier († 1676).
- 1710 – Lodewyk XV van Frankryk, Franse koning († 1774).
- 1853 – Alfred Beit, Brits-Suid-Afrikaanse diamant- en goudmagnaat en filantroop († 1906).
- 1861 – Alfred North Whitehead, Brits-Amerikaanse filosoof, fisikus en wiskundige († 1947).
- 1907 – Cesar Romero, Kubaans-Amerikaanse akteur en komediant († 1994).
- 1919 – Frans Claerhout, Belgiesgebore Suid-Afrikaanse skilder († 2006).
- 1919 – Tim Holt, Amerikaanse akteur († 1973).
- 1922 – Herman Kahn, Amerikaanse futuris († 1983).
- 1929 – Graham Hill, Britse F1-renjaer en tweemalige wêreldkampioen († 1975).
- 1934 – Tjaart van der Walt, rektor van die Potchefstroomse Universiteit († 2019).
- 1953 – Edwin Cameron, Regter van die Konstitusionele Raad en menseregte-aktivis.
- 1953 – Prinses Mantfombi Dlamini, eggenote van koning Goodwill Zwelithini († 2021).
- 1954 – Matt Groening, Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger.
- 1957 – Dawid van Lill, Suid-Afrikaanse vasvra spesialis en skrywer.
- 1964 – Chris Farley, Amerikaanse akteur († 1997).
- 1981 – Lee-Anne Pace, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 1984 – Himarsha Venkatsamy, Suid-Afrikaans-Indiese model en aktrise.
- 1998 – George Russell, Britse beroepsmotorrenjaer.
Sterftes
- 706 – Leontios, keiser van die Bisantynse Ryk (* onbekend).
- 1145 – Pous Lucius II, die 166ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1667 – Petrus Wachtendorp, die derde predikant in Suid-Afrika (* circa 1629).
- 1900 – Adrien René Franchet, Franse plantkundige (* 1834).
- 1928 – Herbert Henry Asquith, liberale Britse politikus en eerste minister (* 1852).
- 1931 – Louis Mann, Amerikaanse akteur (* 1865).
- 1965 – Nat King Cole, Amerikaanse musikant (* 1919).
- 2023 – Raquel Welch, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1940).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Marialigmis (Oostelike Christendom)
Wikimedia Commons bevat media in verband met 15 February. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar